
Booking Specials - Camping

Laager 20 Jan 2020
Beste Laager 20 lede en vriende
Mag dit vir ons almal ’n mooi geseënde jaar wees.
Dankie, vir Juan en Salome vir die piekniek wat op die plaas gehou was. Die piekniek is deur die van Niekerk’s, Gerbers, Jansen van Vuurens en Rautenbach’s bygewoon. Die ander lede het almal skool verpligtinge gehad. Die kinders het hulle gate uit geniet. Die spyker slanery was ’n ander storie, soos julle op die video’s op die groep gesien het, was dit groot pret. Juan reël asb. vir ons ’n rondte spykers wanneer julle die marshals is, sodat die res van die lede kan saam spyker.
Die Quenna fees by die Gariep dam word nie meer aangebied nie. Die fees het nou verander na die “Camp Like a Duke” fees en die formaat het ook verander, die datum van die nuwe fees is nog nie bekend nie. Hannes en Marilee is die marshals hou die WhatsApp Group dop vir meer inligting.
Volgende Uitspan!
Datum ? Februarie 2020
Gariep Dam
“Marshals” – Hannes en Marilee
Koste, sal later deur gegee word.
Belangrike datums vir hierdie tyd van die jaar.
Verjaarsdae:
Wihan – 28 Februarie
Huweliksherdenkings:
Wynand en Lizette – 1 Februarie
Hannes en Marilee – 4 Februarie
Tot die volgende kamp, pas julself op.
Trekkers Groete
Neels van Niekerk