Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21190 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5598 |
Bostoe | 5369 |
HM | 4790 |
BrianB | 4780 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1618 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 984 |
Gerden | 916 |
Chris Centurion | 789 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 578 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 358 |
survivalist | 341 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |
Slaay | 256 |





Waar is julle ??
Ek al n ruk op die forum al van 2013 af en van julle nog langer hier ek ook n stil tyd gehad hier maar probeer weer aktief raak op die forum, hier het ek al baie geleer van so baie mense en verkilende drade wat vir jou se jy or nay maar ek kom agter baie forum lede of weg of min betroke wat dink julle is die probleem
Haak daai wa kamp bly koning
Bostoe sê onder andere: "ek kom agter baie forum lede of weg of min betroke wat dink julle is die probleem".
Baie, miskien meer as die helfte van my tydgenote is oorlede, en ander het afgetree en nie meer toegang tot die die kantoor se internet fasiliteite nie, met 'n inkomste wat nie luukshede soos WiFi regverdig nie.
Wanneer ek egter hierdie forum vergelyk met 'n ander Suid Afrikaanse forum wat ook voertuie as hoof-fokus het, is dit opvallend hoe stil hierdie forum is in vergelyking met die ander een.
Ek sou die groter deelname daaraan toeskryf dat die een se lede hoofsaaklik stimulerende insette plaas wat belangstelling prikkel en dat daar nie lang menings verwisselings of gesprekke plaasvind tussen lede oor onderwerpe wat eerder op Whatsup of Facebook tuishoort nie.
'n Ander aspek wat ook nie oor die hoof gesien moet word nie is dat toe ek hier aangesluit het ek 62 en alreeds afgetree was. Miskien is ek skuldig daaraan dat jong mense nie hier tuis voel nie, want die indruk wat ek meestal kry is dat hierdie 'n oumens forum is. Jongmense is baie meer tegnologie betrokke as ou toppies van amper tagtig soos ek.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Ek het laas n artikel gelees dat SAners geneig is om nie deel te neem aan sosiale media groepe weens die feit dat daar altyd n klomp etters daar buite sit en wag en kyk hoe hulle jou profiel kan hack of misbruik maak daarvan.....te veel scammers daar buite.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ek dink ook soms dat as jy nie werklik oor kamp wil gesels nie, gaan jy nie fisies in op n website wat daaroor handel nie. Op n plek soos facebook het jy nie veel van n keuse nie....dit kom automaties op. As kampvraag jou daar prikkel, gaan kans groot wees dat jy gaan reageer.
Ander ding is...daar is min dames op hierdie kamp forums, miskien omdat mans soms te tegnies raak
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Dan is daar baie soos ons wie se kinders doer vêr oorsee woon. Ons kinders (agt kleinkinders) het vanjaar by ons ingeval, na DRIE jaar se afwesigheid. Dis dan wanneer n oupa en ouma alle vakansie-planne kanselleer. Die ergste is natuurlik wanneer hulle weer vertrek en jy besef jy gaan daai kleinkinders waarskynlik nooit weer sien nie. Die finansies is eenvoudig n wrede werklikheid.
You'll never never know if you never never go
Elke ou het maar sy sienswyse oor iets. Die jonger geslag hou dalk meer van die sosiale platvorms soos facebook en Twitter.
Daar word oor alles en nog wat gesels nie net kamplewe nie.
Dis hoekom ek dink die forum maar stadig besig is om lede te verloor.
Ek self is maar deur 'n moeilike tyd. Weens dit was mens nie juis lus om te gesels nie. Tans besoek ek die forum as ek geleentheid kry. Ek het nie meer 'n karavaan nie. Het onlangs eers weer 'n voertuig gekry om met te kan ry.
So, as die fondse weer beskikbaar raak om te kan gaan kamp kan ek dalk weer saam gesels soos van ouds.
Verder kan ek net se...................... enjoy while it lasts!!!!
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Ek wonder nou ook oor 'n ander verskynsel. Toe die hane voordag begin kraai het was daar twee insette op hierdie draad wat intussen verdwyn het.
In die een het ek my misnoë uitgespreek dat ek nie na 'n rukkie spel of taalfoute kan regstel nie. Ek het op skool geleer om my opstelle en briewe na 'n rukkie weer te lees en dan te besluit of dit nie dalk kan verbeter nie.
In antwoord hierop was daar 'n reaksie wat daavan hou dat redigering gou-gou gesluit word.
Nou wonder ek, na my mening het nie een van ons twee enige reels oortree nie. Of is opbouende kritiek nou onaanvaarbaar of was daar 'n tegniese fout weens beurtkrag?
Dit bekommer my, want die besigheidswereld is mos maar soos om fiets te ry. As jy nie bly voortbeweeg en nuwe ondersteunersmarkte ontgin nie val jy om, en daarvan hou borge en adverteerders niks. Die grootste getal aankopers van kampeer-verwante toerusting is tog sekerlik mense onder vyftig,
Of wat praat ek alles..
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.

