Southern Africa's Leisure and Tourism Network
Register

Queensburgh Caravan Resort

1.9km from Queensburgh, KwaZulu-Natal, South Africa
30
Coastal CampsiteNature Reserve CampsiteRiverside CampsiteBackpackersCaravan siteMotorhome siteSelf cateringTent site
Queensburgh Caravan Resort Logo

Ratings & Reviews

30
Total Ratings: 30
30   
0
The following Resort Ratings are from individuals and do not
necessarily reflect the views of CaravanParks.com or its representatives.
14 February 2023 The Major - KwaZulu-Natal
Type of Resort: Family with children
28 January 2023 Relaxed Camper - Gauteng
Type of Resort: Family with children
Ek het al menigmale gelees van hierdie oord en goeie terugvoering ontvang. Ons het toe besluit om begin Januarie hier te gaan inloer. Was ons nou aangenaam verras toe ons by hierdie oord inry. Nooit gedink daar kan so n prag plekkie weggesteek wees in die buite wyke se woonbuurt van Durban nie.....en dit alles 15km vanaf Durban middestad! Vandat mens inry by sekuriteit voel mens al welkom en vergaap jouself aan die natuurprag. Die toegangs roete tot die oord is goeie teerpad, binne die oord tot jou staanplek is ook alles netjiese teerpad, so enige iemand kan met gemak met sy sleepkombinasie hier uitkom. Met aankoms ervaar jy al direk die rustige atmosfeer van die oord met die paragtige natuurskoon en die rivier wat deur die oord kabbel. Vir ontspanning is daar n kristal helder skoon swembad gewees, vir die kinders is daar n heerlike speelarea langs die rivier met klimrame, sandbakke, trampolines ensovoorts. As jy dors is kan jy lekker in hul kroeg of koffie tuin sit wat n mooi uitsig oor die rivier het. Daar is n goed toegeruste speelkamer vir die jongspan. Dis heerlik om net jou voete in die rivier se kabbelende water te sit en vergeet van alle daaglikse aktiwiteite. Wat mens gedurig opval van die oord, is die netheid daarvan. Van die staanplekke wat vol gras is en netjies gesny is met die pragtigste bome en tuine, netjiese swembad area, netjiese teetuin / bar, netjiese ontvangs.....alle fasilitiete word werklikwaar baie mooi onderhou. Dan nog nie eers te praat van die netjiese ablusie geriewe nie, dit was absoluut n plesier om te gebruik....heeltyd skoon en netjies. Die personeel is ook baie vriendelik en behulpsaam....dis vanaf sekuriteit, skoonmaak personeel, ontvangs, bestuur tot die eienaar. {Ons het met aankoms iets vergeet om te koop voor ons ingaan by die oord, die eienaar het toe aangebied om vir ons in die dorp te gaan koop aangesien hy reeds oppad soontoe was} Daar is n winkel op perseel wat basiese items verkoop, maar sou jy iets vergeet het, is winkels nie ver buite oord nie. Ek het gesien daar is paar kampeerders wat gebruik maak van Checkers60 se dienste wat dan die kruideniersware by jou staanplek aflewer.....lekker gerieflik! Die atmosfeer in die oord self was baie aangenaam en rustig....mede kampeerders was aangenaam en het almal net die rustigheid van die oord geniet. Staanplekke verskil van grootte en meeste was vol gras gewees.....vir ons was dit nie nodig om grondseil te gebruik nie, groen gras onder jou voete was heerlik. Elke staanplek het n kraan, asblik en kragpunt. Ek voel dat ons absoluut baie goeie waarde vir ons geld ontvang het as mens kyk na die netheid en fasiliteite van oord. Die oord het ook heelwat chalets wat hulle uitverhuur.....sommige staan by kampeer area en ander weer by rivier af. Daar is ook heelwat permanente inwoners op oord wat in huisies bly....alles vreelik netjies versorg en netjies. Die netheid is soos reeds genoem oral in oord sigbaar. Omdat die oord so naby aan Durban middestad is, is daar heelwat te doen in omgewing soos besoek aan Ushaka, hawe, stadion ensovoorts. Omdat ons hier net vir n kort tyd was, het ons net binne oord gebly en rustigheid daar geniet. Ons het deurgaans veilig gevoel....twyfel of iemand oor daai kranse sal kan klim en by hek het hul 24uur wag wat jou nie sommer inlaat alvorens aankoms nie met ontvangs bevestig is nie. Vir kleiner groepe is daar n lekker braai met afdak wat uitkyk oor rivier of kan ook lekker saam braai by swembad area. Ons sal in die toekoms definitief weer ons tentpenne hier wil kom inslaan, maar sal dan n paar dae langer wil bly. Ek sou egter nie hierdie oord gebruik as alternatief vir n kus oord nie aangesien dit daagliks n ent se ry is om by n swemstrand uit te kom. Ek sou voorstel dat as jul die plek wil besoek en see toe wil kom, bespreek hier paar dae en beweeg dan verder na jul kus oord.....hierdie oord is nie ver en maklik bereikbaar vanaf die N3 hoofweg. Ek kan hierdie oord met geruste hart aan mede kampeerders aanbeveel en glo hul sal hul tyd daar net soos ons baie geniet.
05 February 2021 Humphreys - Gauteng
Type of Resort: Family with children
A pristine and well run resort. A hidden gem in the suburb of Queensburgh, situated in the Umbilo river gorge. Once inside the resort you feel a connection to nature immediately but every amenity and convenience is only a few minutes' drive away and Durban beachfront a mere 12 km. Ablutions are modern and spotless and the atmosphere is relaxed and friendly. Definitely worth it.
09 May 2019 shandy - Gauteng
18 March 2018 Mobass - Western Cape
Extremely well laid out and spacious. Brilliant facilities.
More Comments