Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22984 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18430 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6701 |
| BrianB | 5931 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3699 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1522 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1422 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1345 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 461 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Pontius | 310 |
| Grompie | 308 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 184 |
| Driesvan | 183 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
| Lewies | 116 |
Kombi as sleepvoertuig
Ek sleep tans my Exclusive met n 2016 Mercedes ML 350 Bluetech.
Die Mercedes sleep soos n droom die Exclusive. 193kw en 620nm wringkrag.
Ek oorweeg om n Kombi te koop. 132 kw en 400nm wringkrag om die Exclusive te sleep.
Het enige lede ondervinding om n Exclusive te sleep met n Kombi.
Julle kommentaar sal waardeer word.
Soos jy weet jy gaan in boet met die sleep. Stadiger versnel en meer ratte ruil.
Wat is die Tare van die Kombi? Dit moet ten minste gelyk wees aan die GVM van die Exclusive (1800Kg).
Groete,
Paul
Dankie Paul.
Die kombi se tarra is 2200kg.
Ek is nie seker of ek n kombi moet koop nie.
Wil nie sukkel met steil opdraendes nie
As jy gewoond is aan 193kW en 620Nm vir sleepdoeleindes, gaan jy sukkel om met minder weg te kom. Jy noem ook dat jy nie wil sukkel teen steiltes nie.As jy NIE 'n Kombi benodig weens gesin grootte nie, doen meer huiswerk voordat jy 'n sleepvoertuig koop. Dalk benodig jy 'n sterk dubbelkajuit of SUV.Onthou dat gerieflike sleep bepaal word deur 'n paar faktore soos, wringkrag en by watter omwentelinge dit beskikbaar is. Dan ook die ratkas se verhoudings, en dan veral die ewenaar se ratverhouding. Die ratverhoudings bepaal hoe effektief die enjin wringkrag by die wiele en pad uitkom. 'n Man met jou jare ervaring weet dit sekerlik.Ek vermoed dat deesdae die meeste dubbelkajuite en SUV's se lisensiegewig darem meer as 1800kg is. Veral as dit 'n AWD of 4x4 is.
Shoe met daai 620Nm gaan jy wyd moet soek om steeds gemaklik soos daai te sleep.
Met die sleep van 'n wa maak nie saak hoe groot nie is KRAG nie debateerbaar nie. Moenie 'n fout maak nie, die Kombi is 'n lieflike voertuig en die 400Nm krag is nie te versmaai nie, jy behoort die Exclusive gemaklik te kan sleep maar nie so gemaklik soos die ML nie.
Dit wat ek vandag sleep in vergeleke met dit wat ek gesleep het met my Navara wat 402Nm krag gehad het sou ek die verandering gemaak het. Jy behoort nie te sukkel nie maar jy gaan weet van die verskil tussen 400Nm en die 620Nm
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Oorweeg 'n Touareg!!! My Treg, V6 TDi, met 180kW en 550Nm sleep "Awol" baie baie gemaklik. Gewig - (voor Joanie begin laai!) is 1400kg. Voertuig is besonder lig op brandstof, met laer verbruik as my vorige sleepvoertuig wat135kW en 250Nm gelewer het! Ek sleep met spoedbeheer teen 100 - 110 km/u en is gereeld verbaas oor die < 11 l/100 km verbruik



