Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22984 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18430 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6701 |
| BrianB | 5931 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3699 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1522 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1422 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1345 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 461 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Pontius | 310 |
| Grompie | 308 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 184 |
| Driesvan | 183 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
| Lewies | 116 |
Deur slot vir Gypsey Raven
Wonder of iemand al die probeer het. My Raven se deurslot het n waterdigtings seel agter die handvatsel aan die buitekant. Ek sien hy is gedaan. Ek kon net ander deur knop kry hulle verkoop nie die rubbers apart nie. (miskien moes ek eers hier gevrsa het vra of iemand weet of dit iewers beskikbaar is...)
Elkeval ek sit nou met die nuwe slot en housing. Ek gaan net die sluit meganismes verander of selfs net die rubber vervang en ou housing terug sit.
Interesante opmerking is die barrel is n geseelde eenheid, en die barrels wat mens aankoop koop mens sonder die geseelde omhulsel wat die langerige staal pen aan die barrel koppel. Net gewonder of mens daai twee wel kan skei sou mens slot probleme optel, want jy moet die "kaal" barrel wat nou al daai pennetjies in het binne in die geseelde omhules uit kry en dan n nuwe een insit. Hoekom dan die barrels so "kaal" verkoop? Wonder maar net die logika. My kop se hy moet kan oop of uit om n nuwe barrel in te sit?
As my verduideking vaag is plaas ek graag fotos op. Die los parte le in my gerage moet nog aan mekaar sit.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Goeie more Andries, vir 'n persoon soos ek sal fotos help. My Jurgens, vermoeod ek, het dieselfde slot, en die sukkel om oop te sluit. Het al gedink om 'n nuwe slot in te sit, maar wil nie graag met verskillende sleutels sit nie.
Sal dit waardeer as jou fotos dalk ook vir my gaan help verstaan hoe die dinge werk.
Johan, Dis nie duidelik wat presies die probleem is met die oopsluit van jou slot nie. As die sleulel dalk bietjie stram is, het jy al probeer of grafiet in te spuit? Dis 'n poeier wat aanbeveel word vir smering van slotte. Moet tog nie olie of silikon probeer nie want dit vang stof vas wat net die probleem vererger veral as jy olie gebruik- slilkon trek minder stof maar tog wel..
Andries, het jy al 'n slotmaker met jou probleem genader?
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek sit die fotos by.
Ek het nou nie die "kaal" barrel by my maar het wel n foto van die web gekry om te wys. Dan laai ek ook fotos van die nuwe slot wat ek gister gekoop het ook op. Julle sal sien die barrel is nou binne die omhulsel. Ek dink nie mens kan hom daar uitkry nie. Die ander kommer is die verkoopsman se al die nommers op die nuwe sleutels is dieselfde (2025), so as ek die nuwe slot hou kan my bure dalk 3 uur die oggend my wa kom oopsluit en kom lepel le as hulle koud kry... Daai maak nou net mooi niks sin nie.
Ander interresante ding, ek het n paar spaar "kaal" barrels so paar maande gekoop vir spaar as n slot dalk oppak. Het dit op die Forum al genoem. Ek dink ek het 4 gekoop. Hulle was R89.00 stuk. Dit was met my wa se eie unike sleutel kode, moes daar in n boks rond krap om te kry. Die se sleutels pas natuurlik op my ou slotte as ek een wou vervang sou daar fout gaan.
Blykbaar n nuwe company wat nou nuwe slotte vervaardig kos nou R500.00 stuk! Of so het hy my vertel. Die "kaal" barrel foto 3 moet nou in daai buitenste omhulsel uit en n nuwe een in, Ek dink nie dis moontlik nie. Die ouer soort het agter n gleuf gehad wat jy n sluit spring kon indruk om die oue uit te kry. Die een is geseel. So mens kan nie jou slot vir sekuriteit omruil dat al jou deure met die selfde sleutels werk nie. Lyk my as jy dit so wil he moet jy soos in my geval, 4 slotte teen R500.00 stuk koop om selfde sleutel te he wat enige ou wat die 2025 kode sleutel kan oopsluit sonder om te wonder wat jou karavaan se uienke sleutel kode is.



U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Fred, die sleutel sluit maklik toe, die deur maak ook baie maklik oop en toe, maar as jy die sluitel draai om oop te sluit, moet jy baie aan die sleutel "wikkel" voor dit oop sluit.
Ek kan daarmee saam leef as dit moet, maar sal graag die ding reg wil hê.
Dalk moet ek maar eendag die wa dorp toe vat dat iemand vir my kan kyk, en hoop dit is nie 'n nuwe nommer slot nie.
Dankie vir die advies.
Andries, ek is tegnies gestrem, maar die fotos lyk vir my of dit die plek is waar my probleem lê.
Johan, dit klink òf die sleutels òf die pennetjies geslyt is. Doen n tweede sleutel dieselfde? As een sleutel die slot maklik oopsluit, is dit waarskynlik die ander sleutel wat geslyt is en die kan maklik vervang word.
Ek het so n probleem met n huisslot gehad. Met die sleutel in die silinder moet geen pennejies uitsteek nie. As een wel effens uitsteek kan jy dit met n fyn vyl skuur tot dit gelyk is. n Slotmaker sal dit ook kan doen.
Alternatiewelik kan jy dalk die lastige pennetjie uithaal. Dit gaan nie juis die integriteit van die slot verswak nie. n Kundige inbreker kan enige aantal pennetjies ewe maklik uitoorlê.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Johan, ek dink as jy by n karavaan winkel kan inloer en na hulle ou stock se sleutel barrels kyk, sal jy dalk een kan kry wat jou huidige sleutel nommer sal pas. Die wat ek so paar maande gelede vir R89.00 gekoop het was in sulke stowwerige bokse (ou stock). Was by Pretoria Caravans in Steve Biko en Campworld in Monumentpark. Dan kan jy dalk net die barrels uitruil as die omhulsel nou nie geseel is nie. Ek gaan die naweek my deur se handvasel afhaal om die rubber van die nuwe handvatsel op die ou een te sit, ek will ook nie verskillende sleutles he nie. Maar dan sal ek kyk of die ouer 2004 ontwerp ook n geseelde omhulsel gebruik. Ek twyfel?
Gedink om dalk die geseelde een na n locksmith to te vat en vra of so slot oop gemaak kan word.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
n Nuwe barrel kan ook soos ek hierbo beskryf, aangepas word om by jou bestaande sleutel te pas. Die bestaande sleutel moet net dieselfde wees as die nuwes sodat dit in die barrel gedruk kan word.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek het toe die nuwe en ou deur knoppe oop gehad. Die ou barrel is ook geseel so is nie seker hoe mens die geseelde ding kan oop kry nie. Hulle moet eintlik kan oop, want mens kan daai barrels sonder die omhulsels koop. Behalwe as die Gypsey reeks net nie so gemaak is om nie sleutels te kan vervang nie.
Ek het net die rubber van die nuwe een op die ou deur knop gesit. So darm is die nou weer reg.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Hi, terwyl ons nou op deurslotte is, hoekom sal my woonwa se deur nie oopmaak tensy ek hom eers antikloks moet draai en dan kloksgewys om oop te maak ?
Voel of hy die arm mis wat die deur moet oopmaak of is dit normaal want ek het nog nooit daai afgehaal nie ?
Nooit die probleem op my Regal gehad nie
Caravan Master by day, Mosquito Buffet by Night
Ek was half skaam om my storie te vertel. Maar wat, hier gaan ons. Ek beskou myself baie tegnies aangele, maar na die deur slot het ek darm gewonder... Ek het net gedog ag wat is n deur slot nou haal af en sit terug 4 skroefies. Daai is as jy arroggant raak wanneer jy vinnig terug gebring word aarde toe. Ek dink ek moes die slot 4 of 5 keer afhaal om uiteindelik weer als in plek te kry. Maar nou na my intense studie kan ek dalk help.
Jy kan jou deurslot afhaal kyk net mooi wat kom waar, die stap is glad nie moeilik nie, niks spring uit of so nie. Ek dink ook nie jy hoef hom, soos ek, heeltemal uitmekaar te haal nie. Jou fout le by die buitense gedeeltes. Jy sal sien die voorkant wat buitentoe wys (die handvatsel) het so halwe gleuf in. Die slot kant het n pen, alles plastiek. Ek vermoet die twee is net nie in plek nie, so jy moet een dalk net bietjie roteer om dan mooi in te pas om dadelik te werk as jy hom kloks gewys draai.
Die ander rede dalk. Ek het gesien die nuwe slot wat ek gekoop het se handvatsel deel se binne kant het n ander tipe gleuf gehad en draai dan anderkant toe om oop te maak, dis hoekom ek toe besluit het om net die nuwe een se rubber op die oue te sit. Maar wat n storie om die ding uit mekaar te haal.
Met jou probleem hoef jy nie alles uitmekaar te haal nie. Maak maar net die dop oop en kyk net of die gleuf en pen mooi in mekaar pas.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Baie dankie Dries, ek sal in die week kyk, wat jy sê maak nogal sin.
Dankie Andries, ek haal more af om te kyk hoekom... het vandag gaan kyk na nuwe handle kompleet.. R850...
soek net eers die fout want die ding meganisme my in die steek laat as ek dit so kyk, so as ek nie kan regkry maar vervang
Caravan Master by day, Mosquito Buffet by Night
Sterkte daar, hoop die n maklike fix sonder om n nuwe een aanteskaf. Ek het gou fotos van die nuwe slot geneem, sit dit hier op. Die foto links het daai kort plastiek pennetjie wat by daai gleufie uitsteek. Hy is "springloaded" en beweeg self terug as jy die slot draai. Hy pas tussen die twee plastiese penne op die foto twee wat bo en onder die middelste gat uit steek. My ou slot het net een, en daarom het die nuwe een se handvatsel lyk my nie so lekker op my karavaan gewerk nie. Kyk of hulle mooi inpas.
Gister aand het ek gesit en wonder of die veer wat agter die handvadsel sit op jou slot nie dalk uithaak nie? Dan as jy antikloks draai dan haak hy in en kloksgewys sluit hy oop? Ek wonder net. Speel maar rond, as niks afgebreek is nie is daar net iest kleins wat nie op die regte plek is nie.
Ek het nog die hele nuwe kompleet slot net sonder die rubber wat om die buitenste deel agter die "grip" sit, dit is wat ek nou afgehaal het. Jy is welkom as jy in Pretoria omgewing is om by my optel tel en gebruik sou dit dieselfde tipe slot is. Jy kan dalk net jou ou rubber weer op die een sit.
Laat weet wat op die einde die fout was.


U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Andries... Nou sukkel ek, alles uitmekaar gehaal en agtergekom die plastic gedeelte het gebreek op die buitenste slot, Nuwe een gaan kry daai by CTP... Nou kry ek hom nie dat hy oopmaak nie... 😬🤣
Die vraag is het jy al 2 spacers teruggesit agter die binneste slot gedeelte ?
ergste ek is in die tegniese veld maar te stupid vir die slot
Caravan Master by day, Mosquito Buffet by Night
Ek het reggekom, die nuwe slot se pennetjie sit aan die verkere kant, Moes die slot uitmkaar haal en nuwe slooitjie sny met dremmel om die pen op sy regte plek te kry sodat hy die slot meganisme oopdruk
Modified maar hy werk 😀
Caravan Master by day, Mosquito Buffet by Night
Na die goeie advies hier gekry, het ek toe die slot af gehaal en so kom ek agter dat die slot se(ek neem aan die ronde deel waar die sleutel in druk) barrel verkeerd om in gesit was, dit toe om gedraai en daar werk die sluit / oop sluit soos 'n droom. Het vroeër daar gekaring en natuurlik nooit op gelet wat ek doen nie.
Pontius, bly jy het reg gekom.
Hi Theo
Jammer sien nou eers jou boodskappe. Maar klink my jy is heeltemal te nederig. Jy het die nuwe slot sommer oor "design" met jou tegniese vernuf!!! Wel gedaan!
Om jou te andwoord net vir die wis en die onwis. Ja ek het altwee spacers terug gesit. Dit is wat my so besig gehou het. Het die een op die bed in die wa vergeet, en kon nie die ding maak pas nie. Net voor ek opgee, vang my oog toe die tweede een en daar werk als soos n droom.
Joe maar ek is regtig bly jy het joune getekel en reg gekry sonder om n rooi kaart te kry! 😁🤣
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
My motto is altyd, as n ding gebreek is, haal maar uitmekaar uit, hy is mos klaar gebreek. Gelukkig kan mens nou ook heeltyd fotos neem net om als weer aan mekaar tekry sonder spare parts.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad



