Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22992 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18434 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6702 |
| BrianB | 5937 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3712 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1423 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1346 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 832 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 675 |
| Benkie | 606 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 566 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 462 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Grompie | 313 |
| Pontius | 312 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Ad Rem | 188 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
'n NUWE BEGIN
Daar is dit nou. Uiteindelik is die DENEL debakel asook Covid vir die Coetzee's agter die rug. Ek voel saam vir die kolegas wat nog daar werk maar die Denel ding vir hulle is nog lank nie verby nie.
Met die genade van Ons Hemelse Vader het ek ander werk gekry. Dit was kontrak werk maar met die instap slag is ek meegedeel dat dit verander is na 'n permanente pos met pensioen en medies. As daar enige iemand daar buite is wat twyfel dat God bestaan of selfs net 'n mate van bevestiging nodig het stuur hom/haar na my toe. Ek gaan nie 'n lesing gee of 'n preek afsteek nie. Ek gaan maar net vertel wat in die afgelope drie jaar met my en Lindy gebeur het. My leuse is "Sonder Jesus is ek niks". Dit is maar net in die drie jaar oor en oor bewys.
Dit is 'n tyd van onsekerheid en worry wat mens nie weer wil deur maak nie. Geen salaris of so min as net 10% daarvan laat mens wonder hoe gaan jy jou verpligtinge na kom as jou salaris die enigste bron van inkomste is.
As jy die HERE ken is alles moontlik. Wel ek dink ons het naby aan die HERE geleef.................... SHOE WAS EK VERKEERD.
Nie een keer in drie jaar het ek of Lindy in die aand honger gaan slaap nie. Elke aand warm kos ge eet, warm gebad en in 'n warm snoesebed aan die slaap geraak. (Met so bietjie rond rol is mos menslik). Dak oor ons kop, krag, water en nie eenkeer het 'n skuld eiser aan my deur kom klop nie. Of iets kom haal wat ek nie kon betaal nie. Ons is deur dit met slegs grys hare oor worry wat ons aan ons self gedoen het. Want as ons soos Heb 11:1 vir ons se om te glo sou ons nie geworry het nie (Om te GLO is om VERSEKER te wees van die dinge wat ons HOOP, OORTUIG te wees van die dinge wat ons nie sien nie)
In 2019 toe die DENEL debakel begin het en Covid in 2020 dit net erger gemaak het, was daar twee toekoms prentjies vir Leon en Lindy.
- Leon en Lindy se Prentjie. Dit het bestaan uit Huis skuld van R800 000, Mooi groot lanie karavaan, Ford ranger, Kamp tenminste 1 keer 'n maand, Vaste inkomste en sekuriteit. Laastens 'n droom om eendag ons land plat te kamp met aftrede. Die groot skuld op huis verband was maar altyd 'n "wonder hoe" maar ons het nie erg aandag gegee nie. Sal dit uitsort wanneer dit tyd kom.
- Ons Hemelse Vader se Prentjie. Na drie jaar sonder 'n inkomste, skuld minder as R90 000 op ons huis. Geen karavaan nie maar steeds 'n Vaste inkomste en sekuriteit. Het wel 'n splinter nuwe Tipper wat oor twee maande klaar betaal sal wees. Kan steeds gaan kamp, wel met tente. Net die droom van eendag toer met 'n karavaan wat daarmee heen is, maar ek glo as dit die Here se wil is sal dit ook nog kan gebeur. In Sy woord se HY "Ek net voorspoed vir jou nie teespoed nie net die goeie"
Ek dink julle sal saam stem dat die posisie waarin ons nou is (die HERE se toekoms prentjie) is baie beter na die drie jaar as die materialistiese prentjie wat ons gesien het. Die drie jaar van worry wil ek nie graag weer he nie. Maar as ons terug kyk is dit eintlik Amazing hoe die HERE met ons gewerk het, ons leiding gegee het en plain weg net bygestaan het.
ALLE EER AAN ONS HEMELSE VADER
Want niks was Leon en Lindy se toedoen dat ons in die goeie posisie is vandag nie. Ja en verseker het die 3 jaar ons terug gebring aarde toe. Ek het bv agter gekom dat 'n Mahindra Tipper netso goed karavaan kan sleep as 'n Ranger. Die verskil is helfte in prys met alles op wat kan oop en toe maak en boonop sal ek nog vir van dit by 'n Ranger, Toya of Navara ekstra moes by betaal.
Karavaa???????????????? Die sal maar eers moet wag.................. planne is in die kop om soos Ski my eie te bou.
Dit los ek ook in die Here se hande.
Ek sal later 'n foto of twee van die nuwe Curry Tipper plaas. Ons kyk nou net vorentoe want ons weet DIE HERE kyk agter ons.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Leon, dankie vir die deel van jou getuienis.
Ek glo dit sal baie mense moed gee wat dalk ook in so 'n situasie is.
Ek was 11 jaar terug nie in jou skoene, maar wel kaalvoet. (ek het alles verloor - uitgestap met die klere aan my bas, 2 tasse klere, 2 fietse, paar stuk tools - die kar en huis het die bank kom haal). Die huwelik was lank voor dit al op die rotse.
Soos jy se, soms dink ons dat ons naby die Here is. Maar is ons werklik? Ek het altyd volhard in my geloof, al was dit met tye moeilik en met tye nog steeds. Al wat ek kan se hou vas en weet dat daar net een ware God is, die een wat sy seun Jesus vir ons aan die kruis afgestaan het. Ons tyd hier op aarde is net tydelik. Eendag in die hemel gaan ons baie mooi karavane he.
Staan vas Leon. Geen preke nodig van my kant, jy ken jou verhouding met die Here. Amen.
Amen. Sterkte Leon.
Dankie vir deel Leon.
Het lank terug in n portugese winkel die bordjie gesien " No credit, in God alone I trust. The rest must pay cash."
Ons kan net vashou aan God, Hy is ons begin en einde. Seen wense vir jou en gesin vorentoe, jy weet wie jou Herder is. Ps 23.
AMEN EN NOGMAALS AMEN.
Leon, ek is baie en uiters bly vir julle as gesin.
Onse Here is GROOT, AMEN.
Amen Leon en sterke
Sterkte. ðŸ™
Pragtig Leon ek is so dankbaar vir jou en jou gesin. Julle Geloof het julle gered. Ek ken die storie. Ekself loop nou 2 jaar die kankerpad. Moes ook van my karavaan en Fortuner afstand doen. Daardie selfde GROOT MEESTER dra my dag na dag deur die diepe waters en hou my en Susan regop.
Sterkte ou vriend en laat ons SY naam verkondig vanaf die hoogste kranse.
Prys die Heer waar Hy soveel mense se hand 🤚 vashou en die mens weer die pad na Hom oopmaak. Baie bly vir jou julle twee sterkte met die pad vorentoe, dit is soos die voete spore in die sand jy het net 2 spore gesien en dit was nie joune nie maar die Heer wat julle gedra het.
Sterkte PietG mag die Heer julle ook van dag tot dag dra ðŸ™ðŸ½
Dankie vir die deel Leon. Ek dink jy (julle) het verstandige besluite geneem oor wat belangrik is om te behou (soos jul geloof en die huis) en waarvan julle kan afstand doen as minder belangrike items en waarsonder julle kan klaarkom. Ander mense dink nie so oopkop oor die sake nie.
Mag julle liefde vir kamp weer tot sy reg kom met tent of karavaan.
Groete
Sterkte Leon ðŸ™
Thanx vir al die beste wense. Ons waardeer dit opreg.
Piet en ander lede van die forum wat uitdaagings in jul lewe het. Ek ken jul nie persoonlik nie maar ek kan in 'n gebed julle opdra aan ons Hemelse Vader.
VERDER GLO EK VAS DIT IS IN SY HANDE
AMEN
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Sterkte Leon
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Die aanvaarde wysheid is dat 'n persoon genoeg reserwes moet hê om voorsiening te maak vir die moontlikheid dat hy dalk drie maande sonder inkomste sal wees. In ons land sal dit wyser wees om vir minstens twaalf maande voorsiening te maak en dit sal dalk ook nie eers voldoende wees nie, want jou kans om binne so 'n tyd 'n nuwe bron van inkomste te kry, is nie so goed nie. Maar nou is die realiteit dat baie mense noodwendig amper van die hand na die mond leef en net nie instaat is om enigiets vir 'n reëneriuge dag weg te sit nie. Dis erg! Die feit is dat ons ons lewensstyl bepaal volgens ons inkomste. As ons gewoond daaraan is om 10 duisend rand per maand te verdien- en baie mense verdien dit nie eers nie- dan oorleef ons daarmee met min om weg te sit. As dieselfde persoon nou 50 duisend rand per maand verdien, dan oorleef hy daarmee met steeds min om weg te sit. Die oplossing sou wees om ons lewensstandstandaard baie te verlaag en baie weg te sit, maar dis baie moeilik om afstand te doen van dit waaraan jy gewoond is. Daar is op een van die sosiale media op die oomblik 'n meningsopname oor hoeweel mense 'n tien duisend rand terugslag sal kan oorleef, en 'n ontstellende persentasie dui aan hulle sal nie kan nie. Die lewe is maar moeilik!
