Eswatini Kampplekke
Eswatini Kampplekke Soekresultate


Hierdie klein land is gekoester tussen Suid-Afrika en Mosambiek. Met sy skouspelagtige berge, welige woude, wildlewe, voëls en fantastiese wildreservate, maak die Koningkryk van Eswatini - Swaziland 'n baie interessante land. Die ryk kultuur van die Eswatini - Swaziland inwoners en hul gasvryheid, laat besoekers ontspan en tuis voel. Toer na die Swazi Kultuurdorp en ervaar eerstehands die Swazi leefstyl, hul allerdaagse take, rituele, danse, musiek, volkverhale, tradisionele medisyne, kuns en kunswerke.
Eswatini - Swaziland is perfek vir 4x4 entoesiaste, stapers, voetslaners en perdryers. Daar is baie wandelpaaie wat na pragtige, versteekte gebiede in die berge en binneland lei. Ander avontuur aktiwiteite sluit in gholf, abseiling en riviervaart. By die "Cuddle Puddle" in die Ezulwini Vallei kan jy rustig 'n 'n poel onstpan. Hierdie poele is gevul met alkaliese natriumkarbonaat water, so vergeet van jou sorges, of bederf jouself by die Swazi Spa.
Algeheel, is dit 'n fasinerende land met interessante mense en pragtige landskappe. Wildreservate is volop wild, voëls en interessante insekte. Wanneer jy deur Suidelike Afrika toer, of dit per motor, 4x4, safari toere of motorwoonwaens is, is Eswatini - Swaziland besis 'n moet!
Toegangsvereistes
Alle besoekers wat eSwatini besoek moet 'n geldige paspoort hê wat geldig is vir minstens 6 maande. Visas is 'n vereiste vir sekere lande. Kontak jou naaste reisagentskap of ambassade vir die nuutste inligting.
Geldeenheid
eSwatini se geldeenheid is die Lilangeni. Visa, MasterCard, American Express, Diners Club en kredietkaarte word by die meeste plekke aanvaar.
Wat om te bring
In die somer het jy ligte katoenklere en 'n ligte trui vir die koel aande nodig. In die winter kan jy warm klere en 'n trui of 'n baadjie vir die kouer oggende en aande inpak. Gemaklike stapskoene en sandale/plakkies. Hoede, sonbrille, insek-afweermiddel, sonskerm, lipbeskermer, water suiwerings tablette en 'n basiese noodhulp tassie. Mediese voorsorgmaatreëls teen Malaria moet getref word.