Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22984 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18430 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6701 |
| BrianB | 5931 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3699 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1522 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1422 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1345 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 461 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Pontius | 310 |
| Grompie | 308 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 184 |
| Driesvan | 183 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
| Lewies | 116 |
Karavaan huur
Manne dit neem my SES dae se ry met die Fleetline na die Wille Kruger. Dit kos my BAIE. Ek doen navorsing nou.
01 Ek HET twee yskaste in my kar, koel en vries.
02 Ek HET n ses voet Venter MET nose cone, vir pakplek, klere, alles wat gewoonlik in die karavaan gaan. Braaigoed, kampgoed, ligte en alles.
03 Ek het n dakrak ook.
Ek oorweeg nou :
a Ry met Venter en volgepakte yskaste al die pad na Nelspruit
b Huur n karavaan in Nelspruit
c Koop al ons kos by n Pick N Pay/Checkers/slaghuis/drankwinkel
d Los die Venter by die karavaan verhuurders
En toer dan die Wille Kruger.
Wat behoort n karavaan (Fleetline-tipe) per dag te kos? Dink julle dis n goeie idee? Dan ry ek lekker solo die afstand af in twee dae in stede van ses dae.
As ek so toer worry ek nie oor die N1-lorries of karavaan pap wiel of probleme nie.
Wat stel julle voor?
You'll never never know if you never never go
Dit is dan só lekker om so kuier-kuier wildtuin toe te ry. Ek ry sommer nog ompaaie ook om die kuiertyd langs die pad nog langer te maak.
Verlede jaar was ons eerste bestemming eers ATKV Hartenbos, toe Karoo Nas Park gevolg deur Gariepdam en Weltevrede by Parys. Na 'n paar aande by ATKV Klein-Kariba is ons eers wildtuin toe.
Die reis is deel van my vakansie. Maar ek hoor wat jy sê. Nou net om uit te vind of daar karavane te huur is in Nelspruit - dalk het jy klaar jou huiswerk gedoen.
Hi Danie, jou plan klink lekker, maar sê nou die huur karavaan ruik sterk na die vorige huurder?
Ek sou ook maar langer ry en in my eie bedjie slaap.
Soos ek lees is gemiddelde huur vir karavaan soos Penta R800 n dag.
Ek persoonlik sal nooit n karavaan huur nie....dink nie dit sal ooit dieselfde gevoel kan wees as in jou eie een nie, jy rig in soos jy dit verkies.
Ons het al in verlede sonder karavaan KNP toe gegaan en het in chalets en tenthuise gewoon. Die chalets was nie naastenby so lekker soos met eie kampeer toerusting nie.....en ook nie so gesellige atmosfeer nie. Die wat ons die meeste geniet het, was die tenthuise in Skukuza wat deel is van die kampeer area....lekker dieselfde gevoel. Gebruik ook dieselfde badkamers as kampeerders. Die ander wat ons geniet het was daai eenhede in Lower Sabie wat so in n U-vorm gebou is. In die middel is daai gemeenskaplike kombuis. Saans was baie gesellig met al die mense wat so saam braai in die middel van U-vorm braai....lekker saam gesels oor die dag se besigtinge en sommer net lekker saamkuier.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek voel soos Geert. Ek dink ook nie die plan maak finansiële sin nie. Dan n vraag, wasrom neem die reis met die karavaan soveel langer as die verwagte tyd met die sleepwa ? Ek dink elke vakansiereis is nie om van Punt A na Punt B te kom nie, die reis is deel van die avontuur. Met n tweedae tog gaan jy dit verbeur.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
As dit gaan oor kostes, ongerief van lang pad, tyd bespaar....is dit goedkoper om soontoe te vlieg en n Avis karretjie te huur.
Gestel jou V6 Fortuner doen 9km n liter....2000km (one way) heen en terug is 4000km totaal. Dis 445liter teen R21 per liter. Jy gaan R9 333 se brandstof uitry. Dan kom tolgelde nog by van seker R1000? Dienste op Toyota werk ook deesdae teen 60c n km uit...nog n R2400....dan padkos en oornag x 6 aande. Sonder afskryf waarde....net uitgawes is reeds seker minimum R15000. Met vliegtuig is dit R5500 retoer vir 2 persone....Sonder pad stress en spaar 6 dae. Tenthuise en hutte het yskaste....koop n cooler buite knp vir R199 vir koud hou tydens wildsbesigtiging trips.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Interessante gedagte, en ek het ookal daaraan gedink ........ Ek wil baie graag vir Joanie Namibië gaan wys, maar twyfel of my finansies sterk genoeg is om dit met die karavaan te doen. Vriende vertel dat daar talle plekkies is waar bekostigbare chalets, B&B's ens. te vinde is, veral buite seisoen, wat dié reis miskien moontlik maak. Nog nie in erns die sommetjies gemaak nie (en ai, my karavaan toer tog sooooo lekker!!) maar sal nog sien.
