Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21114 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17169 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5523 |
Bostoe | 5363 |
HM | 4790 |
BrianB | 4745 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2220 |
Lennie | 2153 |
Kanneman | 2100 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1833 |
Swanie | 1819 |
Froggy | 1708 |
Nico | 1659 |
steamer | 1658 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1611 |
Duncan | 1560 |
Neill and MArg | 1452 |
Mars Member | 1000 + |
Dansan | 1448 |
Butts | 1393 |
Louvan | 1113 |
George | 1042 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 973 |
Gerden | 898 |
Chris Centurion | 783 |
JohanMarais | 775 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Photoman Alex | 634 |
snys | 631 |
Benkie | 574 |
Douglas Green | 566 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 442 |
Errol | 440 |
Harv | 416 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 393 |
Elleebee | 388 |
Nabro | 366 |
Willie54 | 361 |
LEEN | 353 |
survivalist | 325 |
Kurper | 296 |
Oumens | 294 |
RD | 273 |






Woonwa naat seeler
Na ons 5 maande kamp trip vat ek die woonwa na 'n kar was plek om hom behoorlik skoon te was en alle seesoute af te spuit.
Nodeloos om te sê, met die Whap op vol sterkte sien ek toe nou op die soliede dak dat daar van die gom / naatseeler uitgespuit is, daar is openingkies waar die soliede dak mer die voorste buiging aansluit.
Ek het vir eers duck tape opgesit net om die opening te seël en reënwater te keer, maar weet die is nie 'n permanente oplossing nie.
Twee opsies:
1. Koop Sikaflex (tipe silicon sealer) en seël weer die nate, nadat dit natuurlik vooraf baie deeglik skoongemaak is en droog is,
óf
2. Neem die wa na 'n betroubare handelaar/dienssentrum en laat hul sommer hele wa deurgaan en al die nate weer herseël (behoort nie te duur te wees nie, maar definitief goedkoper as om later houtvrot te herstel!!)
Dankie Egbert.
Ons is vir 2 maande weer op die pad voor ek die wa kan invat vir herseel.
Die Sikaflex verkrygbaar by Builders?
Jy het die regte raad gekry. SIKAFLEX 11 is die beste en word deur die vervaardigers ook gebruik. Die meeste groot gardeware plekke het dit.
Bly weg van silicon af
Op my Penta het ek Soudoflex gebruik wat hulle gebruik dit in nuut geboude huise.
Jy kan dit kry by Builders of Paint Trade.
Paint Trade se prys is helfte goedkoper as Builders.
My buurman het sy Musketeer wegbreek karavaan geseel met: Stick Like Shit, maar is Frieken duur teen R250/buis.
Seker die moeite werd, want die produk is ekstra "Long Term".
Nee wat hou daai goed sowel as miere so ver moontlik van my karavaan af.
Goedkoopste uitweg is jou Duurste uitweg, maw (Goedkoop koop is Duur koop)
Maar wat is die rede om nie silicon te gebruik nie, of is dit net ‘n persoonlike voorkeur?
Sikaflex is baie maar UV-bestand as silikoon. Laasgenoemde neig om na 'n tydperk van blootstelling aan sonlig, te begin wegtrek (inkrimping). Sikaflex is baie meer weerbestand.

Dankie.
Silicon het acetone in wat dit cheap maak en nie bind nie.Sikaflex en Wurth se bond en seal word deur alle campworlds gebruik.Niks anders nie.
Sorg dat waar jy dit wil gebruik skoon en stof vry is.
Ek het Siklaflex 11 by Builders gekoop, gaan 'n leertjie leen hier by die kampplek en dan stop waar gestop moet word.
Dankie vir alle slim advies.
Ek het Silicon Home gekoop, maar sal die nou vir eers op die rak los vir 'n ander taak.
Ongelukkig kan jy nie net stop waar jy dink dit nodig is nie.
Die extursion moet verwyder wordd en dan moet al die ou seellaag behoorlik verwyder word. Die oppervlakte moet silwerskoon wees anders gaan jy net jou geld en tyd mors.
Dit gaan jou omtrent 2 dae neem om die werk af te handel.
Sterkte.
Moeg geploeg.

Maar wat is die rede om nie silicon te gebruik nie, of is dit net ‘n persoonlike voorkeur?

Die Sikaflex is Ultra violet lig bestand en hou langer in die Son, wind en weer.

Ek het Siklaflex 11 by Builders gekoop, gaan 'n leertjie leen hier by die kampplek en dan stop waar gestop moet word.
Dankie vir alle slim advies.
Ek het Silicon Home gekoop, maar sal die nou vir eers op die rak los vir 'n ander taak.

MOENIE DIE NUWE SIKAFLEX OOR DIE OUES SMEER NIE.
Die sukses van die herseel hang af van hoe goed jy die oppervlak skoon gemaak het. Nuwe sikaflex oor oud gesmeer gaan dalk 2 tot 3 weke hou.
Baie belangrik verwyder AL die ou seellaar deur dit af te krap met 'n skrapper en daai laaste fyn stukkies af te vryf met parafien lap. Dan moet jy die olierigheid van die parafien verwyder met Spiritus, acetone of thinners. Ek gebruik altyd Thinners.
Pasop die thinners sal geverfde oppervlaktes se verf afhaal. Plak dan met maskeer band 'n strip ongeveer 5 tot 10mm aan weerskante vanaf die naat wat geseel moet word.
Smeer dan die Sikaflex deeglik oor die naat tot by die geplakte maskeer band weerskante van die naat.
TREK DADELIK DIE MASKEERBAND AF VOORDAT DIE SIKAFLEX BEGIN SET OF STOL.
So sit jy met 'n netjiese geseelde naat en as jy die prosedure gevolg het gaan dit hou vir die volgende 2-3 jaar.
Ek stel ook voor dat jy so die res van die nate van jou wa seel. Dit is iets wat verkieslik elke 2 tot 3 jaar na gekyk moet word.
Geniet die joppie. Die voorbereiding is die swaarste werk van die hele proses.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Dankie Leon en Chris
Ek het gedink ek smeer sommer die nuwe seelaar in daai gate - opening maar nou laat julle my versaan dat dit groot werk is.

Dankie Leon en Chris
Ek het gedink ek smeer sommer die nuwe seelaar in daai gate - opening maar nou laat julle my versaan dat dit groot werk is.

Ja dit is 'n groot joppie die skoon maak. Maar as jy dit deeglik doen worry jy nie weer daaroor vir ten minste 2-3 jaar nie.
Daar is eintlik net twee groot dinge wat met 'n karavaan kan fout gaan wat katastrofies kan wees:
1ste is 'n band of wiel laer wat ontklaar raak as jy iewers tussen erens en nerens is
2de is hout frot.
Dis maar die hoof rede waarom ek self die wa se wiellaers nagaan. Ook elke 4-5 jaar nuwe bande koop en die wa stoor met bande van die grond af.
En dan seel ek ook my wa self elke 3-4jaar.
Met die twee goete vertrou ek nie sommer 'n makker wat vir n ander man werk nie.
So sterkte met die joppie. Begin stelselmatig by een punt van die wa en werk deur na die ander kant.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Silikon het 'n bestanddeel wat "invreet" op alluminium, daarom moet dit nie gebruik word nie. Sikaflex werk goed op alluminium.
Silikon het 'n bestanddeel wat "invreet" op alluminium, daarom moet dit nie gebruik word nie. Sikaflex werk goed op alluminium.
Is dit duur om R2700 te betaal om die Exclusive se dak professioneel te laat seël terwyl ons nog kamp?
Nee ek dink glad nie dis te duur nie! Eintlik kan mens nie n "waarde" aan die regte seel werk sit nie...of dit of n vrot karavaan...
Ek was nouriedag by die ou wat aan my karavaan werk...toe staan daar n nuwerige Tourer....R80 000 se hout vrot...
If its worth doing, its worth doing well.

