Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21199 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5604 |
Bostoe | 5371 |
HM | 4790 |
BrianB | 4786 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3170 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1620 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1123 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 986 |
Gerden | 921 |
Chris Centurion | 790 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 580 |
Douglas Green | 566 |
Andrew | 509 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 360 |
survivalist | 343 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |

Walvis op ons strand
Julle manne doer Noord-vêr het seker nog nooit n walvis op die strand sien uitspoel nie. Dit is die tweede een wat hier uitgespoel het. So n walvis weeg maklik 20 ton. Die arme munisipaliteit het beslis nie die kennis om so n verwydering uit te voer nie. Na vier ure kon twee digger-loaders en een bullozer daai karkas nie een meter roer nie. Dit kos hulle n tweede bulldozer uit die Kaap laat kom en uiteindelik is die vis op n lowbed gelaai. Dit was nie die aangenaamste reuk wat julle al ervaar het nie.
Die vorige walvis het uitmekaar gebreek, die stank is tot anderkant die Kaap geruik.
Ons lede van die Buurtwag het n groot rol vertolk om die mense en verkeer te beheer. Dit was interessant om te sien hoe die walvis-kenners die vis opmeet en stukke uitsny vir navorsing. Dit is nie bekend hoe die vis gesterf het nie, hy was vir n week dood in die water, op pad kus toe. Dis jammer die Kaap het nie n boot wat hom kon haak en diepsee toe sleep nie.
Julle kan sien dis n mannetjie-walvis.
You'll never never know if you never never go
Sjoe....hartseer om te sien. Pragtige walvis. Daar het so n ruk terug een uigespoel aan Natalse kus. Hulle het hom in stukke opgesny....gedeeltes in see gegooi wat baie haaie gelok het. Tande dink ek was te koop gewees om kostes van verwyderings aksie te dek. Ook al gehoor dat hulle plofstof gebruik om vis in stukke te laat ontplof.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Dis regtig hartseer om die reuse so te sien. My Stilbaai het ons al verskeie gesien. Dis ongelooflik hoe hoog op,die rotse hulle soms deur die see uitgewerp word. Omdat hulle in Stilbaai nie op strande uitspel nie en omdat die plekke wat hulle lê, nie deur voertuie bereik kan word nie, word hulle maar so gelaat. Vir maande, self jare, is die reuk iets vreeslik. Uiteindelik bly daar niks oor nie. Wanneer hulle erg ontbind het, dra plaaslike inwoners gewoonlik die beendere weg om hy hulle huise uit te stal. Ek weet nie hoe nie, want 'n kakebeen en selfs 'n rugwerwel, is swaar.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek het nou video gesien hoe rol hulle daai walvis tot bo op daai trok....hy is darem ongelooflik groot
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Jammer ek kaap die draad. Ek het hierdie fotos vinnig geneem vanaf n TV program. Wat is al daai afskortings wat hulle op Blouberg strand het....wat is die doel daarvan?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

R114m gaan spandeer word aan ontwikkeling en rehab van die strand wat 2024 voltooi sal wees. Doel is om die sand wat deur die suidooster weggewaai word te beperk of te skuif om duine aan te vul en te vorm vir aanplant van groenigheid. Ablusiegeriewe gaan ook verbeter word aangesien haweloses tans die strandfront oorgeneem het en verskuif moet word.

Dankie Leen
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Die tegniek is vir die eerste keer gebruik op die mynhope by Kleinzee en Koingnaas en naby-geleë mynhope om die toe-groei daarvan te bevorder. Gewoonlik sproei hulle gewone hooi tussen die rye, somtyds met saad, sodat die sand gestabiliseer word en toegroei. By Bettiesb aai het hulle duisende dooie Rooikrans takke en bosse in die sand gedruk, dieselfde effek.
You'll never never know if you never never go
Ek wonder partykeer of al die wette en die natuur se sogenaamde natuur bewaakers regtig n bydra lewer tit die natuur
As jong kind in die laat 60's het ons op n baie klein dorpie gebly aan die Oos Kus. Ons het 3 vissers bote gehad. Eendag het daar n groot walvis uitgespel wat dood was. Ons self het hompe vleis uitgesny en vir aas gebruik. Die visse het so aan die aas gesmul dat die bote self moes inkom om h ulle vrag af te laai wat te swaar was en weer uitgegaan om met nog n vol vrag terug te kom. Ongewone gebeurtenis. Ons het ook baie vet uitgebrand was as lamp olie gebruik was, en miskiete en vliee kom nienaby nie. Van die bietjie wat oor gebly het is die see ingesleep en gelos, wat voeding vir die natuur was. Niks gemors nie, en vir die natuur terug ge gee wat uit die natuur kom. Niemand was benadeel nie.
Die wette beperk sulke optrede, maar dit is net to nadeel van die natuur.
Daar was geen stank nie, net die reuk as die olie uitgebraai het
Lekker storie, Danie, goeie ou dae. My pa het op die Weskus grootgeword, hy het my vertel hoe hulle n berg kreef-liggame (net die sterte is gebruik deur die fabriek) kon gaan haal en hoe hulle dit vir die varke gevoer het. Snoek was as "gemors-kos" bestempel. Wanneer n skip gestrand het kon almal van die inhoud gaan haal, niemand was kwaad nie.
You'll never never know if you never never go
Dansan ek kan glo so groot stuk vis kan stink
Haak daai wa kamp bly koning
Is dit dan onwettig om hulle terug te sleep in die see in? Ek twyfel. Ek dink dis maar net 'n geval dat die mees praktiese oplossing gebruik word. Ek kan my voorstel dit is moeilik om so 'n groot stuk vleis van die strand af te sleep tot dit in die see dryf. En dan, as jy dit diep genoeg ingesleep het en loslaat, spoel dit dalk net weer terug na een of ander strand. Dit klink egter soos die ideale oplossing wat die ekologie betref, maar dalk nie die praktieste nie.
As mense aan so 'n liggaam begin sny, sal dit moontlik disintegreer as dit gepoog word om dit te verwyder. Dit sal ook waarskynlik net vir enkele dae moontlik wees om bluikbare vleis of vet te benut voor erge verrotting sal intree en dan sal die liggaam ook so verswak wees dat dit sal opbreek met pogings om dit te verwyder.
Ons het 'n paar maande gelede 'n walvis gesien wat by De Mond naby Waenshuiskrans uitgespoel het. Hy was nog heel, maar die stank!! Hierdie was gelukkig ver van 'n swemstrand in die nasionale park en dit het nie gelyk of enigiets daaraan gedoen gaan word nie, maar ek glo dit gaan 'n paar jaar wees voor jy weer windaf van die massa sal wil kom.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Dit is darm baie vleis.
Al weer oppad iewers heen.

Ek dink glad nie dis onwettig om hulle diepsee in te sleep nie.
MAAR : Met wat moet dit gesleep word? Ons regering het nie eens n boot om n ROB te sleep nie. Die walvis was reeds n paar dae lank op die see sien dryf, maar hulle het gewag dat hy op die strand uitspoel. n Ware komedie.
You'll never never know if you never never go