Dankie Leon - goeie getuienis.
Ek self is ook deur 'n (amper soortgelyke) situasie, maar met die genade en krag van BO, dit met welslae oorkom.
Sterkte!!
En so het die ons Hemelse Vader SY plan tot werking gebring.
Soos julle weet het ons reeds 'n ander wa gekoop en hom opgefix soos wat ons hom wil he. Die Liewe Vader se genade is baie groot ons moet net geduldig wees.
Vir die wat dalk deur 'n soortgelyke situasie gaan as wat ons deur is kan ek net se ...............
Glo soos die definisie van geloof staan in Heb 11:1 dan sal alles weer reg kom.
STERKTE DAAR BUITE ! ! ! ! ! ! !
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Leon, julle het darem nou al 'n keer of wat met die Exclusive gaan kamp. Hoe vind jy die sleep van die wa met jou Mahindra?
En van Mahindra gepraat, daar is 'n nuwe XUV700 op die mark wat puik lyk as sleepvoertuig. Dit het 'n 2liter dieselmasjien van 129Kw, 400 NM en is te kry met 4X4 of 2X4 met sluitewenaar. Dit lyk nogal ekonomies op brandstof. Dis 'n sewesitplek in die Everest klas, maar lyk dit my ietwat kleiner met indrukwekkende toerusting. Dit lyk of die bakwerk nou mooier as as die vorige geslag. Ek vertrou ook die Indiese voertuie meer as die Sjinese wat vir my ietwat "fly-by-nights"voel met elke week 'n nuwe naam of model op die mark, almal van regeringsfabrieke wat almal glo van die grootstes is.
En van Mahindra gepraat, daar is 'n nuwe XUV700 op die mark wat puik lyk as sleepvoertuig. Dit het 'n 2liter dieselmasjien van 129Kw, 400 NM en is te kry met 4X4 of 2X4 met sluitewenaar. Dit lyk nogal ekonomies op brandstof. Dis 'n sewesitplek in die Everest klas, maar lyk dit my ietwat kleiner met indrukwekkende toerusting. Dit lyk of die bakwerk nou mooier as as die vorige geslag. Ek vertrou ook die Indiese voertuie meer as die Sjinese wat vir my ietwat "fly-by-nights"voel met elke week 'n nuwe naam of model op die mark, almal van regeringsfabrieke wat almal glo van die grootstes is.
Dit wil voorkom of die Rooi kleur meer populer is as wat die vorige geslag, Wit meer populer was.
Ek het nou al 3x gesien en almal Rooi.
Die deur handvatsels is horisontaal en is gelyk met die bakwerk en nie sigbaar nie waar die vorige geslag se handvatsels vertikaal was.
En so het die ons Hemelse Vader SY plan tot werking gebring.
Soos julle weet het ons reeds 'n ander wa gekoop en hom opgefix soos wat ons hom wil he. Die Liewe Vader se genade is baie groot ons moet net geduldig wees.
Vir die wat dalk deur 'n soortgelyke situasie gaan as wat ons deur is kan ek net se ...............
Glo soos die definisie van geloof staan in Heb 11:1 dan sal alles weer reg kom.
STERKTE DAAR BUITE ! ! ! ! ! ! !
So werk alles met n plan....ons verstaan nie altyd die plan nie, maar vertrou dat dit ten goede is
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Leon, julle het darem nou al 'n keer of wat met die Exclusive gaan kamp. Hoe vind jy die sleep van die wa met jou Mahindra?
Hennie ons was verlede naweek vir die derde keer weg met die wa. Die wa het eerstens nog heelwat werk aan. Ek myself sukkel nog om die Exclusive se uitleg gewoond te raak en dan moet ek plan maak met die water tank en pype.
Die Mahindra sleep die Exclusive gemaklik met sleep spoed op 90-95km/h. Die Tipper werk nogal as ek die koppe by Henopsrivier vat met opdraandes.
Dis verseker nie die krag wat die ranger gehad het nie so ek pas gemaklik aan hoe meer ek die wa sleep.
Ons beplan om Merry Pebbles toe te gaan in Des. Daar van Waterval Boven af tot by Graskop sal ek sien hoe vorder die tipper met die berge.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
