Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21190 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5598 |
Bostoe | 5369 |
HM | 4790 |
BrianB | 4780 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1618 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 984 |
Gerden | 916 |
Chris Centurion | 789 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 578 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 358 |
survivalist | 341 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |
Slaay | 256 |





Woonwa Diens koste
Hi, is ek suinig of is dit baie duur om R3700 te betaal om 'n 4 wiel wa te laat diens by 'n handelaar?
Daar is nie olie en filters en plugs en sulke goed wat vervang moet word nie, klink soos 'n diens teen 'n checklist.
Items wat vervang moet word is dan nog teen extra kostes.
Ek volg die, want ek voel diesefde. Die laaste keet wat ek laat diens het deur 1 van bekenstes, was daar foute na die diens wat nie voorheen daar was nie. Nou het ek n lys, en check alles self, dan weet ek dit is reg. Hulle mechanics is nie eers opgelei nie, maar eerder handlangers wat lank daar werk en nou die werk doen.
Ek wil amper wed dat hier nie n reply gaan kom van die diensverskaffers nie
Ek stem Danie, ek weet nie waar Woonwa Werktuigkundiges opgelei word nie, ek dink dis maar I pos opleiding / lang diens manne wat "mechanic" speel.
Teen R500 tot R600per uur rate moet die man dan 6 tot 7 ure aan jou wa werk?
Ons het al redelik baie hier oor gepraat op die forum. Daar is meganies regtig nie veel wat aan 'n woonwa gediens kan word nie. Ek wil myself verstout om te se dat dit is beperk tot:
- Ghries van die sleep stang.
- Verstelling van die rem kabel lengte.
- Nagaan van die rem skoene en ter selfde tyd....
- Kyk of die wiel laers en olie seel diensbaar is
- Dan weer die korrekte verstelling van die remme
- Plug die ligte kabel in en kyk dat die tru ligte korrek werk
Adisioneel tot dit kan hulle dalk:
- Die gas koppelings reg is
- Gas pype nagaan vir lekkasies
- Bevestig dat gas toestelle soos Stoof, Geyser en yskas reg werk
- Toets die aard lekasie op die verdeel kas van die wa.
Meeste van die goed is 5 tot 10min takies. Dis net die wiel aspekte wat langer vat.
Ek self hou ook nie van die tegniese persoon wat dan die werk doen nie want daar is eintlik geen opleiding aan die persoon verskaf nie. By 'n motor vervaardiger het die persoon darem die een of ander FORMELE opleiding gekry.
Gelukkig is ek darem nog gesond en is dit vir my moontlik om self al die take te verig.
Nou nie dat ek meer 'n wa het om dit op te doen nie maar dit daar gelaat.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Ja, mens moet maar kyk wat dit alles insluit...is dit n suspension service of n complete service. Dan sluit prys gewoonlik ook net consumables in wat n paar rand kos, sou bearings ensevoorts vervang moet word is dit ekstra.
Ek sal ook nie my karavaan na enige plek vat nie....al baie gesien hoe plekke net 2x handlangers het wat daar werk, maar daar staan 20+ karavane waaraan gewerk moet word. Ek hou van n plek wat net genoeg karavane inneem as wat sy personeel die dag kan hanteer. Ek het byvoorbeeld al gehad dat ek by n handelaar in n karavaan loer en oral kaste ensovoorts oopmaak, en dan as jy vir verkoops personeel vra wat is prys, moet jy hoor dis nie te koop nie...hy is in ry om aan gewerk te word...dis n klient se karavaan wat daar vir repairs is waarin ek rondloer.
Ek het met vorige diens my karavaan anderkant Heidelberg gesleep vir diens en was baie tevrede. Hul WhatsApp gedurig fotos vir jou hoe hul vorder en wat hulle doen. Hulle haal selfs alle steadies af, maak mooi skoon, spray hulle oor en sit terug....lyk soos nuwes.
Ek gee nie om as handlangers werk doen nie, maar moet geskied onder toesig en betrokkenheid van eienaar. Nie handlangers wat op eie genade aangaan en as jy vra vir eienaar, is hy nêrens te vinde nie.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Nee wat, ek kyk self na die verskillende punte wat aandag benodig (of nie benodig)
Wiellaers word nie afgehaal tensy my toetse wys dat so iets vervanging verlang nie.
Maar, daar is andere wat wel daarvan hou om "veilig" te speel - my skoonseun sleep een maal per jaar 3000 km en sy wa word elke jaar volledig (?) gediens. Luister nie na Pa nie, want hy wil nie iets "waag" nie .............
O wel, tenminste het hy goeie smaak aan die dag gelê toe met ons dogter getrou het!!!
ðŸËÂðŸËÂ
Ek diens ook my karavaan self .Doen die remskoene stel die verstelling op remme .Doen die wiel laers as dit nodig is .Daar is net een ding wat ek laatdoen ,elke 3 jaar laat ek my karavaan herseël deur Hannes van Camp Monkey in Nelspruit .As jy nie seker is hoe om die remme tedoen en wiellaers ,laat dit liewer doen ,dit kan vir jou probleme gee as dit nie reggedoen word .

Ek het elke jaar, voordat ons die langpad noorde toe vat, my wa volledig laat diens by Cara-Camp in Somerset-Wes. Ekself het nooit enige "come backs" of dan liewer "go backs" beleef nie, maar my seun het wel remprobleme op sy Penta ervaar na 'n diens by genoemde handelaar. Maar hulle was so bakgat om Kleinmond toe te kom om dit te kom regstel. My seun se Penta staan by my huis.
Ek het my "movers" en tru-spieël kamera by Pine Joubert (WC Caravan Movers) laat installeer. Hy doen volledige dienste op die onderstelle van woonwaens - wiellaers, remme, remskokbreker, "steadies" ens. Ek sal voortaan na hom gaan vir enige diens items. Ek het groot vertroue in Pine se vakmanskap.
Ekself beskik maar oor 10 duime as dit kom by tegniese goeters.

Hi Chris, wat sou daai volledige diens dan kos?
Ek probeer net sien of die plaaslike ou ons uitbuit met sy tariewe of is dit binne perke?
Die laaste diens wat ek by Cara-Camp laat uitvoer het was vandag presies 2 jaar gelede. Die rekening (BTW ingesluit) het R2 645 beloop. En dit het ekstras ingesluit.


Hi Chris, wat sou daai volledige diens dan kos?
Ek probeer net sien of die plaaslike ou ons uitbuit met sy tariewe of is dit binne perke?

Caravan Perfect waar ek myne laat diens het vra huidiglik
Dubbel as Suspension Service R 2500
Dubbel as Complete Service R 2 900
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

I do all my own maintainence work ...... on the caravan and my vehicles .
two roads diverged in a wood and i took the one less traveled by, and that has made all the difference.

karavaan eienaarskap is beslis nie meer goekoop nie.
ook nie meer 'n goedkoop vakansie nie
maar dit bly my no 1 keuse
I see skies of blue
And clouds of white
The bright blessed day
The dark sacred night
And I think to myself
What a wonderful world
Lyk my diens hier by Klerksdorp Woonwaens is half in lyn want enkel as waens se volledige diens is R2600 en dubbel as waens se volledige diens is R3600.
Ja dit kos deesdae baie geld om n wa te diens
Haak daai wa kamp bly koning
Lyk my ek moet 'n woonwa diens besigheid begin. Ek sal helfte vra en nog steed geld maak.
en baie belangrik ek doen die werk self.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Nog beter. Ek het probeer iemand kry om die diens op terrein te doen maar kon nie iemand kry nie. Selfs vir klein tegniese werk. Ook dit maar self gedoen, maar nie so maklik met n ou rug nie.
Daar is n mark daarvoor, ook mense wat bereid is om daarvoor te betaal. Ons reis tans op n semi permanente basis, en dit is nie prakties om die wa in te vat na n handelaar toe nie.
Ek glo daar is 'n mark vir "Call Out" woonwa dienste.
Ek ly so semi aan engetvrees - kan nie eintlik onder die wa inklim nie - so as ek moet vat ek eers iets vir die senuwees Ã°Å¸â¢Æ en kan dan aangaan.
Ek het die woonwa dienssentrum gese ek sal Call Out Fee betaal, net om 'n nuwe Whal Pompie op te koppel - km en arbeid en die man wou nie die besigheid he nie, se hy kan nie 'n tegnikus afstaan nie.
Leon, Jy moet dit ernstig oorweeg. Met die duidelike swak diens wat by handelaars ondervind word soos hier op die Forum beskryf, kan die idee goed werk, veral as jy bereid is om die diens by die persoon se huis te doen. Ek glo jy het die nodige kennis om dit professioneel en korrek te doen.
Ek het al van verskeie mense gehoor wat 'n ongevulde gaping êrens gesien het en daar toegetree het. Naby OR Tambo lughawe is daar 'n handeware stoor, Noah's Ark as ek reg onthou, wat begin het met werklose mense wat bakkievragte hout uit die Laeveld in Gauteng begin verkoop het. Ek het gelees die onderneming is nou een van die grootstes in die bedryf. Jy sal seker nie vir iets so groot mik nie, maar kan dalk 'n gemaklike bestaan, of minstens 'n welkome ekstra daaruit maak. Ek meen jy is nie ver van aftrede nie en dit klink vir my soos 'n gawe onderneming om dan te bedryf. Tans kan jy sekerlik oor naweke so 'n diens bedryf. So 'n diens het ook die voordeel dat dit met baie min kapitaal van stapelgestuur kan word, sodat daar nie juis verliese sal wees as dit om een of ander rede nie sou slaag nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
As n mens n perseel het en jy is goed met die herstel , versien van woonwa kan n ou geld maak soos dassie bol
Haak daai wa kamp bly koning