Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 22028 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17782 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6241 |
Bostoe | 5466 |
BrianB | 5314 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3223 |
mulderpm | 2701 |
Saturn Member | 2000 + |
Kanneman | 2150 |
Chris Boucher | 2005 |
Jupiter Member | 1450 + |
Swanie | 1868 |
Nico | 1772 |
steamer | 1702 |
Hennie Botha | 1683 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1463 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1261 |
Louvan | 1252 |
Gerden | 1183 |
RichardJ | 1173 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 855 |
JohanMarais | 820 |
Fanie | 810 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 663 |
snys | 631 |
Benkie | 594 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Willie54 | 443 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 420 |
1Pierre2 | 419 |
Andre Smit | 417 |
Elleebee | 388 |
LEEN | 385 |
Kamp is Koning | 372 |
Oumens | 359 |
survivalist | 356 |
Izak | 326 |
RD | 322 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 270 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 197 |
BigG | 184 |
Maurits | 173 |
Ad Rem | 168 |
Andal | 167 |





Waarheen toer 'n mens in die Weskaap in Februarie/Maart?
Kan ek asseblief raad vra by Forumlede wat nou al verskeie draaie en/of sirkelroetes deur die Weskaap gery het.
Ons het nou onlangs in November 'n sirkelroete gery deur die Karoo, Merweville oor tot by Sutherland en anderpad terug Prins Albert oor, Knysna toe - en dit was baie pragtig want die Karooveld was in volle kleur en baie aanskoulik. En ons beplan om verderaan deur die Karoo te reis in komende November, wanneer die lenteveld weer so pragtig is.
So wil ons dan nou weer einde Februarie, begin Maart 'n soortgelyke sirkelreis onderneem vir twee weke, maar ons weet nie waarheen nie, want ons woon in die Paradys, in die Tuinroete, en hier en oral elders is die veld nou seker uitgeblom en uitgeblaar - maw die blare het nou begin stabiliseer en op plekke, soos in die Karoo, begin verdroog - hulle kleur begin verloor. So die Karoo, so dink ek, is nie 'n opsie vir Feb/Maart nie. Of wat dink jy?
Wat stel jy voor - waar is die mooiste deel van die Weskaap in Feb/Maart waarheen ons nou so 'n reis kan onderneem - mooi volgens jou smaak. Enige- en alle voorstelle is baie welkom, asseblief.
Ek kan nie jou vraag mooi antwoord nie, maar ons het al baie lekker gekamp by Onrus naby Hermanus en Yserfontein
Wat van al langs die kus af ry en by elke karavaanpark aandoen? Die eerste kan miskien Victoria Baai of Glentana wees. Sommiges is baie goed, party is ouerig maar oor die algemeen is almal doenbaar. Hou ons soos in die verlede, op hoogte van julle reis.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
As jy van die Tuinroete kom kan jy dalk by Skurwekop by Robertson ‘n draai maak. Heerlike.
Never too old to have a happy childhood
You can also stop at Montague, lovely little town and a good well run caravan park. From there it‘s short drive down the Koo Valley where you can get a tractor ride up to the top of the mountain looking down on Robertson. Just take something warm to wear as it‘s cold up on the mountain.

You can also stop at Montague, lovely little town and a good well run caravan park. From there it‘s short drive down the Koo Valley where you can get a tractor ride up to the top of the mountain looking down on Robertson. Just take something warm to wear as it‘s cold up on the mountain.

Dankie Brian
Fanie. Ons neem kort toere van so 7 tot 10 dae in die Weskaap sonder om n toerplan uit te werk. Ons besluit net waar ons eerste oorstaan sal wees en kies daar die volgende een. Soms kry ons wenke van mense waar ons staan en soms raadpleeg ons net n kaart en internet. Ons het al so op heel interesssante plekke afgekom., oa Montagu, Towerkraaltjie. Uilenskraalmond en Warmwaterbad(?) Naby Barrydale. Al die plaasstaanplekke klink vir my heel interessant en ek hoop om in die toekoms meer van hulle te leer ken.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Plettenbergbaai en omgewing is vir my die ideale area. Alhoe wel dit buite seisoen is, is daar steeds baie wat aangaan oor naweke en oor die algemeen baie besienswaardighede.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !


Fanie. Ons neem kort toere van so 7 tot 10 dae in die Weskaap sonder om n toerplan uit te werk. Ons besluit net waar ons eerste oorstaan sal wees en kies daar die volgende een. Soms kry ons wenke van mense waar ons staan en soms raadpleeg ons net n kaart en internet. Ons het al so op heel interesssante plekke afgekom., oa Montagu, Towerkraaltjie. Uilenskraalmond en Warmwaterbad(?) Naby Barrydale. Al die plaasstaanplekke klink vir my heel interessant en ek hoop om in die toekoms meer van hulle te leer ken.

Dankie Fred. Nou, met al julle heerlike ondervinding, waar sal jy se is die mooiste deel van die Weskaap om so 'n reis te onderneem einde Februarie - begin Maart?

Plettenbergbaai en omgewing is vir my die ideale area. Alhoe wel dit buite seisoen is, is daar steeds baie wat aangaan oor naweke en oor die algemeen baie besienswaardighede.

