How to create a news, specials and events articles on NBS

ATKV-Natalia

Category: Resort News | Author: ATKV Natalia Beach Resort |  Date posted:  | Impressions: 12517   87

ATKV-Natalia

Februarie is die groot liefdesmaand … En ons weet dat almal graag ’n paar liefdesbederfies sal verwelkom.

Maak elke dag ’n spesiale Valentynsdag by ATKV-Natalia deur jou Valentynsvieringe so bietjie uit te rek.

Huisvesting of kampering

Bespreek ’n 6-bedwoonstel of kampeerstaanplek tussen 16 en 29 Februarie 2020 en kry 30%-afslag.

Neem asseblief kennis dat die hysbak tans opgradeer word en buite werking is.

Die volgende bepalings en voorwaardes geld:

• Die promosie is geldig van 16 Februarie 2020 tot 29 Februarie 2020.
• Die aanbod is net van toepassing op besprekings wat van 1 Februarie 2020 af gemaak word.
• Die aanbod is onderhewig aan die beskikbaarheid van woonstelle en staanplekke.
• Die aanbod geld net vir 6-bedwoonstelle in Blok B en vir kampeerstaanplekke.

Pakkette vir ’n Valentynsnaweek (woonstelle)

Geniet Valentynsdag by ATKV-Natalia en maak sommer ’n wegbreek daarvan!

Geldig van Vrydag 14 Februarie 2020 tot Sondag 16 Februarie 2020.

Enkel - R2 410
2 persone wat deel - R1 530 per persoon
3 persone wat deel - R1 230 per persoon
4 persone wat deel - R1 090 per persoon
5 persone wat deel - R1 050 per persoon
6 persone wat deel - R1 050 per persoon

Ingesluit by die pakket (per persoon wat deel)

• Huisvesting vir twee nagte
• Een aandete
• Twee ontbyte
• ’n Spesiale geskenkie in die woonstel

Boonop is daar ’n spesiale Valentynsmandjiedans die aand van die 14de teen R50 per persoon.

 

ATKV Natalia Beach Resort
+27 31 916 4545
If you are interested in this please use this enquiry form powered by CaravanParks.com.

You must have javascript and cookies enabled to use this form






If you can see the following field please leave it blank
Send me a copy of this email

Latest News

Download your FREE digital Camp and Live Guide or Kamp en Leef Gids here!
close [X]