Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22963 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18426 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6684 |
| BrianB | 5917 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3677 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2294 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1816 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1521 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1420 |
| George | 1408 |
| Louvan | 1342 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 913 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 561 |
| Willie54 | 517 |
| Herman | 451 |
Platinum Member | 250 + |
| Joe Stieger | 449 |
| LEEN | 425 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 351 |
| Pontius | 308 |
| Grompie | 297 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| Joos Pretorius | 204 |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 183 |
| Driesvan | 181 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| HarryOpieTremspoor | 148 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
Lekker sleep
Ek het skoon vergeet ek het so baie vrae gevra oor Hyundai Santa Fe as ook sleep outomaties: Net my terugvoering my hierdie voertuig. Ek het ongelooflik lekker gesleep. Van wegtrek het ek die motor in outomaties gesit en hy het self besluit sonder enige moeite watter rat om te kies.
Met verbysteek, sommer partykeer op ’n bult, het hy doodeenvoudig net teruggegear en maklik spoed opgetel om veilig die verbysteek te doen. dit was asof daar nie n karavaan agter aan gehaak was nie.
Diesel verbruik af wiltuin toe was 13 Km/l, ek was heel verbaas en in my noppies. Terug op huis toe was dit 11.8. Ek dink deels van die swakker verbruik was ook die pad waar ons heeltyd moes stadiger ry of stop om gate, spoedhobbels en beeste te hanteer en oorkom.
So die uiteinde is ek is baie tevrede! Baie dankie aan almal wat weereens raad gegee het oor sleep in my vrae voor ons vakansie.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
HI Dries... Baie bly jy is gelukkig, ek wys nou die dag vir die Baas een... my net gese never... sy hou van die bakkie setup want die honde kan agter in die canopy ry maar baie meer ongemaklik want dit stamp maar as jy 'n rowwe pad ry en nie auto nie
Ek het net gese as ek weer kar koop gaan ek terug auto toe en is nou oud genoeg vir dit... moeg vir koppelaar trap.
Ek ook gekyk na die Kia Sorento 2.2 maar daai prys van meer as R1 miljoen, dan gaan ek maar terug na 'n bakkie toe wat ek nuut kan koop vir R669 000 Dan ry ek maar my Foton tot hy uitmekaar val en invest maar in 'n groot woonwa waar ek my eie badkamer in het... maar ja my gat jeuk net.. genoeg geld aan die Penta spandeer op die stadium so moet maar paar jaar hou
Caravan Master by day, Mosquito Buffet by Night
Ek hoor jou, ek was nog altyd n handrat ou, maar ek moet se hierdie aotomatiese ratkaste deesdae in n droom. Behalwe die DSG van Volkswagen, hy kos geld as hy breek...
As ek aleen kon kies het ek die Isuzu MUX gekoop, ek hou van SUV en Bakkie opsies, maar my vrou is nie mal oor hulle nie, soos sy se" tanks" nie. so ek moes maar op iets anders ooreenkom.
Ons het darem ’n 2019 gekoop en nie daai 6 nulle op ons lening nie. Miljoen vir n kar klink net nie reg nie.
Kyk dit is n baie mooi kar (2019) die nuwe een is ek nou nie mal oor nie. Hy ry baie lekker, hy het alles wat oop en toe maak, krag en betroubaar. Maar daar is een ding wat ek nie ingedagte gehou het toe ons hom gekoop het nie. Daar word nie baie van hulle gekoop in Suid Afrika nie. Ek het gaan kyk lyk my net so oor 3000 eenhede van 2019 tot nou. Die probleem dink ek gaan parte wees op n stadium. Ek kan nou filters ens maklik kry geen probleem groter goed gaan ek dalk sukkel of baie betaal.
Ek het 'n 2016 Kia Sorento gediens en die ou wou voor en agter nuwe skokbrekers insit. Agter was nie n probleem nie, ek kon ook coils springs kry. Voor kon ek net by handelaars kry en die prys was, ek hoop julle sit, R34 000.00 vir een! Dis toe ek begin bekommerd geraak het... Ek het toe nie die voorstes gedoen nie. Die ou het later by Noise Boys probeer. Hulle het 2 keer skokbrekers bestel en was altwee keer verkeerd, en hulle het toe by van hierdie Koreaanse winkels vir hom ’n stel gekry. Ek weet nie die prys nie.
Ek het vir my 2011 Sportage, basies een model af van die Santa Fe, omtrent R5000.00 een betaal by Midas. Ek dink die groot verskil is, daar is baie meer Sportage's op die pad as Sorento en Santa Fe.