Dankie Leon. Maar in terme van aanskoulikheid en mooi gedurende einde Februarie - begin Maart van die jaar - sou jy dan ook hierdie plekke aanbeveel?
Fanie, ek kan nie 'n antwoord gee nie. Baie mense sal sê jy bly reeds in die mooiste deel van ons land en ek kan nie daaroor stry nie. So twee jaar gelede ongeveer die tyd het ons oor Kimberley en Victoria-Wes Wes gery deur plekke soos Carnavon, Calvinia, Vosburg en Williston. Baie mense sou dit beslis nie as van die mooiste dele van ons land beskou nie maar vir ons was dit pragtig.
Ons het oor baie jare ons land platgetoer, aanvanklik saammet ons drie dogters toe hulle nog op skool was. Ons oudste dogter en haar gesin het vir etlike jare in Engeland en Duitsland gewoon. Albei lande is pragtig maar uit Engeland het sy op 'n kol gesê sy verlang so na die oop ruimtes in die Noordkaap waar jy ver kan sien want sy kan nie meer die baie groen in Engeland waar jou uitsig tot meters beperk word, verdra nie. Dit het haar versmoor. Netso is die Karoo, waardeur ons gereeld tussen Limpopo en die Suidkaap ry, vir ons pragtig in al die seisoene. Ons het deur die Richtersveld gery na hulle baie skaars goeie reën gehad het en die wêreld was 'n kleurvolle tapyn van vetplante en dit was pragtig.
Ek dink 'n mens moet jou gemoed oop hou vir die skoonheid om jou maar dit doen jy reeds ook soos ek uit vroeëre bydraes van jou opgemerk het. Vat net die pad, julle sal dit geniet. Ek is jammer ons sal niedan in Stilbaai wees nie want dit sou lekker wees om julle te ontmoet en reisverhale uit te ruil.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven

Dankie Leon. Maar in terme van aanskoulikheid en mooi gedurende einde Februarie - begin Maart van die jaar - sou jy dan ook hierdie plekke aanbeveel?

Verseker. My Tannie bly in Brenton on Sea. Sy het al herhaaldelik ook bevestig dis die tyd van die jaar wat sy dit die meeste daar geniet. Plet kry steeds buiteland se besoekers tot aan die einde van Feb. Mense maak hulle huise beskikbaar vir bly plek van die oorsee se kliente. R25000 - R40 000 afhangende hoe groot jou huis is, vir huur per maand wat jy kry sal ek in 'n tent gaan bly in 'n karavaan park vir 'n maand of wat.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Ek het die antwoord op my aanvanklike vraag.
Ek ek gaan nou-nou daaroor skryf hier. Dit was 'n ongelooflike reis... ons het pas gisteraand teruggekom nadat ons vir tien dae gaan soek het na die roete wat mens in Feb/Maart kan ry om vir jou dieselfde blommeprag en geure te gee as wat mens in November in die Karoo kry...
En ons het dit gevind.
As iemand aan my die vraag sou vra: "Waar is die mooiste deel van die Weskaap waarheen mens in februarie/Maart in n sirkelroete kan reis, in terme van plante wat nog nie uitgeblom is vir die seisoen nie, en wat steeds blomme en kleure het om jou aan te verwonder?" dan kan ek nou antwoord, want ons het pas vir tien dae so 'n ontdekkingsreis onderneem:
Swellendam
Bonnievale
Rawsonville
Af met die ou Du Toitskloofpad...
Draai regs in Sonstraal Rd onder net voor die Paarl en ry Wellington toe deur Dal Josafat
Vat die Bainskloofpad tot by Tweede Tol baie stadig en met jou kamera gereed in jou hand.
Ry terug Wellington toe met die asemrowende Bainskloofpad langs baie stadig en gereed om jou noodligte aan te skakel, vir jou navigator om uit te klim en fotos te neem
Ry met die "Sonstraal Rd" terug vanaf Wellington en vat die agterpaaie Somerset Wes toe.
En hier begin die ware antwoord:
Vat Clarens Drive vanaf Gordons Baai verby Kogelbaai, Rooi Els, tot by Bettiesbaai.
Bettiesbaai tot by Kleinmond...
Hierdie pad, sal jou genoeg gee van jou behoefte aan die veldprag van Februarie/Maart in die Weskaap... met sy verassende kleure en geure...
Het julle na die pikkewyne naby Bettiesbaai gaan kyk?
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Omdat ons in November 2024 so 'n geweldige aangename grondpadreis gedoen het in die Karoo, wou ons dit weer hierdie keer doen, en het ek ons roete vanaf Knysna na Swellendam so beplan dat ons vinnig teerpadlangs sou ry tot by Albertinia en van daar af grondpadlangs met die agterpaaie baie stadig, 40kpu, sou ry deur Robertson vir middagete en dan verder met die agterpaaie tot by Swellendam...
Dit het egter nir heeltemal vir my gewerk nie - want die grondpaaie was meesal verby ou vervaalde koringlande, en die veld langs die pad was ook uitgeblom en stowwerig, want daardie grondpaaie was anders as in die Karoo baie meer uitgetrap en stowwerig, dalk omdat dit in Februarie oor die algemeen droer is in die Weskaap... maar daar was tog mooi deeltjies soos verby Suurbraak.
Ons reis was van Swellendam af was egter teerpadlangs, maar ons het ons bes probeer om die snelwee en besige paaie te vermy en doelbewus die ou agterpaaie gery...
Vir meer oor ons aangename verblyf in Swellendam, kan jy hier lees: