Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22963 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18426 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6684 |
| BrianB | 5917 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3677 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2294 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1816 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1521 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1420 |
| George | 1408 |
| Louvan | 1342 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 913 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 561 |
| Willie54 | 517 |
| Herman | 451 |
Platinum Member | 250 + |
| Joe Stieger | 449 |
| LEEN | 425 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 351 |
| Pontius | 308 |
| Grompie | 297 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| Joos Pretorius | 204 |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 183 |
| Driesvan | 181 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| HarryOpieTremspoor | 148 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
Help n biekie vir hierdie Kaap-ou
Julle manne daar bo in die noorde, ek beplan n Wille Kruger toer en wil vanaf Punda Maria na Mookgopong (Nelspruit) ry. Watter pad is die veiligste om te vat? Daar is n pad vanaf Punda na Louis Trichardt, maar dit lyk vir my ek ry dan n lang gedeelte deur @#%$^& klipgooi slaggate en skiet-areas. (Julle weet wat ek bedoel)
Wat beveel julle aan? Pietersburg maar. Ek oorweeg selfs om al die pad terug te ry na Krokkodil-brug.
You'll never never know if you never never go
Dansan, jy het bietjie die name deurmekaar. Mookgopong is die ANC se naam vir Naboomspruit (noord van Nylstroom en suid van Potgietersrus). Jy het seker Mbombela in gedagte, want dit is die ANC se naam vir Nelspruit. Ek laat die raad en advies oor die paaie aan die manne oor wat onlangs bevoorreg was om in die willetuin te gaan uitspan.
Ry Modimolle deur na Mookgopong.
Die afrit tolhek by Modi is slegs R15.
Die pad is mooi onderhuoudbaar.
Na Kranskop tolhek neem die Polokwane roete en jy bespaar R60 teen +/- 10km ekstra.
Danie, Mookgopong (Naboomspruit) op die N1 en Mbombela (Nelspruit) op die N4 is nie op dieselfde roete nie. Dit lyk dat jy die name verwar.
As jy na eersgenoemde toe wil ry, dan ry jy Punda deur KNP na Phalaborwa, Tzaneen en Polokwane. Dis 'n goeie roete. Julle kan oorslaap by Phalaborwa se Forever Resorts SafariPark net buite KNP-hek. Dis altyd 'n goeie begin of einde stop (vir KNP).
Mbombela lê suid van die KNP. Dan ry jy deur die KNP en slaap oor in Skukuza of Berg-en-Dal of ry oor Phalaborwa, Hoedspruit, Klaserie, Hazyview en Witrivier. Laasgenoemde kan problematies wees.
Hou ons op hoogte van jou plan. Dis altyd lekker om te lees wat ander mense beplan.
Groete.
Butts
Danie dit lyk of jy vra watter pad uit Kruger is die veiligste na Naboomspruit. Die vinngste is direk uit by die Pundahek en dan na Louis Trichardt waar jy by die N1 aansluit. Of jy kan vanaf Punda deur Kruger ry en by Phalaborwa uitgaan. Dit gaan langer neem. In beide gevalle gaan jy aanvanklik deur gebiede ry waar daar al onlus was. Dit het lanklaas gebeur so ek sou nie te bekommerd daaroor wees nie maar niemand kan voorspel wanneer mense weer ongelukkig sal raak nie. Ek sou aanraai kry maar inligting voor jy uit Punda vertrek.
Persoonlik sou en by Punda uitgaan as toestande op beide plekke vreedsaam is want die roete oor Phalaborwa gaan aansienlik langer neem. Maar waarom dit nie deel van die toer maak en die stadiger rit deur die wildtuin geniet nie?
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek weet nie hoe jou toer vooraf is nie, maar as jou toer beplanning vanaf Punda na Nelspruit is, sou ek al deur die wildtuin ry tot Malelane met paar stoppe by verskillemde kampe oppad soontoe. Jou beplanning is immers om vanaf die Kaap die wildtuin te besoek, hoekom nou buite om wil ry deur lokasies as mens deur wildtuin kan ry (waarvoor jy daar is).
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Hou ons op hoogte asb
Haak daai wa kamp bly koning
Groot askies manne, ek gaan na Naboomspruit toe ry van Punda af. Ek het oorweeg om dan by Tsipise oor te slaap, maar worry bietjie hoe dit verder gaan wees deur Pietersburg na Naboom. Hier in die Kaap hoor ons gedurig van slaggate en klipgooi daar by julle.
You'll never never know if you never never go
Dan sal jy sekerlik by die noordelikste hek, Pafuri, uitgaan. Die pad loop dan verby Tsipise na die N1. Ek het dit baie lanklaas gery so ek kan nie verslag doen oor die toestand nie. Ek dink die pad is heeltemal geteer maar kan nie onthou of die deel tot by Tsipise ook geteer is nie. Dis in elkgeval n mooi omgewing en ek weet nie van onluste op die roete nie. Ek glo daar is ander lede hier wat beter raad kan gee soos Hannes wat ook in Pietersburg bly, as hy nog op die Forum is, en heelwat in daardie omgewing kom.
Maar met jou opset sal n grondpad immers nie n probleem wees nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Die pad oor Tsipese na Polokwane en dan Naboomspruit is veilig en in baia gooie kondiesie. Ons het dit al twee keer vanjaar gery met die 747 agter. Geen probleem nie. Ons vermy die pad direk uit Punda hek na Louis Trichardt.
Groete,
Paul
Soos genoem, die pad tussen Polokwane tot Naboom is veilig.
Ry vanaf Naboom to Nelspruit (Modimolle) die alternatiewe roete.
Die pad is goed onderhoud en die ekstra Km is slegs +/- 20km en jy bespaar minder as die duurkoste van Kranskop tolhek.
Soos genoem, die pad tussen Polokwane tot Naboom is veilig.
Ry vanaf Naboom to Nelspruit (Modimolle) die alternatiewe roete.
Die pad is goed onderhoud en die ekstra Km is slegs +/- 20km en jy bespaar minder as die duurkoste van Kranskop tolhek.
Nylstroom is Modimolle
Nelspruit is Mbombela
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Geert, Jammer tik fout.
Ry R60 se brandstof uit om R45 se tolgelde te spaar
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Dankie ouens, ons het die pad van Punda na Naboom al twee keer gery, een keer oorgestaan by Tsipise en die pad was toe baie lekker. Ek wou net seker maak of dit deesdae nog OK is. Ons gaan hierdie keer nie by Naboom oorstaan nie maar oorstaan by Bass Lake Country Lodge. Ek verstaan dis heel aangenaam. Daarna gaan ons na Wawiel-park, was ook nog nooit daar nie.
Julle boggers daar Noord het darem n horde keuses van OORDE, hier in die Kaap het ons net KAMPE en/of PARKE.
You'll never never know if you never never go
Gaan julle Basslake toe vir n paar dae om te geniet of is dit net vir oornag oppad Kaap toe?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Gaan julle Basslake toe vir n paar dae om te geniet of is dit net vir oornag oppad Kaap toe?
Hoekom ek vra is dat as dit net vir oornag is, sou ek liewer n plek soos Afsaal in Dinokeng oorweeg het wat baie nader aan N1 is. Basslake is 32km vanaf N1. Beide is puik oorde met pragtige ablusie fasiliteite
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Dankie ouens, ons het die pad van Punda na Naboom al twee keer gery, een keer oorgestaan by Tsipise en die pad was toe baie lekker. Ek wou net seker maak of dit deesdae nog OK is. Ons gaan hierdie keer nie by Naboom oorstaan nie maar oorstaan by Bass Lake Country Lodge. Ek verstaan dis heel aangenaam. Daarna gaan ons na Wawiel-park, was ook nog nooit daar nie.
Julle boggers daar Noord het darem n horde keuses van OORDE, hier in die Kaap het ons net KAMPE en/of PARKE.
Mense is ook nooit tevrede met wat hulle het nie. Vir ons boggers hier in die noorde, of dalk net vir my lyk dit weer of daar meer lekker kampplekke in die Kaap is. Oorde is lekker en daar is tog ook sulkes daar by julle maar vir my is die gevoel daar onder beter. Ons staan so met een voet in die Bosveld en een in die Suidkaap waarheen ons beoog om permanent te verhuis.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ons staan weer met al twee voete in die Bosveld en die wilde natuur wat net noord van die Vaal rivier voor kom. Daar is nie veel in die Kaap wat ons aan trek nie. Die wildtuin is oorweldig met kaapenaare en Durbanieters. Hierdie jaar was seeker 50% van die kaap en Natal. Die wat ek mee gepraat het het vir my gese daar is nie meer aantrekking vir hulle waar hulle woon nie (bosveld mense wat in die suide woon). Die parke van Izemvelo is totaal vervalle en die kaap het nog nooit die bosveld lewe van die noorde gehaad nie.
Ek stem met Dannie saam.
Each one to his own.
Groete,
Paul
Gelukkig dink almal nie dieselfde nie anders sou een plek oorvol wees en die res dolleeg. Ons geniet wel die oorde hier maar alles gaan ook maar nie meer perfek nie en paaie om by sommige oorde te kom is ook nie oral meer goed nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven



