Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22984 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18430 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6701 |
| BrianB | 5931 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3699 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1522 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1422 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1345 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 461 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Pontius | 310 |
| Grompie | 308 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 184 |
| Driesvan | 183 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
| Lewies | 116 |
Sleep Outomaties
Ek gaan April Satara toe en vir die eerstekeer met my 2.2D Outomaties Santa Fe sleep. Die kar het oorgenoeg krag (440NM en 128Kw) om my Gypsy Raven te sleep (GVM 1100kg). Ek sal net graag wil hoor hoe die wie se motors outomaties is, sleep. As ek so rond lees is die beste om nie self ratte oor tesit nie, en als oor te laat aan die rekenaar en ratkas om te besluit watter rat om te kies. Ook het die ratkas verskeie seleksies, "Smart, Eco, Comfort en Sport. Watter een na julle mening sal beter wees?
Ek het die motor nou 2 maande terug gekoop, het 120 000km op, en wonder ook of ek nie voor ons sleep nie ook sommer die ratkas olie te vervang nie. Ek voel 120k is tyd en dalk ook inelkgeval beter om bulte aan te pak met skoon olie in die ratkas.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
My aanbeveling is as volg;
1] kry die voertuig se torque vs rpm kurwe. Dit bepaal waar jy optimum wringkrag gaan kry, teen optimum brandstofverbruik
2] ek raai "sport" is verkieslik omdat dit ratwisseling effe vertraag, langer in 'n rat voordat oorskakel
3] Snelweg, redelik platpad, laat voertuig self ratte kies en wissel. Dis nou N4 langs tot my Milly's vulstasie. Ek sleep self daai deel met spoedbeheer.
4] sodra jy erg steiltes kry, soos terug van Nelspruit tot bo by Waterval boven, ry dit handrat, of kies, die boonste/hoogste rat, sodat jy NIE bergop in snelratte sleep nie.
5] Lang steil afdraendes, bergpasse af, verkies ek om handrat te ry, enjin remkrag help dat kombinasie nie begin vry hardloop nie, en jy hoef nie so baie op remme te ry nie.
Jy gaan gou leer/aanvoel wat werk die lekkerste en veiligste. Met 440Nm moet jy oppas vir spoedlokvalle, daai Santa Fe sal kan hol met so 'n ligte wa!!!
Dries, Elkeen gaan sy eie mening hieroor hê en glo hjy is reg. My mening is jou outokas is geprogrammeer om die beste onder verskillende omstandighede te doen. Hy raai nie soos 'n mens nie, hy weet. My huidige voertuig is my tweede met outomatiese skakeling. Vir my staan die S vir sleep soos Wessel ook sê en ek ry amper sonder uitsondering met die spoedbeheer.. Ek stem nie saam dat jy voor 'n opdraende moet oorneem nie. As dit nodig is om meer krag te gee, trap net self die petrol maar bly weg van ratte kies. Die uitsondering vir my is teen stein afdraendes. My voertuig skakel self terug om die enjin se remaksie te gebruik maar soms is dit nie voldoende nie en ek skakel dan self verder terug.
Wat die olie betref stel ek voor jy raadpleeg die voertuig se handbok. Met 'n outokas is daar voorgeskrewe afstande waarop die olie geruil moet word. As jy nie seker is of die vorige eienaar wel daarby gehou het nie en die voorskrif sê dit moet ongeveer nou geruil word is dit veiliger om dit wel te doen. Behalwe vir dalk onnodige uitgawe kan dit tog nie skade doen nie. Dit is nie duidelik of jy self die joppie wil doen nie. Om 'n ratkas se olie te vervang is nie so maklik nie so tensy jy weet wat jy doen, laat dit eerder aan 'n deskundige oor..
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
My voertuig is beslis sterker as joune (Touareg 3.0 V6 TDi) so ek kom weg om al die pad met snelheidsbeheer ("cruise control") @100 km/u te sleep .... werk beslis vir my, want die revolusies bly deurgaans hier by 1500 - 2000 per minuut. Ek moet erken dat die raad om oor te skakel na handrat, en die laer ratte te kies teen 'n steil afdraende baie goed is. Ek doen dit daar in die Noord Kaap, andersins nie juis nie. Revolusies klim wel, maar dit beheer die spoed en jy klim nie soveel op jou remme nie. Hanteer dit maar met oordeel want remme is goedkoper as 'n ratkas.
