Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21968 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17714 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6164 |
Bostoe | 5447 |
BrianB | 5254 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3218 |
Saturn Member | 2000 + |
mulderpm | 2580 |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2149 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1996 |
Swanie | 1858 |
Nico | 1761 |
steamer | 1698 |
Hennie Botha | 1677 |
Ski | 1669 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1453 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1241 |
Louvan | 1236 |
RichardJ | 1135 |
Gerden | 1132 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 846 |
JohanMarais | 820 |
Fanie | 767 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 662 |
Benkie | 592 |
Douglas Green | 576 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Errol | 440 |
Willie54 | 430 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 420 |
Andre Smit | 417 |
1Pierre2 | 388 |
LEEN | 382 |
Kamp is Koning | 372 |
survivalist | 352 |
Izak | 325 |
RD | 319 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 267 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 237 |
Hennie1968 | 232 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
BigG | 182 |
Trev1 | 182 |





Waterpompie wat spontaan aangaan
My Exclusive se 12v Whal waterpomp gaan sommer net aan.
Ek maak elk van die krane oop en toe soos om seker te maak dat die kraan / micro switch afsit, ontkoppel die battery en sit die wa se DB boks se tripswitch af, dan stop die pomp.
As ek net die battery ontkoppel, dan loop die pompie nog steeds?
Het ek dalk 'n bedradings probleem?
Ons is nou nog geboek vir 2 weke in 'n woonwa park in Ballito.
Just a stupid question.
You say that when you disconnect the battery the pump still runs.
Are the other 12v off or on, ie are lights then off?
Living the dream

"As ek net die battery ontkoppel, dan loop die pompie nog steeds?"
Ek dink die ontkoppeling van die battery is nie voldoende om al die krag toevoer na die pompie te stop nie. Die battery laaier (vanaf 220V) sal genoeg stroom gee om die pompie nog te laat werk, ongeag of die battery gekoppel is of nie. Die laaier weet nie of hy krag na die battery of na die sisteem in die wa gee nie?? Die beste sal wees om beide 220V af te sit asook battery te ontkoppel - dan behoort daar geen krag by die pompie uit te kom nie. MAAR, dit los nie jou primêre probleem op nie!?!?
Ek het in my vorige Penta 'n soortgelyke probleem ervaar - dit is moeilik om te weet of die kraan se mikroskakelaar wel die stroom breek. Dit klink dalk of hy afskakel, maar hy 'ontkoppel' nie. Die kontakpunte op die skakelaar kan op-'carbon' met tyd (ken nie die regte Afrikaanse term nie?). Trek die skakelaar se knop af en kyk of die mikro skakelaar wel ontkoppel.
Ek het op die ou einde die kraan se mikroskakelaar ontkoppel en vir my 'n 'toggle switch' ingesit. Jy skakel die t-switch aan en dan reguleer jy nog steeds die vloei en temperatuur met oorspronklike knop. Dit het gewerk tot ek die wa verkoop het.
Hoop jy wen hiermee? Hou ons maar op hoogte - dalk kry jy ander beter advies??
Ek het ook so n probleem met ons vorige Sprite gehad en het dit ook soos Egbert opgelos. Ek dink dis eintlik beter ss die ingeboude mikroskakelaar wat maar pieperig is dis ook geoekoper, vryelik beskikbaar en maklik vervangbaar. Ek het egter nie n "toggle switch" gebruik nie maar wel n drukknoppie (soos n deurklokkie sn). Ek het gemeen dis veiliger as die pomp afskakel sodra jy jou vinger van die knoppie afhaal.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek het toe vir KP Caravan Repairs - so 'n mobiele repair team vanaf Newlands West near Durban uitgekry.
Die stort se Micro Switch was foutief en Keith het 'n spare gehad wat hy ingesit het.
Uitroep koste, spaar part en arbeid het toe R750 gekos vir die hele jobbie.
Ek is bly jy het reggekom. My Exclusive is nou 18 jaar oud en nog net een kraan (in die kombuisie) se mikroskakelaartjie het die gees gegee. Ek het dit sommer self gou vervang en het nou ook 'n spaar skakelaartjie in die wa sou iets weer lol. Ek het egter my Whale-pompie met 'n Sureflo-pomp vervang en om te voorkom dat 'n foutiewe skakelaartjie die pomp aangeskakel hou, het ek 'n "hoofskakelaar" aangebring wat krag na die pomp aan- en afskakel. Wanneer ons by die wa is, bly hierdie skakelaar aangeskakel, maar as ons nie by die wa is nie, is hierdie skakelaar afgeskakel en kan die pomp nie geaktiveer word nie. Met die Sureflo-pomp wat meer krag trek, het ek die stroom na die pomp via 'n "relay" gestuur en nie deur die mikroskakelaartjies nie want hulle is geneig om te brand van die groter kragstroom. Die mikroskakelaartjies aktiveer die "relay" en nie direk die pomp nie. Nog nooit weer 'n probleem met die mikroskakelaartjies gehad nie.

Dankie vir alle insette. Waardeer
Amper 'n soortgelyke probleem, maar anders (as dit sin maak :=))
My Sprite SW het twee kraantjies - een by die was tafeltjie binne die karavaan, die ander een buite by die was bak vir skottelgoed ens.
Wanneer die een oopgedraai word, lek die ander een. Ek het die raad gekry om die kraantjie oop te maak en die sluit gedeelte (by die elektriese koppelstuk verby) effens te verskuif, maar beide die kraantjies kan geensins oopgemaak word nie - dis geseelde eenhede wat "gebreek" moet word om oop te kry.
Lewe maar daarmee saam, deur seker te maak dat beide die uitlate (wat opgelig kan word) in die "af" posisie is om sodoende nie buite die wasbakke te mors nie ....... of het iemand 'n ander voorstel?
Soms is die oplossing van n probleem groter as die probleem self. As jy wel met die probleem kan saamleef is dit dan miskien die oplossong om niks te doen nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
