How to create a news, specials and events articles on NBS

Double Trouble - Drie Berge karavaan park

Category: Resort Competitions | Author: Casper Page |  Date posted:  | Impressions: 9597   1804

Ons het laasjaar Desember by "DrieBerge" gaan kamp vir'n paar dae en dit was 'n wonderlike paar dae gewees. Die rustigheid laat jou voel jy is in die paradys met die rivier wat langs joiu kamp plek verby vloei, dit klink asof jy langs die see staan soos die water se gakabbel al die tyd jou gees voed. Die natuur is uitsonderlik mooi met 'n paar kort staproetes om te doen. As jy van bo die berg afkyk na die kamp kan jy skaars die karavane sien wat onder die groot koelte bome staan. Die voël lewe is uitsonderlik met 'n nessie met kleintjies sommer daar in die kamp wat pragtig was om te sien.

Die hele kamp met ablusie is baie netjies en word goed gediens die hele tyd en die kantoor personeel is verskriklk vriendelik en behulpsaam. Die kamp plekke is ruim met gras en na aan die ablusie blokke.

As jy lus is vir uitsonderlike rustigheid is "Drie berge" die plek vir jou waar jou siel weer 'n bietjie "Red bull" kan kry.

 

Cassie Page

Casper Page

Latest News

Download your FREE digital Camp and Live Guide or Kamp en Leef Gids here!
close [X]