Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22963 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18426 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6684 |
| BrianB | 5917 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3677 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2294 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1816 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1521 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1420 |
| George | 1408 |
| Louvan | 1342 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 913 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 561 |
| Willie54 | 517 |
| Herman | 451 |
| Joe Stieger | 450 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 425 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 351 |
| Pontius | 308 |
| Grompie | 297 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| Joos Pretorius | 204 |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 183 |
| Driesvan | 181 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| HarryOpieTremspoor | 148 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
Kleinmond Woonwapark het nou privaat eienaars/bestuurders. En die kamp skitter!
Kyk, ek weet nou nie wat jou indrukke van Kleinmond Woonwapark was, soos wat dit skynbaar voor 1 Oktober 2024, was nie. Maar wat ek wel weet is dat daardie woonwapark, waar ons sopas vir vier dae kampeer het, het nou privaat eienaars/bestuurders en jy kan maar, al jou vooroordele, indien enige, oor hoe die kamp voorheen was by die venster uitgooi.
Nou skitter daai woonwapark. En onthou die nuwe eienaars/bestuurders, Adri en Hannes Venter, is nou maar eers vyf maande daar besig... so mens kan groot dinge verwag. Nie dat dit, soos wat dit nou reeds ontwikkel is, enigsins iets te wense oorlaat nie. Ek het ons verblyf daar baie geniet en gaan verseker weer terug soontoe.
Ek het dit sopas 'n baie hoe gradering gegee.
Die kamp het heelwat lankstaners, laat geen diere toe nie, behalwe vir onder andere die skilpaaie en die fisante wat daar is, en is baie rustig, baie netjies, baie veilig en regtig baie gebruikersvriendelik ten spyte van die feit dat dit teenaan die pad Hermanus toe gelee is. Want die kamp bestaan uit agt sirkels met agt kampeerplekke in elke sirkel, en nie almal is teenaan die pad gelee nie. Maar al is dit ook - die gedruis van die see wat nie ver is nie, so 800m met 'n voetpaadjie langs, wat mens deur 'n veiligheidshek agter aan die kamp, met 'n hek-kode kan bereik, en die egalige vloei van die verkeer in die dag, maak dit nie-steurend. Saans en snags is die pad stil.
Dis 'n baie mooi park in die sin van plantegroei, en ek sal enige dag vir 'n maand daar gaan kampeer, selfs in een van die sirkels naby aan die pad.
So, in jou beplanning van jou volgende besoek aan die Suidkaap, of jou volgende lankstaan, doen gerus bietjie navraag oor hierdie park.
Dankie Fanie. Ek het rukkie terug fotos gesien en het heel aangenaam gelyk . Dankie vir die volledige terugvoering op ratings
....net bietjie ver vanaf Pretoria:-)
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Dankie Fanie, dis goeie nuus. Ons was n paar jaar gelede daar vir n paar dae. Die kamp was toe heeltemal netjies maar duidelik nie juis gewild nie en daar was ook nie juis veel veiligheidsmaatreëls nie. Ek meen dit was toe n munisipale kamp en die bestuurder, wat die fooie kom insamel het, was ook in beheer van n ander kamp (Onrus?). Ons sal beslis weer daar aandoen.
Ek weer lankstaners is die lewensbloed van baie kampe maar ek hoop dit word goed bestuur anders raak dit mettertyd ongeskik vir vakansiekampeerders. n Eenmaandmaksimum-reël sal n goeie reël hiervoor wees.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven

Fred, ek sien die nuwe bestuurders is deeglik bewus van die waarde van gewone vakansiekampeerders ook, want as ek reg onthou het hulle gese dat hulle die lankstaners saamgroepeer in een van die sirkels. En ek het dit ook opgelet... dat die een sirkel met sy agt staanplekke, meer woonwaens en motorhomes in het.
Dankie Fanie. Ek het rukkie terug fotos gesien en het heel aangenaam gelyk . Dankie vir die volledige terugvoering op ratings
....net bietjie ver vanaf Pretoria:-)
Man maar dis mooi daar. Wel, ek sou, as ek nog in Potch gewoon het, maklik een maal per jaar afgery het Kleinmond toe vir vier weke soos wat ons altyd met Wildernes gedoen het. Want ek se vir jou dis baie mooi in Kleinmond en dis baie sentraal gelee. Mens kan maklik daguistappies onderneem in die rigting van Gansbaai en selfs Kaapstad/Simonstad.