Met die Fortuner vind ek dat die V6 heeltemal TE gewillig is om oor te skakel na die overdrive rat. Teen 115km/u staan die toere op 1100 of minder, na my mening is dit te laag vir sleep. Op gelykpad gaan die toere somtyds af na 900, en dan handrat ek hom om meer toere te hê. Teen n steil pas uit handhaaf ek graag 80 km/u teen 3000 toere. Ek het nog altyd geglo dat jy nie met TE lae toere moet ry nie.
Teen n steil bult af sukkel ek. Die V6 hardloop weg, selfs in derde rat. Ek moet maar gereeld remme trap.
You'll never never know if you never never go
Jy moet maar gaan lees wat sê die handleiding is die verskil tussen Smart en Sport. Die ander twee funksies gaan doen basies wat hulle sê.
Ek vermoed jy sal moet kies tussen die smart en sport. Oor die algemeen weet ek dat die Auto rat kas langer in 'n rat bly voordat dit die volgende rat skakel as jy die Sport funksie kies. So bereik die voertuig bietjie makliker die cruise spoed wat jy wil ry.
Maar met die smart funksie kan jou voertuig dalk voel hy is gelaai en trek moeiliker weg en sal dan automaties vir dit kompenseer. So ek raai aan gebruik die Sport funksie tensy jy iets meer wys raak uit die Smart funksie.
Ek Sleep sedert 2013 met Ranger Auto ratkas en het die beste en gemaklikste gesleep in die Sport funksie.
Dan het ek altyd nog die voertuig gelos dat hy die ratte wissel soos wat die rekenaar dit bepaal. Ek het ook so met tyd bepaal dat die beste sleep spoed met die Sensation was 105Km/h (GPS). Teen die spoed het die voertuig glad nie ratte "gehunt"nie, maw hy het nie volgende rat geskakel en dan weer terug en dan weer vorentoe en dan weer terug nie. Voertuig het deurgaans rat gekies waar die hoë torque kurwe is vir cruising.
Ek het wel gedurende 'n bergpas dit nodig geag om die ratte manual te wissel. Enigste rede is ek kan sien hier kom 'n draai, of afdraande, of weer 'n opdraande om te verseker die voertuig is in die regte rat vir wat kom. As ek dit nie gedoen het nie het voertuig eers terug gerat of vorentoe gerat as die situasie hom reeds voorgehou het. Dit is ook makliker om 'n spesifieke spoed op die manier te handhaaf.
Met my huidige voertuig gebruik ek die Tow/Haul funksie basies dieselfde as die Sport funksie. Verskil is met die Exclusive is die gemaklike sleep spoed 100Km/h (GPS) sonder dat die voertuig ratte Hunt.
Jou wa is redelik lig met die beskikbare sleep krag. Jy gaan die kombinasie maar moet voel en jou spoed rustig aanpas tot jy daai harmonie plekkie vind. Van dan vorentoe is dit net 'n plesier.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Danie, ek het nog die brosjure van Toyota met hulle enjins se kurwes. Jou inset hierbo het my genoop om dit te gaan soek. Dalk het jy die info, en dan kan jy my inset ignoreer.
Daai 4l V6 gee maksimum wringkrag van 376Nm by 3800 Nm.
Die kurwe lyk numeries as volg
rpm Nm
1000 310
2000 330
3000 350
3800 376
Dit lewer 175kWatt by 5200rpm
Tesame met die sagte ewenaar verhouding kan jy effe min sleepkrag op agterwiele hê teen ongeveer 1000rpm, en in 'n snelrat op die platpad.
Ek het 'n 2.7 Hilux gehad, ook maar lekker dors. Nou sleep ek met 'n 2.4GDS Hilux en haal maklik 9.5km/l op platpad, teen 100km/hr [GPS].
Dankie vir al die raad. Ek weet nie hoekom ek so senuweeagtig is nie. Ek sien baie uit om die sleeptog aantepak, maar die oplees van ouens wat ratkaste oorverhit het dink ek is wat my senuwees biejite opjaag. Intteresant dat die Santa fe se boekie se ek moet nie Cruse control gebruik as ek sleep nie. Ek dink dit het meer dalk met pad veiligheid te doen as moontlike ratkas probleme. Die kar kom uit Australie uit daai ouens is veel meer oor pad veiligheid ingestel as iets anders, soos jy lees kom mens agter alle is net eintlik oor veiligheid en nie veel oor om sien na jou motor se welstand nie.
Ek sal bietjie na die wringkrag kyk en soos julle se speel met die revoliesies teen spoed, gelukkig stem ons almal saam dat +/- 100KPH die sweetspot is vir sleep.
