Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 22084 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17816 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6275 |
Bostoe | 5480 |
BrianB | 5363 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3223 |
mulderpm | 2715 |
Saturn Member | 2000 + |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2152 |
Chris Boucher | 2005 |
Jupiter Member | 1450 + |
Swanie | 1871 |
Nico | 1773 |
steamer | 1703 |
Hennie Botha | 1690 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1467 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1268 |
Gerden | 1260 |
Louvan | 1255 |
RichardJ | 1180 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 857 |
Fanie | 810 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 663 |
snys | 631 |
Benkie | 594 |
Platinum Member | 250 + |
Willie54 | 445 |
1Pierre2 | 435 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 420 |
Andre Smit | 417 |
Elleebee | 388 |
LEEN | 386 |
Kamp is Koning | 372 |
Oumens | 367 |
survivalist | 356 |
Izak | 328 |
RD | 322 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 270 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 197 |
BigG | 187 |
Maurits | 173 |
Ad Rem | 168 |
Andal | 167 |
mplester | 157 |





Waterdigting vir Afdaktent (Rally tent)
Ek het tans 'n lekker 1996 Gypsey Regal waarvan die afdaktent (die dakseil) nie meer waterdig is nie. Is daar 'n goeie middel op die mark wat maklik bv aangespuit kan word. Enige raad en inligting sal welkom wees. Het nou vir 9 dae lekker in nat en soms koue weer by Ellensrus, Stilbaai gestaan wat my laat besluit het dat 'n plan gemaak moet word vir beter beskerming.
Dis die LEWE!
Ek het so paar jaar terug 'n "canvas" seelaar by die Koöperasie op Mosselbaai gekoop en my kazibo se dak gedeelte met 'n spraygun geseel. Die produk was nie goedkoop en mens moet maar versigtig wees as jy dit aansit dat jy nie ook sommer in die proses jou longe seel nie, maar dit werk goed.
More sal self vertel....
Ek het baie jare terug n Canvas seal by Campworld gekoop en my Gypsey 5 se tente oorgedoen.
Jy kry dit n n aerosol blikkie (hopeloos te duur vir n hele tent) tot en met n 5lt blik.
Spuit aan met n compressor. Ekt n hand spuit gebruik en my hande was dood daarna.
Wat ek gedoen het (beveel dit nie aan nie) ek het tent skoon gewas en alle kolle afgeskrop met seep en water en toe n high pressure wasser gebruik. Ek het die tent vir dae lank laat staan om behoorlik droog te word
Bygese ek het spasie in n stoor gehad om dit te doen. Sal nooit weer so joppie aanpak nie.
At last !!!!


Ek het baie jare terug n Canvas seal by Campworld gekoop en my Gypsey 5 se tente oorgedoen.
Jy kry dit n n aerosol blikkie (hopeloos te duur vir n hele tent) tot en met n 5lt blik.
Spuit aan met n compressor. Ekt n hand spuit gebruik en my hande was dood daarna.
Wat ek gedoen het (beveel dit nie aan nie) ek het tent skoon gewas en alle kolle afgeskrop met seep en water en toe n high pressure wasser gebruik. Ek het die tent vir dae lank laat staan om behoorlik droog te word
Bygese ek het spasie in n stoor gehad om dit te doen. Sal nooit weer so joppie aanpak nie.

Ek ook nie..
More sal self vertel....
Jy kry twee tipes seelaar by Outdoor Warehouse te koop.
Die wat in 'n aerosol spray blikkie is en dan die wat jy in 'n 1 liter of 5liter blikke kan koop.
Kyk mooi op die produk want die een tipe is vir die nylon tipe Campmaster tent materiaal.
En dan die een vir canvas/seil tipe materiaal.
Siende dat jy die dak van nuut af gaan seel, maak maar 'n goeie joppie van die taak. Ek sal verseker die tent dak so skoon as moontlik maak. Want as hy geseel is lyk die materiaal soos 'n nuwe. As jy dan nie die dak skoon gemaak het nie gaan jy so effe spyt wees.
Jou wa se rally is redelik groot so koop maar 2 x 5Liter blikke. Die seelaar vir seil tent dakke is 'n tipe was wat opgelos is in parafien. Jy kan dit met 'n kwas aanwend of met 'n spraygun wat 'n redelike dik nozzle het.
Die seelaar trek in die materiaal in en as jy dit nie egalig aanwend nie kan jy vlekke en donkerder kolle kry hier en daar.
Wend dit aan die buite kant van die dak aan. En laat die dak vir solank as moontlik in die son hang. Sal die rally op. Die was sal so baie mooi in die materiaal in trek en die parafien sal basies verdamp. As jy dit nie doen nie kan die parafien reuk jou 'n redelike tydjie pla met die gebruik van die rally.
Die seelaar is regtig goed en jou rally se dak sal weer baie chap wees vir 'n paar jaar. Die sukses daarvan hang af van die skoonmaak en voorbereiding en egalige aanwending.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Dis 'n groot werkie maar op die ou einde baie goedkoper as 'n nuwe rally dak.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

I used an electric spray gun. It went quickly. Follow the instructions on the can. Leave the tent out for a few days so it doesn't stick together.
Point to Ponder. A tin of sealer is over R500. A 5x3 silver tarpaulin from Adendorf is R300 - R400. It also reduces the temperature under the awning.
The problem is a tarpaulin last about 3 months in the sun. Then it becomes brittle and tears easily.
Decent material that has a 10 or more year guarantee is R300 per meter. TenCate is such a material with a 25 year guarantee. Jurgens rally tents roofs are made from this material. It is like a plastic material.
Reseal your rally tent canvas roof and it will last you a long time. My Gypsey roof lasted 15 years with one reseal.
Groete,
Paul
Baie dankie vir almal se goeie raad en insette. Aangesien dit blykbaar 'n werk is wat oor dae strek, sal dit nie gerade wees om dit hier in die bolandse winter (in Kleinmond) te doen nie. Sal seker maar moet wag vir warmer weer sonder reën, aangesien die job buite op die grasperk gedoen sal moet word. Baie dankie vir jul hulp.
Dis die LEWE!
Ek het al van meer as een persoon gehoor dat hul baie gelukkig was met resultate van Canvas Revive. Ek sien 1Liter kan 8m² doen....so 2 Liter behoort genoeg te wees?

WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Dankie Geert, dit lyk my die Canvas Rivive asook die Nu-Seal sal beide goeie resultate oplewer.
Dis die LEWE!
