Wes-Kaap Kampplekke
Wes-Kaap Kampplekke Soekresultate
Daar is baie min gebiede in die land, wat soos die Wes-Kaap, kan spog met diverse natuurlike gebiede en natuurskoon. Die Tuinroete volg die Indiese Oseaan aan die Oos-Kaap kuslyn, geleë tussen die Outeniekwa- en die Tstitsikamma bergreekse, in die binneland. Die Tuinroete het gemiddelde temperature, met ongerepte goue strande, pragtige strandmere en riviermondings en spog met meer as 250 voëlspesies.
Die Tuinroete strek vanaf die kusplato tot teen die voet van die berge, deur 'n stil wêreld van hoë, oeroue woude en diep klowe, waar helder bergstrome terug na die see lei.
Geniet 'n sprokiesagtige stoomtrein rit deur die Meer omgewing op die Outeniekwa Choo-Tjoe! Verken die dieptes van die oeroue woude, waar die laaste van die Knysna Olifante hul geheimsinnige lewens deurbring, of reis tot die piek van die Knysna Heads vir 'n skouspelagtige uitkyk oor land en see!
Die Kaapse Skiereiland, met Kaapstad en die Wynroete, is een van Suid-Afrika se top toeriste bestemmings met 'n oorvloed van ongelooflike aanloklikhede. Tafelberg en die kabelkarretjies is 'n bekende ikoon, dit is wêreldwyd beroemd vir sy majestieuse omgewing.
Die hele Tafelberg is 'n natuurreservaat, daar is talle wandelpaaie en staproetes teen die hange van die berg. Oor die jare het besoekers hulself verkyk, nie net aan die natuurlike prag van die skiereiland nie, maar ook aan die diverse kultuur van die Moederstad.