
L7 - Van Stadens Resort

Oppi Dam - Oudtshoorn, Wes-Kaap
Kamp & Leef Gekose Oord
Oppi Dam is ´n privaat Oord wat 15km uit Oudtshoorn geleë is, op die pad na die wêreld bekende Kango Grotte. Oppi Dam lê knus aan die voet van die majestieuse Swartberge, op ´n plaas. Oppi Dam is ideaal geleë vir daguitstappies na verskeie dorpe rondom Oudtshoorn waarvan “Die Hel” en die Swartberg Sirkel Roete baie gewild is. Oppi Dam beskik oor 26 kampplekke, elkeen met sy eie ablusie geriewe, groen grasperke, kragpunte, braai met rooster, kombuis area en tafel met 2 bankies. Visvang (catch and release) word toegelaat by die privaat dam. Daar is ook ´n Algemene Handelaar en ´n Kwekery op die perseel.
Suider-Afrika se Mees Geliefde Kampeer Gids.
Kry vandag jou kopie by CaravanParks.com!
https://www.caravanparks.com/356.Jaarlikse_Publikasie.htm
Nou Beskikbaar as 'n Gratis pdf.