Toe ons laas Saterdag die Hermanus Saterdagmark bygewoon het, was daar 'n man en vrou wat vir die naweek van Kaapstad af by Onrus kom kamp het van Kaapstad af. En ons het stappers in die Bettiesbaai Botaniese Tuin ontmoet - hulle was Britse en Duitse besoekers wat in Simonstad gewoon het maar so rondgery het...
So, ja dit is ver maar ek dink dis absoluut die moeite werd want dit vat mens heel weg uit alles wat vir jou bekend lyk en ruik... selfs vir ons wat in die Tuinroete woon, was Kleinmond heel anders en ongelooflik mooi. Dis 'n veldblomme-mooi terwyl hier in Knysna is dit nou net groen en 'n groterstruike- en woudemooi...
Jy het nie dalk by Onrus aangery nie? Toe ons by Kleinmond was, het ons gaan kyk en dit het goed gelyk maar ek onthou daar was op n kol bietjie kritiek.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Jy het nie dalk by Onrus aangery nie? Toe ons by Kleinmond was, het ons gaan kyk en dit het goed gelyk maar ek onthou daar was op n kol bietjie kritiek.
Die twee Kapenaars wat ons by die mark ontmoet het reken ons vrese vir Onrus is misplaas. Hulle kamp gereeld daar, teen die see, en reken dis heel veilig en gebruikersvriendelik.
Maar nee Fred, ons sal tog eendag daar moet aanry.
Dankie Fanie- nog goeie nuus. Ek aanvaar dis steeds 'n munisipale kamp.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Fanie, cater Kleinmond nie vir die locals met groot coolbokse oor naweek nie.
Ons was seker so 3 jaar gelede vanaf Onrus, wat ons baie geniet het, oppad om te staan by Kleinmond, gelukkig op 'n Vrydag middag daar aangekom en dieselfde Vrydag middag maar by Disa Kloof in Bettiesbaai gaan opslaan.
Bly dit het verander want dit is 'n park met baie potensiaal

Nee ek dink nie so nie Pierre. Ons was die naweek daar en ek kan nie sien dat die locals Kleinmond boeiend sal vind nie, want daars net n klein speelparkie... en die afgelope naweek was daar geen "locals" nie...
En, die nuwe bestuur is glo baie streng en kwaai! Natuurlik is alle kampeerders seker welkom daar, maar Hannes duld geen nonsens nie.
Ek hoor wel dat die dagbesoekers die ander kampterrein wat nader aan die see is meer geniet: Palmietpark. Maar selfs daar is die woonwapark apart van die dagbesoekers area.
En afgesien daarvan - die kampfooie by Kleinmond is baie hoër as mens nie n pensioenaris is nie. So ek dink nie die locals sal n bedreiging vir die nuwe Kleinmond woonwapark wees nie.
Dink jy dalk aan Palmietpark?
Nou moet Onrus kamp ook onder privaat bestuur kom. Ek bly in Sandbaai omtrent 8 km van die woonwa park. Die kamp is op n fantastiese plek maar kort so bietjie aandag en opgradering. Mauritd
Dankie vir terugvoer
Haak daai wa kamp bly koning
Mense in ons straat het gister terug gekom vanaf Kleinmond karavaan park....hulle sê dit was fantasties en het reeds vir 2026 weer bespreek
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Mense in ons straat het gister terug gekom vanaf Kleinmond karavaan park....hulle sê dit was fantasties en het reeds vir 2026 weer bespreek
Hmmmmm dit klink sommer baie lekker. Wat vertel hulle?
...en wat dink hulle van die wind?
En, nou dat ek daaraan dink - dis winter! So hoe het hulle die koue oorleef?
Mense in ons straat het gister terug gekom vanaf Kleinmond karavaan park....hulle sê dit was fantasties en het reeds vir 2026 weer bespreek