So ek is bietjie bekommerd vir nou maar moet nou maar vasbyt.
Toyota Fortuner en Ford Everest verkoop 1000 tot 1500 eenhede 'n maand partykeer meer.
Isuzu MU-x omtrent 150 n maand.
Santa Fe tussen 10 en 15 'n maand.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Ek het op n tyd n Huyndai bakkie gery. Parte was toe die goedkoopste by daai Koreaanse onderdeel winkels in Pretoria Wes....hulle spesialiseer net in Huyndai en Kia.Daar was een naby Pretoria skou terein en dan een anderkant die brug by PPC....sement fabriek. Maar miskien is Kia agente duur?...my seun het laasjaar amper R7000 betaal vir n 20,000km diens op n Kia Picanto....klink vir my nogals baie?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
R7000.00 is belaglik.
Ek hou nog daarvan om die meeste onderdele by ’n Midas te koop voordat ek Koreaans gaan, maar ek het al ’n paar keer daar al parte gekoop vir karre as ek nie die parte in die hande kry nie.
Jou filters en ruitveers ens. is darem nog goed beskikbaar. Dit kom by groter en duurder parte, dink ek, waar mens sukkel.
Die kleiner karre, Sportage en ondertoe tot by Picanto ens, dink ek nie sal n probleem wees nie. Daar is baie van hulle op die pad. Kis en Hyundai is nogsteed bsie goeie en betroubare motors. In my opinie.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Ek het dit al oorgekom, ek het Jare terug 'n Citroen 2.0 liter VTR gery
Kom by Citroen en wil 'n sleepstang laat monteer, hulle se vir my toe die boks vir die sleepwa ligte van die can-bus af kos toe iets soos R4500 en die sleepstang net so onder die R13000.
Ek het op die internet gegaan en aangesluit by C4 Forums in Skotland waar hulle baie behulpsaam was en die parte direk uit Skotland van een van die handelaars daar vir my gestuur per vliegtuig.
Import duties, die books en die sleepstang net onder die R4500, van daar af het ek al die diens parte etc van hulle af gekry wat my duisende rande gespaar het
So as jy die taal versklil kan oorkom op 'n manier kan jy dalk shocks en enige parte wat jy benodig direk uit Korea kry of selfs Japan
Caravan Master by day, Mosquito Buffet by Night
Kan ook Goldwagen onthou vir toekoms...hulle hou klomp verskillende fabrikate se parte aan, nie net Volkswagen nie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek het skoon vergeet ek het so baie vrae gevra oor Hyundai Santa Fe as ook sleep outomaties: Net my terugvoering my hierdie voertuig. Ek het ongelooflik lekker gesleep. Van wegtrek het ek die motor in outomaties gesit en hy het self besluit sonder enige moeite watter rat om te kies.
Met verbysteek, sommer partykeer op ’n bult, het hy doodeenvoudig net teruggegear en maklik spoed opgetel om veilig die verbysteek te doen. dit was asof daar nie n karavaan agter aan gehaak was nie.
Diesel verbruik af wiltuin toe was 13 Km/l, ek was heel verbaas en in my noppies. Terug op huis toe was dit 11.8. Ek dink deels van die swakker verbruik was ook die pad waar ons heeltyd moes stadiger ry of stop om gate, spoedhobbels en beeste te hanteer en oorkom.
So die uiteinde is ek is baie tevrede! Baie dankie aan almal wat weereens raad gegee het oor sleep in my vrae voor ons vakansie.
die vervaardiger eis dat hulle
- Average Combined: ~7.8L/100km – 7.9L/100km
- Best Consumption: Under 7.0 L/100 km in ideal highway conditions
- Performance: 148 kW power and 440 Nm torque
- Range: Over 800 km per tank
I see skies of blue
And clouds of white
The bright blessed day
The dark sacred night
And I think to myself
What a wonderful world
Ek was by Midas, Goldwagen, en Autozone. Goldwagen het my dieselfde een aangebied wat Midas my wou gee, maar dit was heeltemal verkeerd. Ek was skrikerig vir so tipe part by koriaanse winkel, ek ken nie hulle kwaliteis nie. Ek hou van Theo se idee. As ek weer iets duurs moet aankoop, gaan ek Korea direk probeer, of ek moet bietjie begin kyk waar kry hierdie Koreaanse winkels hulle parte vandaan. As dit goeie kwaliteit is, gee ek nie om om daar aan te koop nie.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad



