Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22963 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18426 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6684 |
| BrianB | 5917 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3677 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2294 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1816 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1521 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1420 |
| George | 1408 |
| Louvan | 1342 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 913 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 561 |
| Willie54 | 517 |
| Herman | 451 |
Platinum Member | 250 + |
| Joe Stieger | 449 |
| LEEN | 425 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 351 |
| Pontius | 308 |
| Grompie | 297 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| Joos Pretorius | 204 |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 183 |
| Driesvan | 181 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| HarryOpieTremspoor | 148 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
Maalvleis en tamatie macaroni sop
Die winter kruip nou nader en tyd vir sop maak
1 pakkie maalvleis
1 ui fyn gekap
1 manlike groen rissie ( green pepper)
1 eetlepel fyn knoffel
2 teeleples oragano
sout en peper na smaak
2 blikkies room van tamatie sop
1 blikkie heel tamaties
2 blokkies beesaftreksel gesmelt in in drie koppies warm water
4 koppies water
2 koppies ongekkote macaroni
olie om te braai
maak olie warm in n pan en braai die uie tot sag voeg die knoffel en groen rissie by
gooi die maalvleis by en braai tot lig bruin
voeg nou die speserye by en meng goed deur
Plaas alles in n kastrol
gooi nou die water bestanddele en tamaties by in die kastrol
bring tot kookpunt en gooi dan die macaroni by
roer goed deur en laat prut lekker stadig prut
roer so af en toe sodat niks vas steek onder in die kastrol nie
wanneer die macaroni sag gekkok is dan sal die sop reg wees
geniet
Die groenrissie in hierdie resep gee aan my die ritteltits. Ek kan daai goed nie in my lyf inkry nie. En tamatiesop (alhoewel ek baie lief is vir vars tamaties) was ook nog nooit 'n gunsteling nie.
Maar gaan voort met jou resepte Herman. Ek vind soms een wat nogal bruikbaar klink.
Ja ek weet almal se smaak is nou nie dieselfde nie daar is goed waarvan ek nie hou en ander mense is weer mal daaroor maar het jy geweet jy kry n female greenpepper en male greenpepper
Wonder net hoeveel mense weet daarvan watter een is die female en watter een is die male en waarvoor sal jy nou die female een gebruik en waarvoor sal jy die male een gebruik moet nou nie gaan google nie jy weet of jy weet nie kom ons kyk
Ja ek weet almal se smaak is nou nie dieselfde nie daar is goed waarvan ek nie hou en ander mense is weer mal daaroor maar het jy geweet jy kry n female greenpepper en male greenpepper
Wonder net hoeveel mense weet daarvan watter een is die female en watter een is die male en waarvoor sal jy nou die female een gebruik en waarvoor sal jy die male een gebruik moet nou nie gaan google nie jy weet of jy weet nie kom ons kyk
Nie geweet nie. Hoe sien mens? Is daar smaak verskil?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Dit is nie waar dat daar manlike en vroulike vrugte onder groenrissies voorkom nie. 'n Groenrissieplant se blomme is tweeslagtig - bestaande uit 'n stempel, vrugbeginsel en stuifmeeldrade, afgesien van die ander blomdele. Dit is 'n mite dat daar manlike en vroulike vrugte voorkom. Sommige vrugte het drie- en ander vier lobbe, wat o.a. aanleiding gee tot dié mite. Daar is ook bewerings dat sommige vrugte soeter is as andere. Dit word grootliks toegeskryf aan verskillende cultivars.
Hulle se die vroulike een is die een met vier lobbe en die manlike een met drie lobbe
Die vroulike een is soeter as die manlike een en lekkeder om dit te gebruik in jou slaai en die manlike een is wanneer jy dit in braai en in kos sit
ek hoor wat jy se Chris maar tog beskryf hulle dit as manlik en vroulik aan die lobbe
"The idea of "male" and "female" bell peppers is a popular garden myth. Botanically all bell peppers have hermaphroditic fruit - they grow from flowers containing both male and female parts. The number of bumps (lobes) on the bottom is strictly determined by genetics and growing conditions, not a peppers gender.
The myth claims that 3-lobed peppers are male (fewer seeds, better for cooking) and 4-lobed peppers are female (sweeter, more seeds, better for eating raw).
The reality is that the number of lobes (which can range from two to five) has no bearing on the taste, sweetness or seed count. A pepper's sweetness comes down to its ripeness."
Bostaande inligting volgens Google. Chat GPT bevestig inderwaarheid hierdie inligting.
Ek probeer nie slim klink nie, maar as pomoloog klink dit vir my na 'n mite dat 'n plant wat tweeslagtige blomme dra, manlike en vroulike vrugte produseer. 'n Pampoenplant dra vroulike en manlike blomme. Die manlike blomme bevrug die vroulike blomme, maar slegs die vroulike blomme word vrugte (as dit suksesvol bevrug is deur die manlike blom). Papajas kom voor in manlike sowel as vroulike bome. M.a.w. een boom dra slegs manlike blomme en ander bome dra slegs vroulike blomme. Die vroulike bome dra vrugte, maar in rare gevalle ontwikkel daar tog vrugte aan sommige manlike bome - gewoonlik aan 'n baie lang stingel.
Kern- en steenvrugte is dra ook tweeslagtige blomme en dra nie manlike of vroulike vrugte nie.
Verskoning vir die lang relaas om 'n mite te probeer nek inslaan.
Dankie Chris vir jou inligting waardeer wat jy se
Herman - ek wil egter sê (in teenstelling met 'n ander deelnemer of 3) dat ek graag jou resepte-insette lees. Eendag is eendag - dan gaan ek een of twee daarvan bymekaarslaan (om my oorle pa se sêding vir 'lekker kosmaak' te gebruik).
Moenie jou laat afsit deur andere se opinies nie - of my beterweterigheid hierbo nie.
Hi Chris jou beterrweterigheid gee my n ander insig op wat n mens lees dankie daarvoor



