Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 22028 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17782 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6241 |
Bostoe | 5466 |
BrianB | 5314 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3223 |
mulderpm | 2701 |
Saturn Member | 2000 + |
Kanneman | 2150 |
Chris Boucher | 2005 |
Jupiter Member | 1450 + |
Swanie | 1868 |
Nico | 1772 |
steamer | 1702 |
Hennie Botha | 1683 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1463 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1261 |
Louvan | 1252 |
Gerden | 1183 |
RichardJ | 1173 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 855 |
JohanMarais | 820 |
Fanie | 810 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 663 |
snys | 631 |
Benkie | 594 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Willie54 | 443 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 420 |
1Pierre2 | 419 |
Andre Smit | 417 |
Elleebee | 388 |
LEEN | 385 |
Kamp is Koning | 372 |
Oumens | 359 |
survivalist | 356 |
Izak | 326 |
RD | 322 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 270 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 197 |
BigG | 184 |
Maurits | 173 |
Ad Rem | 168 |
Andal | 167 |





Watter Gadget gaan kamp jy nie mee sonder nie
Vertel bietjie watter "Gadget" kan jy nie sonder mee gaan kamp nie en is 'n moet............
En die een wat jy die meeste van hou daai "nice to have"
Vir my is dit Cable ties (Verskillende grotes) en Self plak velcro (Breed en dun) tipe.
My Millers bier! gevolg deur 'n paar bottels goeie wyn. Enigiets wat ek behalwe dit by die huis vergeet het kan met eersgenoemde twee gadgets opgelos word :)
Die Ouvrou anders slaap ek koud"
How great is our GOD

My ice maker, insulation tape, cable ties, baba poeier of blue death vir om die wiele en steadies en natuurlik myself.
Baie belangrik, my hammer.
Vir 'n gadget moet ek sê die filterkoffie masjien. Sonder hom is daar nie lekker koffie nie.
Die ander een is my vrou. As gadget is sy multidissiplinêr vaardig, dien die Here met haar hele hart, maak sy maklik vriende en verwelkom almal by ons kamp.....en sy kan die koffiemasjien werk!
Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23

Baie, baie belangrik: MY SKEPPER VAN BO.
My karavaan en my vrou en kind........
Nee wat, alles wat ek nodig het bly in die karavaan. Ek sal seker nie sonder 'n ordentlike braai tang kan klaarkom nie.
Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
Vat altyd vir Ma saam. En sorg dat ek n verlengings koord in het. Hy bly in woonwa. Het maar n roetine om te verseker dat tent se benodighede altyd in is. Res kan gewoonlik bekom word by of naby oord indien vergeet.
Ek het vir die eletriese verlengingstou verskillende koppelstukke saamgestel sodat ek bykans enige kombinasie wat by kampplekke beskikbaar is ,kan koppel.So het ek menige medekamper kon uithelp wat nie die regte prop gehad het nie
Ek stem saam met alles wat julle hierbo genoem het en dan my spesiale "gadget" is my draagbare radio. Ek is verslaaf aan RSG se programme en mis nie graag n nuusuitsending nie.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
Ek is geneig om gou gadgets te koop...maar 90% van die tyd verander dit in n wit olifant. Die jongste gadget wat ek gekoop het was n wood splitter...maar wil voorkom of dit ook maar na wit olifant neig.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ


Ek is geneig om gou gadgets te koop...maar 90% van die tyd verander dit in n wit olifant. Die jongste gadget wat ek gekoop het was n wood splitter...maar wil voorkom of dit ook maar na wit olifant neig.

.....en een van hierdie 4-wiel trollies...nog nie eers uit box gehaal nieð¤
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

My pyp, twak en bier.
Die Girl sorg vir die res.
Al weer oppad iewers heen.

Gadget .................... is die koordlose boor, 19mm socket en verleng staaf wat ek gebruik om die hoek stutte te laat sak. Kyk dit is nou maar net 'n vervelige takie wat ongelukkig gedoen moet word en die goed verminder die tyd na onder 1 min.
Nice to have...................... het ek maar onlangs eers as 'n geskenk gekry. Dis 'n Q2000 Weber gas braaier met 'n klein bak plaat. Man die ding is baie gebruikers vriendlik, pak redelik klein op, het sy eie staan raam met wiele.
Ons het hom juis die naweek wat verby is by Almega gebruik. Vir ontbyt 'n wenner en die aand het ons Steak gebraai en sommer ook uie op die plaat gedeelte gemaak en toe met kaas op die steak voorgesit.
Baie lig op gas. Kyk hy gaan verseker saam met elke kamp.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

My behoorlike "VASKAP"aluminium hamer wat die penne selfs in Shingwedsi en Pilanesberg met "n smile" inkap! Groot les geleer met die treurige rubber hamers wat gewoonlik saam met die karavaan gekom het-hulle hop net op die penne as die grond hard is en frustreer die wit waks uit my uit.

My behoorlike "VASKAP"aluminium hamer wat die penne selfs in Shingwedsi en Pilanesberg met "n smile" inkap! Groot les geleer met die treurige rubber hamers wat gewoonlik saam met die karavaan gekom het-hulle hop net op die penne as die grond hard is en frustreer die wit waks uit my uit.

Ek dreig ook nou al lank om so aliminium hamer aan te skaf. Het in tussen 'n Wit plastiek een gekry en die werk nogal goed. Weet net nie hoe lank die ronde plastiek punte gaan hou nie.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !


My behoorlike "VASKAP"aluminium hamer wat die penne selfs in Shingwedsi en Pilanesberg met "n smile" inkap! Groot les geleer met die treurige rubber hamers wat gewoonlik saam met die karavaan gekom het-hulle hop net op die penne as die grond hard is en frustreer die wit waks uit my uit.

Hoe verskil hy teenoor die "dead blow hammer"?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ek weet ons is effens van die draad af, maar julle ouens praat nou van snaakse hamers.
Ek het die rubber hamer binne 2 kampe geslaan dat die agterkant van die tentpen in die hamer insny. Toe gaan haal ek my 4lb hamer en sit hom in die wa. Hy werk sedert 1991 nog steeds, skrik nie vir effe harde grond nie en word baie geleen deur kampers wat met ander hamers sukkel.
Hy gee definitief 'n "dead blow" as hy die pen tref. Mens is net versigtig om nie so hard te slaan dat jy jou penne buig nie.
As hy 'n gadget is, dan het ek nagelaat om hom vroeër te noem.
(Nou weer op die draad?)
Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23

My byltie/hammer en bier in blikkies...