Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21190 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5598 |
Bostoe | 5369 |
HM | 4790 |
BrianB | 4780 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1618 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 984 |
Gerden | 916 |
Chris Centurion | 789 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 578 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 358 |
survivalist | 341 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |
Slaay | 256 |





Wasmasjiene by KNP
Toe ons nou onlangs by KNP was was meeste wasmasjiene by Shingwedzi, Letaba en Satara buite werking. Verlede jaar dieselfde ding. Volgens my skoonsuster wie nou daar is is dit nog dieselfde storie. Weet iemand wat aangaan of is dit maar net deel van die agteruitgang.
Never too old to have a happy childhood
Deel van die vooruitgang na totale verval
Toe ons Julie daar was, was Letaba sin buite werking, maar gelukkig Satara sin gewerk. Terwyl ons gewas het by Satara het 3x personeel die masjiene se munt laaie kom leegmaak. Daai houers was propvol R5de....ongelooflik hoe baie geld elke munt houer kan stoor. So daar is darem genoeg personeel om die geld te kom kollekteer, maar blykbaar niemand om onderhoud te doen nie....Letaba het genoem dis privaat mense van buite wat kom help. Hulle sê baie gevalle is dit dat mense die munt gedeelte will "bypass" en dan breek, maar dan hoor ek ook dat personeel amper voltyds wasgoed daar was...seker vir privaat mense in chalets vir ekstra geld....dan vra mens af wie breek dit, kampeerders of personeel wat geld wil maak?
Ek het al elders genoem dat hul liewer die fasiliteit gratis vir hul besoekers moet aanbied....dan gaan jy ook nie al jou geld spandeer om kortkort die geldmeganisme reg te maak nie. Jy betaal reeds derduisende vir n besoek aan KNP en hul inkomste bron hoef nie uit n wasmasjien te kom nie.
Dan is daar ook natuurlik jou onbedagsame "kampeerders" wat voor hul vertrek hul grondseile in die masjien gooi....want tuis doen hy dit nie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Die grootste probleem is hier weereens? hulle wil vir niks betaal, maar wil alles gebruik en hê .Speed Queen wat die onderhoud doen ,weier om aan die masjiene tewerk, want hulle word nie betaal .Dit het n persoon wat in Skukuza werk my vertel, Sept toe ons daar was .So ja dit is so jammer? want dit is nie goedkoop om in die Kruger tekamp ,en nou moet ons daaronder ly.Ek dink ieder en elke mens moet n E mail stuur aan hulle hoofkantoor en spesifiek daaroor kla ,maar dit sal nie help net een of 2 mense doen dit ?ons moet dit almal doen? en kyk wat is hulle reaksie .Kom ons staan saam en doen net dit ?net so gou as moontlik .

Been getting worse every year.
We have just got back from 5 weeks in KNP.
A week each in Shingwedzi, Skukuza, Maroela, Pretoriuskop and Lower Sabie.
The only place with a working washing machine was Pretoriuskop. So effectively for me, 80% of the camps did not have working washing machines.
Whilst at Lower Sabie, we camped next to a photographer who had been in the KNP since May. She had found the lack of washing machines to be pretty wide spread across the KNP.
She stated that whilst she was at Shingwedzi she spoke to the camp manager about the situation. Allegedly his response was "why should I fix the washing machines - it is not in my interest? Now you have to pay my staff R150 to do your washing".
What a marked contrast to the lady that was the manager of Shingwedzi about 10 years ago.
Roughing it Smoothly

My vrou is waarskynlik 'n absolute uitsondering. Maar sy weier om wasmasjiene by oorde te gebruik. Haar standpunt is: Waarom sal sy betaal vir iets wat buitendien half was. Dan was sy eerder self haar wasgoed - al is dit ook half.
Gevolglik word meeste items met die hand gewas. Sy't grootgeword op 'n Karooplaas sonder elektrisiteit en kom van haar kinderdae af aan om wasgoed met die hand te was. Ons was saam ons wasgoed in twee komme of in die Sputnik.
Jy troos net jouself dat jou wasgoed gewas is met 'n kommersiële Speed Queen masjien. Gevolglik pla die toestand van wasmasjiene in die wildtuin (of waar ookal) ons glad nie.
Ons gebruik darem 'n ordentlike wasmasjien by die huis.

Toe ons nou by Letaba was het ek gesien baie mense kort-kort by die wasmajiene, weet nie of dit gewerk het nie maar dat die tuimel droër wel by die agter kant uit geblaas het was verseker. Kort-kort het iemand met 'n bondel daar ingestap.
Oppad na die volgende kamp.

Vandat wasmasjiene jare gelede in die Wildtuin-kampe geïnstalleer is, gebruik my annerhelfte dit om ons wasgoed te was. Ons het ook 'n Speed Queen wasmasjien tuis en vind dit uitstekende en duursame masjiene om wasgoed te was. Ons het nog nooit 'n probleem gehad met die masjiene in die Wildtuin nie, behalwe tydens ons onlangse besoek in Mei 2022 - slegs Pretoriuskop en Letaba se masjiene het gewerk.
Ek vermoed dit is maar swak bestuur wat nie die toerusting in die waskamers behoorlik instand hou nie en dit nie gereeld laat diens nie. Ek stem saam met Willie hierbo dat gebruikers hierdie toedrag van sake by Sanparke op die hoogste vlak aanhangig moet maak.


Die grootste probleem is hier weereens? hulle wil vir niks betaal, maar wil alles gebruik en hê .Speed Queen wat die onderhoud doen ,weier om aan die masjiene tewerk, want hulle word nie betaal .Dit het n persoon wat in Skukuza werk my vertel, Sept toe ons daar was .So ja dit is so jammer? want dit is nie goedkoop om in die Kruger tekamp ,en nou moet ons daaronder ly.Ek dink ieder en elke mens moet n E mail stuur aan hulle hoofkantoor en spesifiek daaroor kla ,maar dit sal nie help net een of 2 mense doen dit ?ons moet dit almal doen? en kyk wat is hulle reaksie .Kom ons staan saam en doen net dit ?net so gou as moontlik .

Na ons kamp by Letaba het Sanparke vir my 'n e-pos gestuur en gevra om my komentaar in te vul, hoop almal doen dit en dat daar aandag aan gegee word. ð¤
Oppad na die volgende kamp.


Na ons kamp by Letaba het Sanparke vir my 'n e-pos gestuur en gevra om my komentaar in te vul, hoop almal doen dit en dat daar aandag aan gegee word. 🤞

Ek reageer ook altyd op daai epos....nog nooit terugvoering gekry vanaf Sanparks daaroor nie, maar soos jy sê hopenlik geniet dit aandag
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ons het 16 Sept begin bo by Pafuri en af beweeg tot by Marloth Park. 4 dae by Ntakeni, net buite Pafuri, 4 dae by Shingwedzi ( = 8 dae: tyd vir was). Daar was 'n kennisgewing buite die laundromat op by Shingwedzi:"Campers using the machines are interfering with the staff that needs to wash the linen from the bungalow's." Toe ons, jare gelede begin kamp het in KNP, was die wasmasjiene uitsluitlik vir gaste se gebruik. Al wat ek kan dink, die masjiene by die oorspronklike waskamers is vernietig, en nou vat hulle als wat los rondstaan.
Kon geen werkende wasmasjien kry by Skukuza nie. Mede kamper het genoem Punda het blykbaar nog masjiene. Het ook terugvoer hieroor gegee, aan Skukuza. Nodeloos om te noem, hulle reageer glad nie.
Ek het vanaand my deel gedoen. Ek het 'n klagte e-pos aan SANParke gestuur waarin ek die saak deeglik aangespreek het. Ek het ook vir terugvoer gevra om my instaat te stel om die inligting oor te dra op sosiale media forums waaraan ek deelneem.
Ek hoop nog ouens doen ook moeite om 'n klagte e-pos te rig aan customercare@sanparks.org
Ns. Ek glo nie dit dien enige doel om op die standaard terugvoervorm wat alle KNP-gaste kry, die probleem aan te spreek nie.


Vandat wasmasjiene jare gelede in die Wildtuin-kampe geïnstalleer is, gebruik my annerhelfte dit om ons wasgoed te was. Ons het ook 'n Speed Queen wasmasjien tuis en vind dit uitstekende en duursame masjiene om wasgoed te was. Ons het nog nooit 'n probleem gehad met die masjiene in die Wildtuin nie, behalwe tydens ons onlangse besoek in Mei 2022 - slegs Pretoriuskop en Letaba se masjiene het gewerk.
Ek vermoed dit is maar swak bestuur wat nie die toerusting in die waskamers behoorlik instand hou nie en dit nie gereeld laat diens nie. Ek stem saam met Willie hierbo dat gebruikers hierdie toedrag van sake by Sanparke op die hoogste vlak aanhangig moet maak.

Maar hulle kommersiële masjiene, soos in oorde, was wasgoed na my mening pateties. Die siklusse van die masjiene in oorde laat veel te wense oor. 'n Paar jaar gelede het Ralie wel in Punda Maria die kamp se wasmasjien gebruik - en dit was die laaste wat ons 'n masjien in die wildtuin gebruik het. Alles is na die tyd maar weer hétsy met die hand of Sputnik gewas.
Dalk is ons wasgoed té vuil om skoon gewas te word in Speed Queen se kommersiële masjiene. ð¤ªð

Ek glo die instandhouding van die wasmasjiene en droërs is die sleutel tot funksioneel of nie. Speed Queen sal tog nie 'n swakker masjien vervaardig vir kommersiële gebruik nie. Juis by oorde is deeglike instandhouding absoluut noodsaaklik want die masjiene word van die môre tot die aand, sewe dae per week gebruik (en soms self misbruik !)
Dis tog interessant dat by alle vakansieoorde waar ons kom en wat wasfasiliteite het, gebruik hulle geen ander fabrikaat as Speed Queen nie. Byvoorbeeld, by Hartenbos se verskillende waskamers waar die masjiene feitlik permanet werk, het ons nog nooit 'n onklaar masjien teëgekom nie. Ek is oortuig daarvan instandhouding of die gebrek daaraan is die antwoord op die probleem.

Ons moes laas jaar by Letaba wag dat die kamp personeel na werk hulle bondels wasgoed kom doen. Glo goedkoper as om self wasmasjiene vir hul huise aan te koop. Ek glo by baie kampe is dit die oorsaak van onklaar masjiene.
Ek het 'n baie mooi verduidelikende brief van KNP gekry oor die wasmasjiene probleem en wou dit graag hier plaas. Ek kry dit egter nie reg nie en sal hulp waardeer om dit gedoen te kry.


Ek het 'n baie mooi verduidelikende brief van KNP gekry oor die wasmasjiene probleem en wou dit graag hier plaas. Ek kry dit egter nie reg nie en sal hulp waardeer om dit gedoen te kry.

Probeer die brief te "copy". In plaas van om die paste knoppie hier te druk (wat nie gaan werk nie) , druk "cntrl en V" gelyke tyd....werk soos paste
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Dankie, dit het gewerk. Hier is die brief wat ek van KNP gekry het met afskrifte wat aan verskeie persone by SANParke se hoofkantoor in Pretoria gestuur is.
Ref: KNP – 14/4/3/1 Attention: Len Loader 25th October 2022
Dear Len, Your email dated 17th October 2022 sent to our Custom Care, Head Office, has reference.
Once again let me start by apologizing for the experiences you had to endure, whilst visiting various camps in the Kruger National Park, especially as you indicated that you have been visiting the park for the past 53 years it really shows that you know your park and you love it. I also want to put on record that KNP Management takes all customer related feedback in a serious light and also thanking you for taking your time to share your experience with us.
Please allow me to express our appreciation for your feedback as it gives us the opportunity to rectify issues mentioned and enables us to improve our services delivery.
Generally poor working of washing and tumble machines in various camps.
You have mentioned washing and tumble machines at various camps are still out of order or not services and I want to put on record that your observation is true and I will not shy away form that fact. Honestly, we are facing severe maintenance and upgrade backlogs and challenges which has not been aided by the severe constraints placed upon us due to the decline in tourism numbers. Indeed, I will not try to come with an excuses for issues you raised but rather to ensure you that we are currently attending to them.
I further want to state that we are happy and grateful that the park has received over R370 million to address all the maintenance challenges including replacing old or redundant machines (washing and tumble driers) in most of our camps in the Kruger.
I must also state that we have been struggling to appoint service providers to assist in maintaining or replacing these machines but as mentioned we are beginning to realize some positive developments, as we are now waiting for deliveries for these machines.
I truly apologies for the sad observations as you indicated.
It is always our wish and conviction to ensure that guests have a memorable experience during their stay in the park; kindly allow us to make a firm commitment in ensuring that your future visits to the park are as enjoyable as they supposed to be.
Please do not allow this bad experience prevent you from coming to the park in future.
Kindest regards

Dankie Len vir jou skrywe aan Sanparks en vir die plasing van hulle terugvoering. Kom ons vertrou dat die dinge gaan gebeur.

Wasgoed moet gewas word.
Ek wonder nou net, as jou wa sy eie stort het en jy skaf nog jou eie Twin Tub aan vir die wasgoed - was se die bure dan van daai strome gryswater as jy nou nie naby 'n blom bedding staan nie?
Ek het so 10m x 50mm deursigtige plastiek pyp om die water weg te lei.
Lyk my soos by Letaba sal die ouens met "eie" gryswater maar 'n ent van die ander kampers die wa moet parkeer om onmin te verhoed.

Dankie Len vir jou skrywe aan Sanparks en vir die plasing van hulle terugvoering. Kom ons vertrou dat die dinge gaan gebeur.

Ek het ook my aanlyn (wat hulle versoek het) teruvoering gegee en die selfde punt genoem. ð¤
Stem saam met Chris.
Baie Dankie Len.
Oppad na die volgende kamp.