Ek gaan wel die N4 ry en ja daar is n paar lang bulte om aan tepak. Ek sal ook kyk wat doen Bruce (my Santa Fe se naam 😁) teen die opdraaendes. Die wa is eintlik baie lig vir daai krag so ek neem aan, as die revolisies dit toelaat sal ek self 90 - 100KPH die bulte kan uit sleep.
Oorverhit die ratkaste as die motor te veel soek na die regte rat?
Fred, ek het al ratkas olie vervang, maar Bruce het nog n jaar meganiese waarborg so ek sal maar by tenminste n RMI mechanic die olie laat doen. Ek weet dis n duur storie want die oil kos nogal... Maar ek sal bietjie weer die boekie gaan kyk wat die spesefikasies is.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Ek is gelukkig dat die Tipper wat ek het kan ek die "Dashboard" tot 'n mate verander. Dit bring mee dat ek buiten die normale water temperatuur meter ook die Olie temperatuur meter kan dophou tydens sleep.
Ek het gesien dat die olie temperatuur styg met sleep veral as ek die sleep spoed opvat na 110-115km/h (GPS) en vir 'n ent daar hou. Die tipper laaik dit nie die olie temperatuur gaan redelik op tot op 'n punt dan stabiliseer dit maar ek hou nie daarvan nie.
Met die 100km/h kom dit terug na amper normaal (sonder sleep) en gaan net weer op in lang opdraandes en bergpasse.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Dries, onthou net dat baie van ons teen ongeveer 100km/hr sleep, bloot uit die oogmerk van veilig, laer brandstofverbruik en meer ontspannend.
Wat deurslaggewend is, is waar lewer jou voertuig sy optimum wringkrag. Jy mag dalk vind dat weens ratverhoudings van snelratte en die ewenaar, dat teen 100km/hr, jou enjin teen te lae rpm werk.
Hopenlik kan jy die kurwe bekom, sodat jy weet waartussen jy die omwentelinge moet hou, om lekker te sleep. Dit mag beteken dat jy dalk 'n laer rat moet gebruik om rpm in daai band te hou. Selfs op 'n platpad. Wind van voor kan ook maak dat mens maar afrat om sleepkrag te kry.
Jy gaan baie minder skade maak om in die voertuig se rat met 1:1 verhouding te sleep, as in 'n snelrat. In die oudae was dit die duimreel----moenie in 5de, daai dae se snelrat, sleep nie. Veral nie bult op nie.
Danie se inset hierbo, is 'n sprekende voorbeeld waarvan ek praat.
Heelwat nuwer outokaste het 'in lyn met die wringkragomsetter, ook 'n koppelaar soortgelyk aan handratkaste. Bo 'n sekere spoed, lyk my in my geval so 50k/u, sluit die koppelaar sodat die omsetter dan onaktief raak. Die rede is om die glip van 'n omsetter uit te skakel vir beter brandstofverbruik maar logies sal dit dan ook in 'n groot mate die verhitting van die omsetter uitskakel. Onthou die ratkasonie word deur die omsetter gepomp.
Dries, maar nou wonder ek, het jou voertuig 'n outokas met 'n wringkragomsetter? Op internet lees ek dat die nuwe geslag Santa Fe's 'n dubbelkoppelaar-ratkas het. As dit die geval is, dink ek nie oorverhitting is 'n probleem nie want dan word die ratkas waarskynlik maar netso warm as 'n handratmodel en oorverhiting is nie daar 'n probleem nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Dries, wat ek kon vind vir die Santa Fe CRDi is dat die 440Nm wringkrag beskikbaar is tussen 1750 tot 2500 rpm.
Dit is dan waar jy met ratkeuse moet bly om optimaal te sleep.
As ek ook nog by kan vra, wie sleep ook met spoed beheer?
Is darem gerieflik. Ek sit hom so op 95kmph en geniet dan die rit meer.
As die paaie vrot is, ry ek sonder spoedbeheer.
Pierre, ek sleep meestal op oop, stil paaie, veral dubbelbane met spoedbeheer.
N1 tussen JHB en Kaapstad, spoedbeheer, behalwe agter 'n trok en as ek verbysteek.
Dankie vir al die raad. En dat julle sommer die specs ook gaan op lees het. Soos julle dit nou vir my in Afrikaans verduidelik verstaan ek dit net baie meer. Ek gaan soos Wessel se, my revolusies dop hou en seker maak ek bly binne die maksimum torque lewerings bly.
My boekie is die aanbeveling om in SMART mode te sleep, Ek sal maar toets of tussen SMART en SPORT mode watter een is minder tempramenteel teen opdraendes en dan by die een hou wat die regter verhouding kies en nie heeltyd soek vir die regte rat nie.
Fred, jou insae waardeer ek altyd, ek het gou gaan opsoek en wragies waar dis soos jy se, Bruce het a Wet Dual-Clutch. ek is bly want ek was bang vir die converter. Ek weet wel daai dual clutch gaan kos die dag as ek hom vervang. Ek het ook gekyk na my diens boekie. Die aanbeveele tyd om ratkas olie te vervang is 90K/100K. Die dienste was almal by Hyhundai gedoen, so ek gaan nog in die week net daar aanry om die diens data by hulle tekry. Daar sal ek sien of hulle darm hulle werk wel gedoen het om die oile te vervang.
Hier is n deel uit die internet wat ek gekry het van die clutch en converter.
"Note: In South Africa, the 2018-2020 facelift of this generation (TM) transitioned from the older 6-speed auto to the 8-speed, with some early models sometimes confused in marketing material. However, the 2.2D comes with a true dual-clutch and does not use a torque converter."
Dankie vir al die insette!
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Dries ek het vir baie jare met 'n Santa Fe gesleep, en maar altyd die ratkas in auto gelos om self te kies watter rat die beste is. Ek dink die Santa Fe's is van die beste sleepvoertuie met 2.2D. Het nou 'n 2D Tucson, wat ook die Sport en Eco keuse het. Het gevind met gelyk paaie werk die Eco baie goed, maar as daar bietjie verkeer op opdradens is, werk die Sport mode weer beter vir my, die revs is dan net bietjie hoer wat jou daai ekstra krag gee as jy dit nodig kry. Geniet die sleep jy sal nie spuit wees oor die Santa Fe nie.
As ek ook nog by kan vra, wie sleep ook met spoed beheer?
Is darem gerieflik. Ek sit hom so op 95kmph en geniet dan die rit meer.
As die paaie vrot is, ry ek sonder spoedbeheer.
Ek het met sedert ek met die Auto ratkas voertuie sleep nog altyd die "Speedo-cruise" gebruik maar net op redelike gelyk paaie. Vrystaat se vlaktes. As daar opdraandes en afdraandes is doen ek maar my eie ding met die voet.
Enigste rede daarvoor is ek kan sien wat kom, op of af en hoe styl, en dan kompenseer vir dit voordat dit 'n effek op die voertuig se spoed het. Met die cruise control aan moet dit wat aankom eers gebeur voordat die voertuig reageer. Ek dink dit spaar so bietjie brandstof.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Thanks Louis, dis goeie nuus. Ek sien baie uit nie die eerste sleep met die outjie.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Ek sal maar versigtig wees om goedsmoeds ratkasolie te vervang. Anders as motorolie is ratkasolie nie generies nie. 'n Paar jaar gelede het ek 'n 4x4 Jeep Cherokee met 'n outo ratkas gehad. Die plaaslike werkswinkel, nie die agentskap nie, het olie anders as die voorgeskrewe olie ingegooi tydens olievervanging. Minder as 300 km met die karavaan agter toe gee die ratkas in. Buiten vir die abba insleep vragmotor het die herstelwerk destyds R 17000 gekos, en die skuldiges het bloot hulle skouers opgetrek en gesê daar was geen aanduiuding in die engin kompartement dat spesifieke ratkasolie voorgeskryf is nie.
My raad, moenie slapende honde wakker maak nie. Vind eers uit of dit hoegenaamd nodig is om die olie te ruil, en indien wel, maak seker die voorgeskrewe olie word gebruik.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old, one is old because one stopped playing.
Hi Pieter
Ja ek is redelik versigtig. Hyundai se die olie word gladnie vervang nie dit word lewenslank in die ratkas gehou, natuurlik tot die ratkas se cutch moet vervang word. Ek dink tog mens kan sy lewe verleng as jy betyds die olie gereels vervang. Maar ek kry nie die regte spek olie nie. Dit beteken ek moet maar by Hyundai gaan kry, dit sal seker uitwerk dieselfde as n nuwe clutch 🤣. So ek wik en weeg nog wat om te doen.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Onthou ook dat outokaste nie ratkasolie- 'n dik olie- gebruik nie maar wel 'n dun olie genaamd Automatic Transmission Fluid of AFT. Mayfair Gearbox werkswinkel het gewone ratkasolie in my Kuga se dubbelkoppelaar, wat ook AFT gebruik, ingefoeter wat gemaak het dat die ratkas nie kon werk nie. Dit was die laaste strooi wat gemaak het dat ek die voertuig verkoop het.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven



