Suider-Afrika se Ontspanning en Toerisme Netwerk
Sorteer
Filter
Sorteer volgens
Sorteer
Filter volgens
Kampplek Akkommodasie
Kampplek Tipe
Kampplek Fasiliteite
Filter

Zimbabwe Kampplekke

Van die groot Zimbabwe Ruïnes tot die imposante Victoriavalle en die Karibameer, het Zimbabwe talle natuurlike wonders, massas wild en 'n unieke kultuurgeskiedenis wat honderde jare terug dateer. 'n Pragtige deel van Afrika met ongelooflike karavaanparke en kampeerterreine, wild en ongerepte naturre, waar avontuur om elke draai wag.
Nuutste Oord Gradering
Victoriavalle Ruskamp
Matabeleland-Noord, Victoria Falls
2
Aantal Evaluering: 2
2   
0
Voltooi: 04 Sep 2013
Tipe Oord:
Familie met kinders: 0
Partytjies en Jong Klomp: 0
Stil en rustig sonder kinders: 0
Hwange National Park Campsite
Matabeleland-Noord, Hwange National Park
2
Aantal Evaluering: 2
1   
1
Voltooi: 04 Sep 2013
Tipe Oord:
Familie met kinders: 0
Partytjies en Jong Klomp: 0
Stil en rustig sonder kinders: 0
Antelope Park
Middellande, Gweru
2
Aantal Evaluering: 2
2   
0
Voltooi: 07 Jun 2013
Tipe Oord:
Familie met kinders: 0
Partytjies en Jong Klomp: 0
Stil en rustig sonder kinders: 0

'n Unieke land, ryk in geskiedenis, kultuur, wildlewe en natuurlike prag; Zimbabwe is 'n avontuur paradys. Die Groot Zimbabwe Ruïnes is 'n geskiedkundige testament van inwoners wat duisende jare terug dateer. Zimbabwe het van die mees unieke Nasionale Parke is Suidelike Afrika, hiedie parke sluit in die Zambesi Nasionale Park, wat ook die tuiste van die Victoriavalle is, sowel as die Kariba Meer Ontspanningspark wat vollop wild is, die wild kan ook vanaf 'n boot op die rivier besigtig word.

Die stad Harare is 'n besige stad, parke en tuine kom reg deur die stad voor. Hierdie parke en tuine word deur plaaslike kunstenare gebruik om hul kunswerke en beelde te vertoon. Besoekers kan rustig in die parke en tuine verkeer, en jy kan selfs na 'n plaaslike vertoning kyk. Die inwoners van Zimbabwe is vriendelik met 'n diverse kultuur en hul verwelkom besoekers hartlik. Zimbabwe is 'n pragtige deel van Afrika, wild en ongerep met avontuur wat om elke hoekie en draaitjie vir jou wag.

Zimbabwe Aanloklikhede

Suidelike Streek
Die Groot Zimbabwe Ruïnes Nasionale Monument, Matirikwi Meer, Kyle Ontspanningspark, Mushadike Toevlugsoord, Gonarezhou Nasionale Park.

Oostelike Streek
Nyanga Nasionale Park, Chimanimani Nasionale Park, Gunconyaya Woud, Harleigh Plaas Ruïnes, Rusape Meer, Mt Selinda, Big Tree Roete.

Sentrale Streek
Nalatale Ruins, Kwekwe Gold Mining Museum, Danamombe Ruins, Chizarira Nasionale Park, Matusadona Nasionale Park, Chete Safari Area, Antelope Park, Sebakwe Ontspanningspark, Ngezi Ontspanningspark.

Westelike Streek
Khami Ruïnes, Hillside Damme, Ou Bulawayo, Silozwane Grotte, Hwange Nasionale Park, VictoriaValle, Zambesi Natuurbewaringsgebied en Krokodilplaas.

Noordelike Streek
Domboshava Rotstekeninge, Leeu- en Jagluiperd Park, Chivero Meer Wildpark, Tengenenge Beelde, Mana Pools Nasionale Park, Kariba Meer, Chinhoyi Grotte Ontspanningspark, Gosho Park, Tsindi Ruïnes, Mukuyu Kelders.

Reis Informasie

Toegangsvereistes:
Besoekers benodig 'n 90-dae vakansie visa of 'n 30-dae besigheids visa, beide kan verkry word wanneer jy arriveer. Kontak jou naaste reisagentskap of ambassade om te bevestig of jy 'n visa vir Zimbabwe benodig.

Geldeenheid: 
Die Zimbabwe Dollar is die plaaslike geldeenheid, slegs 'n sekere aantal toerisme ondernemings aanvaar Visa, MasterCard, American Express, Diners Club en kredietkaarte.

Wat om te bring: 
In die somer het jy ligte katoenklere en 'n ligte trui vir die koel aande nodig. In die winter kan jy warm klere en 'n trui of 'n baadjie vir die kouer oggende en aande inpak. Hoede, sonbrille, insek-afweermiddel is noodsaaklik. Moet nie jou reënjas vir die reënseisoen vergeet  nie.