Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22963 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18426 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6684 |
| BrianB | 5917 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3677 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2294 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1816 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1521 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1420 |
| George | 1408 |
| Louvan | 1342 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 913 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 561 |
| Willie54 | 517 |
| Herman | 451 |
Platinum Member | 250 + |
| Joe Stieger | 449 |
| LEEN | 425 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 351 |
| Pontius | 308 |
| Grompie | 297 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| Joos Pretorius | 204 |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 183 |
| Driesvan | 181 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| HarryOpieTremspoor | 148 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
BALULE status
Ek hoop iemand soos Paul, wat gereelde Kruger-bewoner is, kan help.
Wie weet hoe om uit te vind wanneer Balule kampie heropen, en of Sanparke dit wel gaan open in toekoms??
Dit bly 'n lekker klein stil kampie, amper beter as Tsendze.
Soos ek lees op wildtuin groepe, is beplanning September
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Wonder wat doen Sanparks met mense wat aanlyn besprekings doen. Gister was daar juis n dame wat bespreek het wat vandag sou inboek....het nuus ontvang van publiek dat dit gesluit is.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek het nou gekyk. Vir;
Julie is daar plek bespreek
Augustus: geen plek beskikbaar
September: paar plekke oop
Oktober" laaste week paar plekke oop.
Miskien maar Sanparke of Olifantskamp bel en uitvind.
Ek het vanoggend met Ezi bookings gesels. Volgens hulle het Sanparke nog geen amptelike datum vir besprekings bekend gemaak nie. Volgens hulle is die verwagting dat dit waarskynlik vanaf September '26 kan wees.
Dit is nie net die kampterrein wat herstel moet word nie. Dit is ook die laagwater brug. Glo dit sal nog ‘n hele ruk wees. Ek het ‘n bespreking vir Augustus - glo nie dit sal gereed wees nie. Gelukkig het ook plek by Satara.
Never too old to have a happy childhood
Gelukkig kan mens Balule ook bereik van Satara se kant af, dan hoef jy nie oor die laagwaterbrug te ry nie. Neem die S89 wat aansluit by die S90. Mens kan by Satara ook inboek vir Balule.
Ek hoop julle kan Balule toe gaan.
Hoe groot is die skade aan Balule brug?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Daar is nog geen vaste datum om Balule oop te maak nie. Vivian (kamp bestuurderes) werk nou by Olifants kamp tot verdere kennisgewing.
Die pad net buite die hek het heeltemaal weg gespoel en die laagwater brug is beskadig. Balule is ontoerykbaar. Low priority.
Groete,
Paul
Dankie Paul, dan moet ons maar geduldig wag.
Gee my tyd om beterhelfte te oortuig dat mens weer daar kan kamp. Sy hou nie van die olielampies in ablusie nie. Kan glo nie die ongediertes raaksien nie.
Dankie Paul, dan moet ons maar geduldig wag.
Gee my tyd om beterhelfte te oortuig dat mens weer daar kan kamp. Sy hou nie van die olielampies in ablusie nie. Kan glo nie die ongediertes raaksien nie.
Wessel, eintelik moet mens in die nag in enige kamp met n' flits of lantern loop en met toe skoene. My vrou was laas keer in Satara kamp deur n'skerpioen gesteek. Daar is duisende van hulle orals (kyk maar met a UV flits). Sy het plakkies aan gehad. Dit brand soos vuur vir etlike uure. Sy moes n'slaap pill drink om te kon slaap. Gelukig was dit nie n' Rough Thicktail (Parabuthus granulatus) nie. Daai een en sy boetie die Transvaal Parabuthus kan lewens gevaarlik wees.
Ek dra my Crocs. Hulle sal nie daar deur kan steek nie.
Groete,
Paul
Terwyl Sanparke besig is om Balule te herstel, moet hulle dalk die volgende oorweeg;
1] die staanplekke netjiese afmerk en nommer
2] dan die besprekingstelsel aanpas sodat mens ook jou staanplek nommer vooraf kan boek. dieselfde stelsel as Tsendze.
NS: Ek sien vanoggend dat Balule ontbreek op "akkomodasie" soekenjin van Sanparke.
Ja en Letaba. Hulle is nog toe.
Groete,
Paul



