Suid-Afrika Kampplekke
Suid-Afrika Kampplekke Soekresultate




Woonwatoerisme en kampeer in Suid-Afrika is en sal altyd die ideale manier wees om te ontspan en weg te breek van alles. Of jy nou om die kampvuur kuier en 'n welverdiende wegbreek geniet, of na verskeie plekke toer, is jy daarvan verseker dat jy ons pragtige land en sy mense eersehands sal ervaar.
Die Suid-Afrikaanse landskap wissel: van die wye oop ruimtes van die Karoo en die warm, droë, ongenaakbare Kalahari-woestyn tot by die digte ongerepte woude van die Wildekus en die oneindige kuslyn van ons land; van die majestueuse Drakensberge in KwaZulu-Natal tot die kleurryke bommetapyt van Namakwaland in die Noord-Kaap.
Indien die natuur, wildlewe en voëlkyk jou passie is, dan het jy 'n wye keuse. 'n Groot aantal privaat wild- en natuurreservte, voëlreservate, sowel as 21 nasionale parke is deur die land versprei. Dit sluit die Kruger Nasionale Park, wat bekend is vir die opwindende wildbesigtiging; en dieKgalagadi Oorgrens Park in. Laasgenoemde is 'n projek tussen die Kalahari Gemsbok Nasionale Park in Suid-Afrika en die Gemsbok Nasionale Park in Botswana. Dit is heel waarskylik die gesogste plek in Suid-Afrika vir entoesiastiese voëlkykers, veral dié met 'n besondere belangstelling in roofvoëls.
Woonwatoerisme en kampeer in Suid-Afrika is deel van ons geskiedenis. Reeds van Voortrekker tye af het Suid-Afrikaners hul besittings in woonwaens gepak en deur die land gereis. Vir sommige van ons is dit 'n vakansie, vir ander is dit 'n lewenswyse. Nie net is dit die best manier om die land te sien nie, maar is dit ook die goedkoopste wyse om die hele gesin vir 'n heerlike lang vakansie te neem.
Daar is meer as 1300 woonwa- en kampeeroorde in Suider-Afrika. Sommige verskaf slegs basiese 'terug na die natuur' fasiliteite, terwyl ander oorde 5 ster geriewe bied. Suid-Afrika bied iets vir almal, ongeag jou voorkeure, en jy sal jou volgend vakansie al begin beplan nog voordat jy die kampeerplek verlaat het.