Suider-Afrika se Ontspanning en Toerisme Netwerk
Sorteer
Filter
Sorteer volgens
Sorteer
Filter volgens
Kampplek Akkommodasie
Kampplek Tipe
Kampplek Fasiliteite
Filter

Mosambiek Kampplekke

Met kilometers tropiese strande omring met palmbome en kristalhelder water, is Mosambiek 'n ware paradys. Ongelooflike strandoorde, karavaanparke en kampeerterreine; en aktiwiteite soos snorkel-, skubaduik, diepsee visvang, 4x4 roetes en staproetes, is Mosambiek beslis 'n eersteklas touristebestemming.
Vind Mosambiek Kampplekke deur Provinsie
Nuutste Oord Gradering
Paindane Strandoord
Inhambane, Inhambane
1
Aantal Evaluering: 1
1   
0
Voltooi: 15 Jan 2024
Tipe Oord:
Familie met kinders: 1
Partytjies en Jong Klomp: 0
Stil en rustig sonder kinders: 0
Malongane Strand oord
Maputo, Ponta do Ouro
3
Aantal Evaluering: 3
1   
2
Voltooi: 23 Mei 2020
Tipe Oord:
Familie met kinders: 0
Partytjies en Jong Klomp: 0
Stil en rustig sonder kinders: 1
Wakene Beach Estate
Maputo, Ponta do Ouro
1
Aantal Evaluering: 1
1   
0
Voltooi: 08 Jan 2020
Tipe Oord:
Familie met kinders: 1
Partytjies en Jong Klomp: 0
Stil en rustig sonder kinders: 0
Ponta Luukse Staanplekke
Maputo, Ponta do Ouro
1
Aantal Evaluering: 1
1   
0
Voltooi: 28 Okt 2019
Tipe Oord:
Familie met kinders: 1
Partytjies en Jong Klomp: 0
Stil en rustig sonder kinders: 0
Gorongosa Nasionale Park
Sofala, Gorongosa National Park
1
Aantal Evaluering: 1
1   
0
Voltooi: 15 Jul 2018
Tipe Oord:
Familie met kinders: 0
Partytjies en Jong Klomp: 0
Stil en rustig sonder kinders: 0

Die Wêrelderfenisgebied van die eiland Mosambiek en sy versterkte stad, 'n eertydse Portugese handelspos op die roete na Indië, het 'n besondere argitektonuiese eeneid as gevolg van die ooreenstemmende gebruik van dieselfde bou-metodes, materiaal en dekoratiewe tegnieke.

Nasionale Parke in Mosambiek sluit in Quirimbas, Gorongoza, Zinale, Bazaruto, Limpopo en die Banhine Nasionale Parke, swel as die Nasionale Reservate van Niassa, Gili, Marromeu, Chimanimani, Pomene en Maputo. Hierdie natuurlike parke en reservate bied 'n veilige hawe aan 'n groot verskeidenheid wildlewe, seelewe, voëls en broos ekosisteme, sowel as aktiwiteite wat wildbesigtiging, voëlkyk, 4x4 roetes, visvang en wandelpaaie insluit.

Mosambiek Aanloklikhede

Plekke om te snorkel word feitlik op elke strand gevind en daar is daaglikse ritte na die verskeie rotsbanke en duikplekke vir snorkel en skubaduik.

Die strande met hul tropiese palms bied son deurdrekte dae van swem, branderplankry, snorkel, visvang en die genot van die warm Indiese Oseaan.

Van Julie tot September is 'n bootrit om na dolfyne en walvisse te kyk, 'n moet.

Dit wil voorkom asof seekos die stapelvoedsel van die toeris is; vars garnale, vis, calamari, mossels en kreef kan van die plaaslike vissermanne gekoop word.

Markte wat alles van vrugte, groente en vars brood tot wyn, klere en kurio's verkoop, is op feitlik elke straathoek te vinde en die meeste verkopers is bereid om ruilhandel te dryf.

Mosambiek Reis Informasie

Toegangsvereistes
Alle besoekers wat Mosambiek besoek moet 'n geldige paspoort hê wat geldig is vir minstens 6 maande. Visas is 'n vereiste vir sekere lande. Kontak jou naaste reisagentskap of ambassade vir die nuutste inligting.

Geldeenheid
Mosambiek se geldeenheid is die Metical.  Visa, MasterCard, American Express, Diners Club en kredietkaarte word by die meeste plekke aanvaar.

Wat om te bring
In die somer het jy ligte katoenklere en 'n ligte trui vir die koel aande nodig. In die winter kan jy warm klere en 'n trui of 'n baadjie vir die kouer oggende en aande inpak. Gemaklike stapskoene en sandale/plakkies. Hoede, sonbrille, insek-afweermiddel, sonskerm, lipbeskermer, water suiwerings tablette en 'n basiese noodhulp tassie. Mediese voorsorgmaatreëls teen Malaria moet getref word.