Jou Ideale Bosveld toevlug
Tava Lingwe Game Lodge is net 35km buite Parys geleë, en dis hier waar jou siel weer sal herlaai!
Met ons verskeie sakpas akkommodasie opsies is daar iets vir elkeen se smaak:
- Groot karavaanstaanplekke
- Gerieflike selfsorg chalets (2-, 4- & 6-slaap)
- Voëltjie Kamp vir groepe (5x 2-slaap huisies)
- Luukse romantiese-suite vir paartjies
- Lieflike "glamp-ing" tente
Ons akkommodasie geriewe sluit reeds die gebruik van meeste ons geriewe in. Al waarvoor jy ekstra hoef te betaal is 'n ete by ons restaurant, as jy iets koop by ons kafee, of as jy op ons wildsritte & leeutoere wil gaan.
'n Paar goed waarna jy kan uitsien terwyl jy kuier by Tava Lingwe:
- koue swembad, warm swembad & kinder swembad!
- 'n rondte putt-putt
- volleyball
- reuse skaak
- staproetes met asemrowende uitsigte
- snoeker & veerpyltjies
- ons leeus se gebrul as jou agtergrond-musiek terwyl jy braai
- wildsritte en leeutoere
- heerlike geregte by ons restaurant
- ons het natuurlik ook 'n lekker speel-area vir die kortbeentjies!
Ons besprekings vir die somer begin nou vinnig vol raak, so jy sal moet gou spring om plek te kry! Kom ontspan met ons rustige bosveld-atmosfeer, vriendelike personeel, netjiese terrein en veilige perseel.