Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22963 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18426 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6684 |
| BrianB | 5917 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3677 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2294 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1816 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1521 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1420 |
| George | 1408 |
| Louvan | 1342 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 913 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 561 |
| Willie54 | 517 |
| Herman | 451 |
Platinum Member | 250 + |
| Joe Stieger | 449 |
| LEEN | 425 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 351 |
| Pontius | 308 |
| Grompie | 297 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| Joos Pretorius | 204 |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 183 |
| Driesvan | 181 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| HarryOpieTremspoor | 148 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
Kamp in die Drakensberge
Hi almal
Ek het op my vorige pos met gesels oor Krugerpark en Kalaghadi begin vra oor darkensberg vakansie.
Iemand dalk goeie ervaring van lekker karavaan kamp plekke in die berge?
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Hang af wat jy in die Drakensberge wil doen. As julle soontoe gaan met die doel om staproetes te doen, sou ek oorde soos Mahai en Monks Cowl aanbeveel. Mahai se stap roetes is vir my makliker as Monks Cowl sin, maar ons het Monks Cowl meer geniet....daar sit jy lekker in die berge. As jul meer wil kampeer om oord fasiliteite te geniet sou ek ATKV Drakensville aanbeveel of ook Dragons Peak, maar daar het die hoeveelheid honde my afgesit, maar ooord is nice. Ander oord wat mooi uitsig het op Amfiteater is Hlalanathi....staanplek 1-8 het elkeen privaat stoepie waar jy kan sit en uitkyk, maar net deur die dag....saans pik donker. Dan was ons ook al by Mountain Splendour....ook okay, maar nie ons gunsteling nie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜

Hier is terugvoering en fotos van Monks Cowl
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Mahai terugvoering. Bietjie oud, maar glo nie baie het verander nie. Verstaan heelwat bome verwyder
https://www.caravanparks.com/35.Caravan-Camping-Forums-Mahai-Terugvoering.htm?forumaction=1&loadcategory=2517&loadpost=250061086&highlight=Mahai%20-%20Terugvoering#ForumsAnchor
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek weet van Monks Cowl maar gaan bietjie kyk na Hlalanathi en dalk Mountain Splendour.
Geert dankie vir daai skakel, ek sal die terugvoering lees.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Ek weet van Monks Cowl maar gaan bietjie kyk na Hlalanathi en dalk Mountain Splendour.
Geert dankie vir daai skakel, ek sal die terugvoering lees.
Hier het ons op staanplek 2 gestaan by Hlalanathi. Maar soos ek sê, as dit donker word, dan beteken uitsig niks....is pik donker
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek ry maar waar ek wil wees, as ek moet gaan staproetes doen pass ek... ek was Dullstroom toe so ruk terug, rand op en rand af en my 2 honde het dit baie geniet maar die Drakensberge is nie op my lys nie want my kniee sal dit nooit hou nie
Dit voel te naby aan die See vir my... veral as jy by Harrismith se area kom dan gaan ek See toe... Ek nou te oud vir berge klim op en af veral na my kar ongeluk 7 jaar terug... geen kruis ligamente in my kniee nie so nee dankie
Caravan Master by day, Mosquito Buffet by Night
Ons voel ook dat as ons by Harrismith is, moet ons see toe. Ons het nog nooit Drakensberge toe gegaan en terug gekom nie. Ons kuiers was nog altyd deel van ons see vakansies gewees. Gaan n dag of 3 vroeer af en kuier eers in Drakensberge. Ons het een jaar oppad terug vanaf see gestop by n Drakensberg oord, maar was bietjie antiklimaks.....
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
My vrou is mal oor die see, ek nie regtig nie, dit is mooi en kalm maar daai sand en wind kan ek nie mee bevriend raak nie. En boonop is ek bang vir n karavaankamp met die see se onvoorspelbare wind. Ek het zero ervaring van see kamp.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Ek self is nie lief vir wind en kamp nie...dink niemand nie. Een van die redes hoekom ons lief is vir Dolphin Holiday Resort by Ballito is dat hy so lekker beskud is teen wind. Ons het al 12-15 keer daar gekampeer en nog nooit enige storm pen of net gebruik nie.
Van die ergste winde het ons al in die Drakensberge ervaar. Die een oomblik sit jy nog windstil en braai en n minuut later waai jy onverwags weg. Al n paar keer van daai onverwagte windstorms daar ervaar....hou so 15min dan is dit weer rustig
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
O gaats... Nooit daaraan gedink nie! Dankie, Geert! Ons het een keer by Swadini gekamp jare gelede,dink 2003 of so. Een aand het daar ’n vreselike wind opgekom. Ek het darm my straps opgehad, my karavaan het sommerso geruk. Hoor toe n slag, myy skoonpa se hele tent van n Penta was bo-oor om die karavaan soos plastiek gevou met krom tentpenne in die lug. Mense het die volgende oggend oral rondgeloop om stoele en sambrele op te tel.
Dis waar ek my skrik opgetel het. Sal maar nog 2 stormstaps kry as ons wel berge toe gaan. Ek het nou net een.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Storm winde kry mens maar ooral. Satara het laas jaar groot bome verloor.
By die see net meer gereeld.
Groete,
Paul
Ons het dit by Mountain Splendour geniet. Pragtige uitsig op die berg en heelwat doen dinge in die omgewing. Hier is die normale tye van sons opkoms en sons ondergang. By van die oorde in die berg self is die son al vroeg middag weg.
Dan is sommige van die oorde in die berg nie so maklik begaanbaar met 'n groot karavaan nie. Van die draaie is maar bra kort.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !