Lesotho Kampplekke
Lesotho Kampplekke Soekresultate
Lesotho word omring deur die Drakensberge, in die ooste, en die Maluti Berge, wat die res van die land domineer. Die grootste deel van Lesotho is 1000m bo seevlak geleë en die vriendelike inwonders het hierdie ruwe land, hul tuiste gemaak. Die Basoetoe volk het 'n ryk kultuur en kan in amper elke dorpie aangetref word, met hul kunswerk markte en produk stalletjies met vars vruge, groente, daaglikse benodighede en kurio's.
Die berge bied aan 4x4 entoesiaste honderde opwindende roetes deur die landskap aan. Stap is een van die populêrste aktiwiteite in Lesotho. Wandelpaaie oorkruis die landskap en bied aan stappers 'n ononderbroke uitsig oor die landskap. Die hoogste piek is Thabana Ntlenyana, teen 3482m hoog, is dit die hoogste piek in Suidelike Afrika en gretige bergklimmers kan met opgewondenheid hierdie majestueuse piek uitklim.
Daar is geen heinings in Lesotho teenwoordig nie, en wild het die vryheid om rond to dwaal soos hulle wil. Die mees algemeenste wild is rooiribbokke, grys ribbokke, elande, bobbejane, jakkalse, meerkatte en muishonde. Lesotho is beslis die bestemming waar jy van al jou sorges kan vergeet, die vars lug kan inasem en die vryheid van die omgewing kan ervaar saam met die vriendelike inwoners en hul kultuur.
Toegangsvereistes
Alle besoekers wat Lesotho besoek moet 'n geldige paspoort hê wat geldig is vir minstens 6 maande. Visas is 'n vereiste vir sekere lande. Kontak jou naaste reisagentskap of ambassade vir die nuutste inligting.
Geldeenheid
Lesotho se geldeenheid is die Loti. Visa, MasterCard, American Express, Diners Club en kredietkaarte word by die meeste plekke aanvaar.
Wat om te bring
In die somer het jy ligte katoenklere en 'n ligte trui vir die koel aande nodig. In die winter kan jy warm klere en 'n trui of 'n baadjie vir die kouer oggende en aande inpak. Gemaklike stapskoene en sandale/plakkies. Hoede, sonbrille, insek-afweermiddel, sonskerm, lipbeskermer, water suiwerings tablette en 'n basiese noodhulp tassie.