Vir ons ouens wat op 'n begroting leef, kan dit nogal duur wees om Nam te besoek. Omdat daar nie kompetisie is nie, is die vliegkaartjies duur en dan moet jy nog 'n voertuig huur ook. Dis dalk net die moeite werd om met 'n tent te gaan. kampeer is myns insiens baie geselliger as 'n gastehuis. Ons beplan lankal om met die karavaan daarheen te gaan maar kom nie sover nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Vir ons ouens wat op 'n begroting leef, kan dit nogal duur wees om Nam te besoek. Omdat daar nie kompetisie is nie, is die vliegkaartjies duur en dan moet jy nog 'n voertuig huur ook. Dis dalk net die moeite werd om met 'n tent te gaan. kampeer is myns insiens baie geselliger as 'n gastehuis. Ons beplan lankal om met die karavaan daarheen te gaan maar kom nie sover nie.
Dink ons moet plan maak Fred ...... na aanleiding van ons vorige geselsies op hierdie forum, (en met jou ondervinding) dink ek ons kan heerlik gesels om so 'n braai vuurtjie terwyl ons Namibië besoek.
Maar ja, ek sal nie die toer aanpak met vliegtuigkaartjies en dan 'n voertuig daardie kant huur nie maar 'n tent kan wel finansieël (!!) help........
Kyk mens kan seker in 'n mate 'n geldjie spaar. Maar dit gaan nie so baie wees nie. Die huur van die wa teen kom ons sê R800 per dag sal 10 dae jou R8000 kos. Ja jy gaan effe petrol besparing hê deur net die S/wa te trek maar dit gaan nie R8000 goedkoper wees nie.
Ek is ook 'n voorstander dat die reis is deel van die toer en vakansie. Ek geniet die sleep van die wa baie en sal dus verkies om die wa te sleep. Dan my eie bed is die beste bed om in te slaap veral as ek hom oral saam my kan vat.
So eintlik praat ons net van Moeite, Die moeite om die wa so vêr te sleep, Dis verseker makliker om die waentjie te trek maar ek vat die pas rustig en met beplanning en kuier plekke na die vakansie plek en terug raak dit net lekkerder.
Het jy al 'n defnitiewe prys gekry om 'n Fleetline te huur?
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Stem 100% met Leon
Wie weet, dalk eendag Nico!
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Dan sal tenthuis teen R947 goedkoper wees as karavaan huur en staanplek kostes van R508
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Baie dankie ouens, ek waardeer julle sentimente. Bekkie Bokkie Baby gril ook aan die gedagte van "ander mense" wat die karavaan voor ons gehuur het.
Jy is reg Chris, die "kuier-kuier" ding was nog altyd lekker. Maar jy moet jou roete mooi kies want vragmotors ry deesdae sommer tien agtermekaar. Ons gaan Vanrhynsdorp-langs op ry en langs Graaf Reinette terug om die N1 te mis.
Ek sal maar bly by my eie reuke in my karavaan.
You'll never never know if you never never go
As dit gaan oor kostes, ongerief van lang pad, tyd bespaar....is dit goedkoper om soontoe te vlieg en n Avis karretjie te huur.
Gestel jou V6 Fortuner doen 9km n liter....2000km (one way) heen en terug is 4000km totaal. Dis 445liter teen R21 per liter. Jy gaan R9 333 se brandstof uitry. Dan kom tolgelde nog by van seker R1000? Dienste op Toyota werk ook deesdae teen 60c n km uit...nog n R2400....dan padkos en oornag x 6 aande. Sonder afskryf waarde....net uitgawes is reeds seker minimum R15000. Met vliegtuig is dit R5500 retoer vir 2 persone....Sonder pad stress en spaar 6 dae. Tenthuise en hutte het yskaste....koop n cooler buite knp vir R199 vir koud hou tydens wildsbesigtiging trips.
Dankie vir die mooi koste-uitleg. MY koste sal duurder wees, ek kry nie meer as 6km/l met my vier liter nie.
En dan is daar nog die lekkerte van n klomp vreemde parke en oorde met die op-ry en terug-ry wat verlore sal gaan. Ons ry gewoonlik nie NET na die KWT en bly oor nie. So vlieg en kar-huur is nie n opsie nie.
Met nabetragting is dit steeds die beste om met jou eie klein woonstel die pad te vat.
You'll never never know if you never never go



