Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22984 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18430 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6701 |
| BrianB | 5931 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3699 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1522 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1422 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1345 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 461 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Pontius | 310 |
| Grompie | 308 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 184 |
| Driesvan | 183 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
| Lewies | 116 |
KOMBUISKRAAN WERK NIE ..... !
Hi daar al jul slimmanne!! Ek is nou sommer omgekrap! My Elegance se ses maande oue kraan by die wasbak buite die wa, het besluit hy gaan voortaan nie meer diens lewer nie, dit terwyl al die ander werk. Die kraan het vanoggend nog gewerk. Die pomp kom egter nié aan as ek die kraan oopmaak nie. Kan dit die mikroskakelaar wees, en indien so, kan ek die skakelaar self vervang? Ek het twee spaarkrane waarvan die rooi en blou uitlate binne-in afgebreek het. Enige raad sal waardeer word, want om darem by die R1800 vir 'n ander te betaal, is bietjie erg.
You can buy that micro switch on its own, it takes some diy skills though to strip it down and replace it.
two roads diverged in a wood and i took the one less traveled by, and that has made all the difference.
Eerstens moet ek vra het jy die gewone inlyn pompie waarmee die wa van begin af toegerus is, of het die wa 'n groter pomp in. Die rede is dat as die wa 'n groter pomp in het en die POMP is direk soos die oorspronklike inlyn pompie bedraad kan jy kry dat die micro skakelaar se kontak punte brand en selfs weg brand omdat die POMP 'n grooter stroom trek.
Hoe gemaak om te fix:
- In die kas onder die kraan is 'n swart skroef blokkie wat die wa se draade met die microskakelaar verbind. Eeerste moontlike fout die drade in blokkie is dalk los of maak nie goed kontak nie. Gaan dit na en toes kraan.
- As steeds nie werk nie, Vat 'n los stukkie draad en brug die L draad en R draad uit. As die pomp dadelik begin werk weet ons die fout lê by die skakelaartjie. As hy nie aan kom nie is dit 'n los konneksie op 'n ander plek.
- As die pomp werk met die oorbrug van die L en R draad, Ontkoppel die battery.
- Maak die probleem kraan effe oop. Merk die posisie van die kraan so effe oop en trek dan die kraan kop van die kraan af.
- As die micro skakelaartjie nog enige kontak punte oor het maak hulle skoon met baie fyn skuurpapier.
- Dit behoort die skakelaartjie weer te laat werk.
Dit is baie moeiliker om die microskakelaar te vervang op 'n koud en warm kraan. Die koue krane is baie maklik, so ek beveel aan jy gebruik een van jou ouer krane.
Dit rooi en blou plastiek fittings wat in die ou krane afgebreek het kan jy net 'n lekker dik selftapper skroef in die blou en rooi gedeelte indraai en dit dan met 'n tang uit trek. Pasop daar is baie klein o-rings wat hulle op hul plek help hou en dit seel. Moenie die o-rings verloor nie. Mens sukkel om hulle in die hande te kry want hulle is dunner as die normale.
As jou wa 'n groter pomp in het sou ek aanraai dat jy 'n relay in die wiring circuit laat sit. Die micro skakelaartjie van elke kraan aktiveer dan die relay wat min tot geen Amps trek nie en die relay doen die swaar werk wat die pomp aansit.
Hoop die info help
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Leon, beduie asb hoe maak mens die kraan self oop, wat trek waar en hoe af?
Ek het nou nie Marius se probleem nie, maar my kombuiskraan drup water en ek sal ook graag n nuwe waster wil insit. Geen idee waar is die meneer nie.
If you can solder it is very easy. Turn tsp on and pull the knob off. Leaver the swich out and solder a new one to the wires. Or just clean the contacts.
Groete,
Paul
Hier is nog inligting
https://www.caravanparks.com/35.Caravan-Camping-Forums-Exclusive-Classique-Basin-Taps.htm?forumaction=1&loadcategory=4239&loadpost=7215&highlight=Excl#ForumsAnchor
Groete,
Paul
Leon, beduie asb hoe maak mens die kraan self oop, wat trek waar en hoe af?
Ek het nou nie Marius se probleem nie, maar my kombuiskraan drup water en ek sal ook graag n nuwe waster wil insit. Geen idee waar is die meneer nie.
Hi Pierre. Dit is soos Paul sê, jy trek die kop van die kraan af. Dis nou die gedeelte wat jy beweeg om die kraan oop en toe te maak.
Maar baie belangrik is die kop van die kraan het 'n gedeeltetjie wat, as die kraan toe is, heeltyd teen die microskakelaar druk om die skakelaartjie af te hou dat die pomp nie werk nie. Sou jy die kraan kop af trek sonder om die kraan effe oop te maak kan jy die micro skakelaar beskadig. Dis waarom ek sê disconnecteer die battery, maak die kraan effe oop, merk die posisie van die kraan voordat jy die kop aftrek.
Nou in jou geval waar die kraan bly drup vermoed ek dat die kraan kop die skakelaartjie afskakel nog voordat die kraan regtig toe is. Nou wat dan gebeur is daar is nou wel nie pomp druk in die pype nie maar die water is wel in die pype veral ook in die stort se pyp al het jy nie die stort gebruik nie of die ander kraan gebruik nie. Omrede die kraan dan nie heeltemal toe is nie, alhoewel die skakelaartjie die pomp afgesit het bly die kraan daar drup.
DIE VOLGENDE HET EK SELF NOG NIE BEPROEF NIE. My voorstel is dat net voordat jy die kraan kop afgetrek het, het jy mos sy posisie gemerk. So wat jy nou doen is probeer om die kraan 1 spline in die oop rigting verder terug te druk. Dit sal maak dat die kraan kop wanneer jy hom toe maak, die kraan assie meer sal toe draai(1 spline) voordat die kraan kop stop teen die microskakelaar. Op die manier is die kraan "Stywer"toe teen die tyd dat die skakelaar afgesit/geaktiveer word.
Baie belangrik werk versigtig met die toedraai slag, want ek weet nie of die assie se omwenteling vermoë of draai spasie dit sal toe laat nie. Jy sal weet of die assie dit toelaat as jy hoor dat die micro skakelaartjie steeds afgesit word met die spline verstelling. Want dis belangrik dat pomp afgesit word al is die plastiek krane toe. Hulle is nie gemaak om die druk deur gans te hanteer nie.
Ek hoop die info help om jou water drup probleem uit te sorteer. Want deur net die kraan kop af te trek bring jou nog nie by die meganika kant uit waar daar 'n seel is nie. Mens sal die water tuit kant van die kraan uitmekaar moet haal, en daai een het ek self nog nie gedoen nie.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Dit is alles met fotos in die thread beskryf.
https://www.caravanparks.com/35.Caravan-Camping-Forums-Exclusive-Classique-Basin-Taps.htm?forumaction=1&loadcategory=4239&loadpost=7215&highlight=Excl#ForumsAnchor
Groete,
Paul
Baie dankie vir die bydraers se raad - my mikroskakelaartjie het die gees gegee en ek het die kraan onder waarborg vervang!



