Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21201 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17198 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5607 |
Bostoe | 5371 |
HM | 4790 |
BrianB | 4788 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3170 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1620 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1123 |
George | 1053 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 986 |
Gerden | 923 |
Chris Centurion | 790 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 654 |
Benkie | 581 |
Douglas Green | 567 |
Andrew | 509 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 360 |
survivalist | 344 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |





Wanneer is dit tyd vir 'n nuwe matras
Vir die manne wat weet!
Ons slaap op die matras wat met die woonwa uitgekom het en het hom nog nie deurgele nie.
Op die hout onder die matras is daar lyk soos "muf" wat vorm en jy kan duidelik sien dit is waar die bolyf en boude van ons le.
Al verklaring wat ons het is dat hier in Natal is die humiditeit hoog en ons liggaamshitte veroorsaak 'n bietjie kondensasie wat die "roes vlekke" op die hout maak.
Sal 'n matras beskermer die kondensasie laat staak of is die oplossing 'n R7k Bamboo matras?
Lees bietjie meer oor egg box mattress toppers....miskien kan dit werk vir julle?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ons staan in Limpopo, Modimolle wat baie, baie warm raak asook baie "Humid".
Soos wat Geert noem, probeer die "egg box topper".
Hy werk beslis en verskaf ook baie meer slaap gerief.
"Sal 'n matras beskermer die kondensasie laat staak"
Petrus, Ek dink as jy die beskermer onder die matras sit sal dit beslis help want dan kan die vog van die lyf nie deur slaan na die plank toe nie. Dan sal die "egg" laag keer dat julle lywe ook nie so sweet nie.
Oppad na die volgende kamp.

Het die goed al gesien by Clicks maar nie regtig gekyk na hulle nie. Lyk my jy moet hom aan die bokant van die matras sit. Skuif hy nie dan rond nie en pas die paslakens dan nog steeds?

Dis maar iets wat gebeur ongeag waar jy kampeer. Dis goed om die matras elke nou en dan te laat uitdroog deur dit verkieslik buite op sy sy te laat staan. Die muf op die hout is 'n probleem. Jy kan dit, na jy dit sover moontlik skoongemaak het, met 'n paar lae vernis beskerm of 'n plastiekseil onder die mattras plaas. Ek is maar skrikkerig vir muf want sommige soort kan lewensgevaarlik wees as jy die spore inasem. Werk maar met 'n masker as jy dit skoon maak. As die hout gedurig klam bly, gaan dit beslis beskadig. Dis gewoonlik laaghout en die lae kan van die vogtigheid begin skei.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven

Dis maar iets wat gebeur ongeag waar jy kampeer. Dis goed om die matras elke nou en dan te laat uitdroog deur dit verkieslik buite op sy sy te laat staan. Die muf op die hout is 'n probleem. Jy kan dit, na jy dit sover moontlik skoongemaak het, met 'n paar lae vernis beskerm of 'n plastiekseil onder die mattras plaas. Ek is maar skrikkerig vir muf want sommige soort kan lewensgevaarlik wees as jy die spore inasem. Werk maar met 'n masker as jy dit skoon maak. As die hout gedurig klam bly, gaan dit beslis beskadig. Dis gewoonlik laaghout en die lae kan van die vogtigheid begin skei.

ek is ook maar skrikkerig vir die muf storie.
Het hom maar met Jik ook skoongemaak.
Ons het die water prove paslaken gekoop en gaan ook die eggbox matras ding probeer.
Dankie vir almal se raad.
n Waterdigte paslaken klink nie lekker nie dit klink soos n hospitaalbed waarop jy kwaai sweet. Beskerm eerder net die hout laat die mattras maar klam word, hy kan weer droog word ook.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Hoe dunner die matras is hoe meer is die kondensasie op die hout. In die winter is die kondensasie ook meer. Jy kan die hout beskerm deur dit deeglik te vernis.
As jy 'n koerant leser is kan jy die koerant papier tussen die hout en matras plaas. Dit maak geen lawaai as jy sou omdraai in die nag nie en dit help om die vog uit die matras te trek. Die vog is nou maar daar as gevolg van die warm lywe teenoor die omgewings temperatuur. Plaas van die koerant is dan maar deel van die bed op maak proses.
Sou jy gebruik maak van 'n Bamboo pocket coil matras sal die kondensasie verdamp in die pocket coils voordat dit by die hout uitkom.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Ons kon nie die kondensasie onder matras verstaan nie.
My blaas laat my ten minste 4 keer per nag opstaan.....
Nodeloos om te se^, het my vroutjie vir my grootoog gemaak toe sy die eerste keer die matras opligð¤ª
Nouja, na lang gesoek op internet kom sy toe af op die raad om hierdie matrassies wat stappers gebruik om op te slaap, onder die matras te plaas.
Geen kondensasie of nattigheid meer onder die ou-man nieð
Ons twee matrassies gesny en onder matras ingepas.
One is never too old too learn

Dit klink soos 'n werkbare idee. Die matras self sal steeds nat word want ons sweet maar, so belug dit maar gereeld.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven

Dit klink soos 'n werkbare idee. Die matras self sal steeds nat word want ons sweet maar, so belug dit maar gereeld.

Ons staan nou al 3weke hier in Orania, Fred, en vroulief se^, dit gebeur nou gladnie meer hier nie.
Ons voorheen in Heidelberg(sionberg) gestaan met die sneeuery, toe dit erg was.
Net na heidelberg het ons die staptoer, matrassies begin gebruik.
Hul noem dit 'joga gim mat' op takealot.
One is never too old too learn

