Suider-Afrika se Ontspanning en Toerisme Netwerk
Sorteer
Filter
Sorteer volgens
Sorteer
Filter volgens
Kampplek Akkommodasie
Kampplek Tipe
Kampplek Fasiliteite
Filter

Mpumalanga Kampplekke

Die Toegangspoort tot die Kruger Nasionale Park, met ouwêreldse dorpies soos Pelgrimsrus en Baberton, die natuurlike wonders van die Blyderivier Canyon en die 20 000 flaminke wat by Chrissismeer vergader. Kom kuier in hierdie skilderagtige provinsie en vertoef in een van die pragtige karavaanparke en kampeerterreine.
Nuutste Oord Gradering
De Voetpadkloof
Mpumalanga, Middelburg
68
Aantal Evaluering: 68
63   
5
Voltooi: 04 Okt 2024
Tipe Oord:
Familie met kinders: 10
Partytjies en Jong Klomp: 0
Stil en rustig sonder kinders: 2
Henk van Rooyen Vakansieoord
Mpumalanga, Komatipoort
7
Aantal Evaluering: 7
6   
1
Voltooi: 15 Sep 2024
Tipe Oord:
Familie met kinders: 1
Partytjies en Jong Klomp: 0
Stil en rustig sonder kinders: 1
Numbi Karavaan Park
Mpumalanga, Hazyview
9
Aantal Evaluering: 9
9   
0
Voltooi: 12 Aug 2024
Tipe Oord:
Familie met kinders: 2
Partytjies en Jong Klomp: 0
Stil en rustig sonder kinders: 0
Kruger Nasionale Park, Malelane Kamp - SanParks
Mpumalanga, Malelane
8
Aantal Evaluering: 8
5   
3
Voltooi: 21 Jul 2024
Tipe Oord:
Familie met kinders: 0
Partytjies en Jong Klomp: 0
Stil en rustig sonder kinders: 2
Kruger Nasionale Park, Satara Kamp - SanParks
Mpumalanga, Satara
51
Aantal Evaluering: 51
48   
3
Voltooi: 01 Jul 2024
Tipe Oord:
Familie met kinders: 6
Partytjies en Jong Klomp: 1
Stil en rustig sonder kinders: 6

 Caravan And Camping ,Mpumalanga Falls,South Africa

Die Mpumalanga platorand, in die omgewing van die Blyderivier Canyon, is 'n betowerende wêreld met hoë kranse en die koel mis, wat deur die waterval met kristalhelder water, gevorm word. 'n Asemrowende panoramiese uitsig oor die kragtige bergklowe en natuurreservate met pragtige damme en 'n oorvloed voëllewe, steenbokkies, koedoes, bobbejane en Samango apies, wat die woude bewoon.

Daar is baie populêre staproetes in die area, elk met sy eie unieke sjarme en karakter. Die rustige groen kap van dennebome en inheemse woude én die oeroue boomvarings weerspieël sy eie sjarme en kenmerkende eienskappe aan die besoeker.

Mpumalanga bied aan toeriste 'n wye verskeidenheid aktiwiteite aan, vanaf wildbesigting en voëlkyk tot skilderagtige ritte en onvergeetlike kultuur ervaringe. Vir die avontuurlustiges is daar die rustige groen kap van denne en inheemse woude en die eeue-oue boomvarings weerspieël sy eie sjarme en kenmerkende eienskappe. soos staproetes, bergfiets roetes, perdry en visvang.

Mpumalanga grens aan die wêreld bekende Kruger Nasionale Park en is bekend vir sy diversiteit en oorvloed wilde diere. Die Kruger Nasionale Park is meer as net 'n park om leeus, olifante en 'n verskeidenheid ander diere te sien, die pragtige landskap en unieke wildernis maak dit een van die min areas in Suidelike Afrika waar die Hart van Afrika steeds klop.

Beide Mpumalanga en die Kruger Nasionale Park bid eersteklas oorde aan wat ideaal geleë is vir 'n ongelooflike ontmoeting met die natuur. Verken die valleie van goud, geheimsinnige grotte, sjarmante en historiese stede en dorpies, skouspelagtige watervalle of swem in die kristal helder strome of riviere.

SataraNelspruit