Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22984 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18430 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6701 |
| BrianB | 5931 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3699 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1522 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1422 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1345 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 461 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Pontius | 310 |
| Grompie | 308 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 184 |
| Driesvan | 183 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
| Lewies | 116 |
Het die voorkeur weer verander
Manne ons het vir baie jare met n doelgemaakte boswa getoer, alles suid van die Kongo. Heerlike jare. Maar vir n paar jaar het ons n Fleetline OOK gehad. Uiteindelik is die boswa verkoop nadat dit net een keer n jaar gebruik was.
Ek sien bitter min deelname op hierdie forum van mense met boswaens, maar ek kry die indruk dat die boswa-groep in ons land geweldig aan die groei is. Dalk omdat selfs die eenvoudigste Koreaanse karre nou vier by vier ry en ook die bospaaie kan aanvat.
Wat sê julle manne, is dit dalk so dat ons klomp wat aan hierdie forum deelneem dalk nou aan die ou kant staan en dat daar n nuwe generasie ontstaan wat hulle eie forum verkies?
Gaan julle manne ook die Malkamper se nuwe reeks volg wat Saterdag-aand sesuur op 144 begin kyk? Ek geniet hom geweldig.
You'll never never know if you never never go
Wel ek sal nie sê dat die voorkeur verander het nie. En die rede daarvoor is dat wanneer ons by 'n oord kom is daar steeds meer pad karavane as Off-road waens.
In die oord waar ons gedurende Desember gekamp het was dit aanvanklik net my seun se Off-road wa en net voor kersfees het daar nog 'n Off-road trailer in gekom.
Tydens ons kuier by Queensburgh was daar 'n karavaan rally gewees op die fotos wat ek het tel ek net 4 x Off-road waens tussen hulle.
Moenie 'n fout maak nie die Off-road gier is verseker aan die toeneem stem ek saam maar dit vat nie oor nie.
OF ek het op heel verkeerde plekke gekamp die laaste tyd.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Boswa gier, word gemeet aan waar mens kampeer en beweeg. As ek hier in die noorde kyk, is daar beslis meer boswaens en boswaentjies by oorde. Sekere oorde trek net meer van 'n padwa of boswa tipe.
Op 'n ander forum is daar ook bittermin [2] boswa slepers wat ektief saamgesels. Dit kan ook wees omdat dat daar op Face book groepe is vir byvoorbeeld Gecko eienaars, en ook apart vir ECHO eienaars, om 'n paar te noem.
Ek dink die hardebaard 4x4 kampeerders gesels saam op 4x4 Community groep.
Ek is van mening dat die boswa mark BAIE meer groei as padwaens, dink net aan die legio produkte in die mark.
Boswa gier, word gemeet aan waar mens kampeer en beweeg. As ek hier in die noorde kyk, is daar beslis meer boswaens en boswaentjies by oorde. Sekere oorde trek net meer van 'n padwa of boswa tipe.
Op 'n ander forum is daar ook bittermin [2] boswa slepers wat ektief saamgesels. Dit kan ook wees omdat dat daar op Face book groepe is vir byvoorbeeld Gecko eienaars, en ook apart vir ECHO eienaars, om 'n paar te noem.
Ek dink die hardebaard 4x4 kampeerders gesels saam op 4x4 Community groep.
Ek is van mening dat die boswa mark BAIE meer groei as padwaens, dink net aan die legio produkte in die mark.
Stem saam met al die bogenoemde kommentare - in so 'n mate dat ek ookal daaraan gedink het om "Awol" te verruil vir'n Boswa!
Maar wat die TV program "Malkamper" aanbetref, gaan ek maar liefs verby. Ek kan nie glo dat Suzuki (ek ry self 'n Jimny!) so iets kan borg nie. Die arme Suzuki Jimny wys selde op die kassie, die "kampeerdery" is maar skraps, die verbly is meer in chalets, hotelle ens. (nogal oorsee!) en die geld gespandeer op al die sogenaamde aktiwiteite kan kwalik die moeite werd wees. Kyk so nou en dan (met die deurblaai deur programme) met een oog daarna , maar nee wat ... En dan word die mannetjie nogal betaal om die program te doen!!!!
Min van my {Jimny} vriende, ander vriende en familielede kyk na die program (ek word gedurig geva of ek, as 'n Jimny eienaar die program volg!!
Stem saam met Nico, iets sit my af van die program, en dis NIE die Jimny nie.
Dalk dieselfde as met Voetspore, ek was gaande oor die program toe die fokus op SA en Afrika was. Ek sal tog nooit oorsee gaan rond toer nie.
I bought a "Boswa", but I gave up the 4X4 trails a few years ago after writing my Wrangler off.
So I have this rugged offroad camper (Afrispoor Cheetah) that I tow with a small SUV. There are a few things that attracted me to the offroad van but I probably would have been just as happy with a gravel or road van.
Pro's
- Can handle potholes as well as poor dirt roads leading to campsites.
- Made of stainless steel and Aluminum so less prone to weathering.
- Easy and quick set-up and breakdown especially the awning.
- Awesome resale value
- Fully off-grid capable if required
- Full kitchen set-up outside
- Tiny footprint (Especially in my garage)
Con's
- Small interior, which is big enough and comfortable for two, but I think that you would only be comfortable for no longer than two weeks before needing a break.
- Limited shelter when raining.
- Outside kitchen not practical when raining
- Can be very hot in the van due to the roof being made of steel.
- Can be cold as the sleeping area is surrounded with canvas
- Price (I believe that you can get an awesome road van for the price of a tiny off-road van)
Now ours has a little luxury that we use to mitigate the Con's, we have an aircon, hot and cold running water, indoor shower, outdoor toilet and Ewiks movers.
Would I move to a road van?
Certainly, if my camping style changes or if I planned to camp longer than two weeks at a time. But the Bosva suits our current camping style as we generally use it midweek where we like to find a spot next to a dam or river.
My son is currently looking at the offroad vans, as he is keen on wild camping and drives a 4X4, so considering his age as well as mine, I don't think that looking at offroad vans can be linked to age, simply personal choice
Whatever your choice, be happy and enjoy camping. I love the mix of vans seen at some camping spots, they are all beautiful and I am sure each one has its own pro's and con's
My experience, we mainly camp in our National Parks, is that bush vans, trailers and roof tops are very popular. Probably 3 to 1 road van.
I think forums, including Sanparks forum are thinning out thanks to Facebook, which I do not participate in.
No, I have never watched the program.
Living the dream
Ek sal graag in die toekoms n gravel roader karavaan wil koop. Boswaens het my nog nooit geprikkel nie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek sien almal ignoreer Dansan se stelling oor die ouderdom. Ek het lankal vermoed ons is 'n klomp ou toppies op hiedie forum. Sal nogal interresant wees om te weet hoe lyk die ouderdom verspreiding.
BTW, ek het my boswa so rukkie terug vervang met n grond pad karavaan omdat my vrou se ons is nou te oud om letterlik voor in die boswa bed in te kruip
Chris, ek en my beterhelfte is nou daar. Ons het 'n Kavango wat net 1 probleem het, om op daardie voorste bed te kom. Die opening is net te smal vir ons ouderdom [>69jr]. Gelukkig as mens eers daar is, is dit ruim.
NS: Ons geniet die boswa, en gebruik dit maar soos 'n grondpad wa. Versot geraak op MokalaNP, gaan weer komende Augustus soheentoe. Dan gaan ons Baviaanskloof verken tot by gerieflike woonwapark/gasteplaas. Afhaak en reservaat sonder die wa bekyk.
Ek geniet Malkamper se programme. Maar nou ja - smaak verskil en elke ou soen sy vrou op sy manier.
Lekker om die verskillende sieninge raak te lees.
Ek was nog nooit 'n 4 x 4 mens nie, so, padkaravaan is vir my gemaklik en die Exclusive is lekker ruim en gerieflik vir lank staan.
Is ook groot om net so te slaap as ons 2 dae net oorstaan.
Ek kry die boswa manne jammer elke keer, soos met 'n tent, moet kamp opslaan om te kan slaap. Ek is te gemaklik en nie meer lus daarvoor nie.
Ek trek nou na 66 se kant toe - so DV nog 'n paar jare met die padwa vir my en die oudste.
Na aanleiding van Pierre se stelling hierbo, moet ons tog onderskei tussen bos-woonwaens en boswaentjies waar daar tent opgeslaan moet word om te slaap.Bos-woonwaens is nou die modelle soos Cheetahs, Bush Lapas, Gecko's, Kavango's, die Nayela's en Mobi Lodges. Daar is 'n paar boswaens wat, na my mening, meer gerieflik, ruimer en luukser as 'n Exclusive, is.😉
Moes nou gou eers die spelling van Nayela nagaan en regmaak
Ons kry binnekort ons 2de Bushlapa (Nou met binne-bed en geen tent oor bed) Ons doen nie 4x4 nie maar het oorgeslaan vanaf pad karavaan vir die gerieflike sleep, en die gerusstelling om enige pad te kan ry sonder vooraf navraag oor pad toestande. Geniet ook die kombuis, groot watertenk, sonkrag ens.
Ons mis wel die baie binne spasie, tafel, gerieflike yskas ens. van ʼn pad karavaan. Veral wanneer die weerstoestande nie so lekker is nie.
Hou ook nie van die Malkamper program nie.
Shoe manne! HEERLIKE bydraes, baie dankie. Ek kan met almal saamstem. Ons was (is steeds) versot op ons 4x45 boswa, maar op my ouderdom (76) het dit nie lekker gewees om te toer en NIE te kan one-night-stand nie. Te veel moeite.
Ek dink tog ons mik na n grondpad-karavaan.
You'll never never know if you never never go
Ons het REUSE navorsing gedoen voordat ons die Metalian Fabriek gevra het om ons boswa te bou. Vandag is Metalian die grootse mark in Australië.
Na my mening het ons die beste uitleg uitgewerk, ek was deel van die beplanning en tekeninge, ook die onderstel se uitleg.
n WREDE klein wa wat WREDE omstandighede kon hanteer. Het al eenkeer in die Okavango GEDRYF in die water.
You'll never never know if you never never go



