How to create a news, specials and events articles on NBS

Beste ATKV-lid en -oordbesoeker

Category: Resort News | Author: ATKV Head Office |  Date posted:  | Impressions: 23900   691

Maak van 2020 ‘n suksesvolle én rustige jaar

Beste ATKV-lid en -oordbesoeker

Wanneer jy die gewoel van die stadslewe aan jou lyf begin voel, en smag na ‘n stadiger en rustiger pas, is daar min plekke wat meer sielerus gaan bied as Negester se beveiligde leefstyl-landgoedere vir vyftig-plussers, met die ATKV as ‘n ontwikkelingsvennoot. As jy wil afskaal en kom nesskop in die Bosveld, óf ‘n gerieflike huis tussen berg en see wil besit, bied een van ons twee leefstyl-landgoedere - Negester Klein-Kariba of Negester Onrusrivier – die ideale voltitel-eiendom vir jou. Watter beter beloning is daar na ‘n lewe vol sperdatums en vergaderings? Híér kan jy rustig in ‘n pragtige omgewing ontspan met familie en vriende wat regdeur die jaar wil kom kuier. Neem die eerste tree om hierdie droom te verwesenlik en kom loer die vakansie by ons in.

Negester Klein-Kariba – die Bosveld op sy beste!

Geleë in die Waterberge, naby Bela-Bela, bied Negester Klein-Kariba argiteksontwerpte kontemporêre styl plaashuise met pragvistas en topklasgeriewe. Dít maak hierdie landgoed een van die mees gesogte vyftigplusser-bestemmings in die Limpopo-provinsie. By Negester Klein-Kariba kan inwoners en besoekers uitsien na ’n regte-egte Bosveld-ervaring met ‘n moderne klubhuis, jukskei- en tennisbane, ‘n mini-gholfbaan, sowel as ‘n swembad, bôma en wandelpaaie op die koop toe. Die leefstyl-landgoed is spesifiek ontwerp om jou te laat ontspan en weer na aan die natuur te laat voel.

Beskikbaarheid

Voltitel-erwe wissel van 250 m2 tot 728 m2 met pryse wat by ‘n bekostigbare R368 325 vir ‘n A-erf begin. Jy kan ook uit 17 huisplanne kies, en groottes wissel van ± 104 m2 tot 247 m2. Erfpryse sluit goedgekeurde huisplanne, argiteksfooie en oordragskoste in.

Tot op hede is reeds 235 eiendomme verkoop en 145 huise voltooi. Jy het dus steeds die geleentheid om jou beste jare in ‘n prag-omgewing deur te bring. Kontak ons sommer vandag om hierdie unieke aanbiedinge te kan benut.

Ons eiendomsagente:

Hansie Boshoff | 082 419 4642 | (hansie@boshoffeiendomme.co.za)
Carin Boshoff | 071 612 9129 | (carin@boshoffeiendomme.co.za)

Negester Onrusrivier – jóú huisie by die see

Die Wes-Kaap se natuurskoon is sonder weerga, soos byvoorbeeld die Overbergstreek en omliggende gebiede. Die ongelooflike berguitsigte, die wingerde van die beeldskone Hemel-en-Aarde-vallei en pragtige strande verryk daagliks die lewens van inwoners en besoekers aan Negester Onrusrivier. Geleë net om die draai van Hermanus, bied ons leefstyl-landgoed maklike toegang tot die beste in gesondheidsorg, inkopiesentrums en ontspanningsgeriewe. Die erwe se pryse begin by R995 000 en skouhuise by R3.3 miljoen. Kontak gerus ons eiendomsagente: Basie Oelofsen | 083 259 7597 | (basie@aidaonrus.co.za) Elmar van Tonder | 081 534 5604 | (elmar.van@seeff.com)

Belê in gemoedsrus

As jy nou op soek is na jou eie blyplekkie, met gemoedsrusgewende tuisversorgingsdienste, sorgsentrums en verswaktesorgeenhede, by Negester sal jy gekoester en tuis voel. Ons sien daarna uit om jou by die Negester-familie te verwelkom.

Moenie huiwer om een van ons eiendomsagente vandag nog te kontak nie. Ons help graag om nie nét jou 2020 nie, maar ook al die jare daarna so suksesvol en rustig as moontlik te maak.

Negester-groete

Dawid Malherbe

ATKV Head Office
If you are interested in this please use this enquiry form powered by CaravanParks.com.

You must have javascript and cookies enabled to use this form






If you can see the following field please leave it blank
Send me a copy of this email

Latest News

Download your FREE digital Camp and Live Guide or Kamp en Leef Gids here!
close [X]
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za