Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21752 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17549 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5981 |
Bostoe | 5431 |
BrianB | 5085 |
Uranus Member | 2600 + |
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP | 3369 |
Grumpy/Hannes | 3207 |
Saturn Member | 2000 + |
mulderpm | 2420 |
Lennie | 2192 |
Kanneman | 2140 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1955 |
Swanie | 1850 |
Heindrich | 1831 |
Nico | 1729 |
steamer | 1686 |
Ski | 1669 |
Hennie Botha | 1661 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1528 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1445 |
George | 1200 |
Louvan | 1180 |
RichardJ | 1094 |
Gerden | 1056 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 827 |
JohanMarais | 811 |
CampingKitty | 715 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 697 |
ELU | 658 |
snys | 631 |
Benkie | 587 |
Douglas Green | 575 |
Andrew | 524 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Willie54 | 417 |
Andre Smit | 415 |
Rare Breed | 400 |
Nabro | 380 |
LEEN | 373 |
Global Traveller | 356 |
survivalist | 350 |
Oumens | 339 |
1Pierre2 | 329 |
RD | 319 |
Herman | 312 |
Izak | 307 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 262 |
Gold Member | 100 + |
Hennie1968 | 231 |
Wagondrift Lodge and Game Farm
Wagondrift Lodge and Game Farm terugvoering
Hoe ons wagondrift lodge and game farm ervaar het. Wagon Drift is in Gauteng, Oos van Dinokeng. Naaste dorp is Moloto – so 10km. Toegangs roete is teerpad met die laaste 2km goeie grondpad wat gemaklik met enige padkaravaan of kombinasie bereik kan word. Toegang tot die oord self word verkry deur middel van n toegangskode wat oord vooraf aan besoekers aanstuur.
Ontspanning is hoofsaaklik om die rustigheid van n wildsplaas te ervaar. Daar is egter heelwat fasilitiete om hierdie ervaring n onvergeetlike belewenis te maak. Wilde diere wat rustig deur jou kampeerstaanplek wei. Daar is n uitsigpunt by die dam wat omtrent 5 meter van grond gelig is….daar kan jy net lekker rustig sit en sien hoe die wild kortkort inkom om water te drink en van die voer te eet. By uitsigpunt is heelwat meer skaarser diere wat opgestop is wat dit baie interesant gemaak het om van nader te kon besigtig. Dit is absoluut hoogs aanbeveelbaar om op een van die oord se gereelde wildsbesigtigings toere te gaan. Op die toer het ons onder andere, Rooibokke, Koedoes, Njala, Zebra, Volstruis, Blouwildebees, Kameelperd, Swart Rooibok, Springbokke en Gemsbokke gesien. Dis van die pragtigste velde om wild te gaan besigtig. Die gidse wat saamry het baie kennis en is altyd lekker om nuwe interesanthede rakende natuur lewe aan te leer.
Verdere fasiliteite sluit in swembad in kampeer area. Dan is daar meer te doen by die lodge gedeelte self….nog n mooi swembad, trampolines, reuse skaak stel, klimrame vir kinders, klein gym.
Die kampeer area bestaan uit 4x privaat ablusie staanplekke wat elkeen masief groot is. Tydens ons verblyf was alle staanplekke elkeen beset gewees met 2x karavane op elkeen , gerieflik met steeds baie spasie om hulle. Elkeen van die privaat staanplekke het n aparte toilet, stort kamer en opwas area. Dan het elke staanplek sy eie privaat grasdak lapa en ingeboude braaier. Vir baie was dit so gerieflik, hulle het nie eers hulle voortente of rally opgeslaan nie….net dwars gestaan by lapa en so gekuier. Met opslaan Sondag het ons reën gehad….so die lapa het gesorg dat kampeerders geen nat tente hoef saam te neem nie…..GLAMPING! Dan is daar 1x “JUMBO staanplek wat tot 10x karavane kan huisves. Hierdie is nou baie ideaal as jy met n klein groep vriende saam wil kom kampeer. Die staanplekke is om n boma area gebou met n lekker lapa net langs dit. Hierdie staanplek word bedien deur 4x badkamers….3x toilet met stort en 1x met toilet en bad. Ons was net 4x wat op die Jumbo staanplek gestaan het, so ons het elkeen vir ons n badkamer gekies wat hul gebruik vir die naweek….so het on sook eintlik privaat ablusie gehad. Verder langs die privaat ablusie staanplekke is daar 5x luukse tenthuise waar daar 2x in kan slaap, elkeen met eie badkamer, lapa, kombuis, lapa en braaier. Ons was daar met n groep wat na sterre gekyk het die naweek, ons het saans saam kampvuur in die Jumbo kampeer staanplek se boma gemaak en daar saam gebraai en gekuier. Ablusies was deurgaans skoon gewees. Warm water word via gasverwarmers verskaf, so daar was deurgaans genoegsame warm water vir almal. Stort hokkies is lekker ruim en waterdruk het dit n plesier gemaak vir n lekker shower. Oor die algemeen is fasiliteite heerlik ruim en netjiese décor. Daar is 2x netjies opwaspunte by Jumbo staanplek, ook in baie netjiese onderdak toestand. Genoegsame beligting word ook in ablusie en areas rondom verskaf. Hakkies vir klere ophang in stort is teenwoordig en daai klein bankies is altyd handig.
Die ontvangs toe ons daar aankom was baie aangenaam en verwelkomend. Alle personeel van skoonmakers, ontvangs, handymans, bestuur tot eienaar was baie vriendelik en mens het regtig lekker tuis gevoel .
Ons het deurgaans veilig gevoel. Saans as mens gaan slaap was dit doodstil gewees, net die nag geluide van die natuur was hoorbaar. Alle medekampeerders wat die naweek daar was, was almal bedagsaam wat so n naweek wegbreek ekstra lekker maak….die rustige atmosfeer was absoluut heerlik!
Daar is n klein winkeltjie op site wat al die basiese items verkoop soos hout, ys koeldrank en lekkers. Die winkel is 24hr “oop”. Jy sluit self die winkel oop, neem wat jy benodig, skryf dit op in n boek en betaal jou rekening tydens vertrek.
Daar is heelwat vaste verblyf beskikbaar by Wagondrift en lekker gesellige funksie areas en bomas vir n lekker verjaarsdag partytjie of troue.
Ons voel dat ons baie goeie waarde vir ons geld gekry het ten opsigte van fasilitiete en alles rondom dit en kan met n ope hart aan enige kampeerder aanbeveel wat ook hou van bosveld en wildsplaas lewe. Ons gesin wil beslis binnekort weer ons tentpenne hier kom inslaan.
Weereens dankie aan Wagondrift vir n heerlike kampeer ervaring, hou dit so!….mis julle reeds!
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Ja....dis n lekker plek as mens met n groep kuier
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Voorbeeld van n privaat ablusie staanplek. Elkeen sy eie lapa en ingeboude braaier. Baie groot staanplekke
@Louvan....die 3de plasing op hierdie draad is fotos van Hedgehog privaat ablusie staanplek
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