Ek wonder nou ook oor 'n ander verskynsel. Toe die hane voordag begin kraai het was daar twee insette op hierdie draad wat intussen verdwyn het.
In die een het ek my misnoë uitgespreek dat ek nie na 'n rukkie spel of taalfoute kan regstel nie. Ek het op skool geleer om my opstelle en briewe na 'n rukkie weer te lees en dan te besluit of dit nie dalk kan verbeter nie.
In antwoord hierop was daar 'n reaksie wat daavan hou dat redigering gou-gou gesluit word.
Nou wonder ek, na my mening het nie een van ons twee enige reels oortree nie. Of is opbouende kritiek nou onaanvaarbaar of was daar 'n tegniese fout weens beurtkrag?
Dit bekommer my, want die besigheidswereld is mos maar soos om fiets te ry. As jy nie bly voortbeweeg en nuwe ondersteunersmarkte ontgin nie val jy om, en daarvan hou borge en adverteerders niks. Die grootste getal aankopers van kampeer-verwante toerusting is tog sekerlik mense onder vyftig,
Of wat praat ek alles..

Die gesprek oor verandering van skrywr in sekere tydstip is op die Kersfees draad....ek kyk of ek dit kan "copy en paste"
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ


Die gesprek oor verandering van skrywr in sekere tydstip is op die Kersfees draad....ek kyk of ek dit kan "copy en paste"

WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ek self besoek die forum op n gereelde basis maar sal 100 keer dink voor dat ek weer sal vra of antwoord op die forum Rede 1 Kan nie sien hoekom lede nie hulle Regte Naam gebruik nie en 2 As gevolg van sekere lede se antwoord op plasings Dit is my rede Lekker dag verder

Die gesprek oor verandering van skrywr in sekere tydstip is op die Kersfees draad....ek kyk of ek dit kan "copy en paste"

Dit lyk my ek sal harder moet probeer om Clint Eastwood se sê ding na te streef. Dit lui: "Don't let the old man in !" ð¡
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Goed ek sal bieg dat dit nou n lang ruk is wat ek nie meer enige kommentaar of deelneem aan gesprekke op hierdie forum nie. Ek lees wel nog met tussenposes en toe sien ek nou hierdie onderwerp. Daar is andere wat , soos ek, dieselfde voel. Tjaart se antwoord en veral sy tweede punt het my laat dink aan "Gebed van n Oumens" ( Met erkenning aan onbekende skrywer). Ek haal enkele gedeeltes daarvan hier aan vir die wat dit moontlik nuttig mag vind. Ek forseer dit op niemand af nie en dit is op niemand spesifiek bedoel nie.......... lees as u wil en maak maar daarmee wat u wil. Ek haal aan :-" Here u weet beter as ekself dat ek besig is om ouer te word en binnekort oud sal wees. Weerhou my van praatgierigheid, en veral van die dodelikke gewoonte dat ek iets te se het oor elke onderwerp en met met elke geleentheid.
Verlos my van die drang om almal se sake te probeer regstel. Maak my versigtig maar nie baasspelerig (of beterweterig) nie. Met my opgegaarde bron van onbeperkte wysheid (of so dink ek) , lyk dit so n verkwisting om nie uit te deel nie. Maar u weet Liewe Heer, dat ek aan die einde van die dag nog n paar vriende wil oorhe.
Ek pleit vir groeiende nederigheid en minder selfversekerdheid wanneer my standpunt bots met die van ander. Leer my die dure les dat dit moontlik is dat ek van tyd tot tyd verkeerd kan wees..............en so aanstoot aan andere kan gee." DIS AL.
Maar net my beskeie gedagte. Jammer om te sien hoeveel "ou hande" net stil verdwyn het.
Geseende nuwe jaar en voorspoed vir die oorblywende aktiewe lede.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
Ja soms is ons te oor gevoelig as iemand its se hoop forum vat weer vlam mooi loop
Haak daai wa kamp bly koning
PietG sê: "maak daarmee wat jy wil". My klip in die bos....
Nou goed, kom ek neem een sinsnede uit die gebed en parafraseer dit na die teendeel. "Weerhou my van praatgierigheid, en veral van die dodelikke gewoonte dat ek iets te se het oor elke onderwerp en met met elke geleentheid." Dit lees dan as volg: " Weerhou my van die uitspreek van menings of opinies tydens gesprekke, en leer my die gewoonte aan dat ek niks te sê sal hê oor enige onderwerp of by enige geleentheid nie".
Hoeveel gesprekke sal dan nog plaasvind. Waarom sal jy by iemand gaan kuier? Om waaroor te gesels? Of is gesels dan nog van toepassing? En met betrekking tot hierdie forum, sal dit dan onvanpas wees om insette te lewer op drade?
Indien elke lid voordat hy 'n inset lewer homself sou afvra "Weerhou my dat ek iets te se het oor elke onderwerp", hoeveel deelnemers sal oorbly op hierdie forum?
Ek sou eerder wou bid dat ek nooit 'n gebrek aan geselsgenote, stimulerende inligting of geleenthede tot deelname aan interaksie met sielsgenote sal hê nie. Ek kom so nou en dan by 'n aftreeoord uit, en dink die voorafgaande is op die meeste van die ouer geslag van toepassing.
Wat sê julle oues van dae?
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
En so het elke persoon sy reg op 'n opinie.
Ons moet maar net daai reg respekteur.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Ek is maar min op die forum omrede ek te veel op my lys het agv my gehoor verlies.
My vrou en ek reis Sondag JHB toe waar ek dan Dinsdag die Oor spesialis sien of dit Å "Go of No Go" is.
@ Tjaart, ek sal my bes doen om oê te kom wys.
Jy het genoeg tyd om te leer stadig praat sodat ek jou lippe kan lees "LOL".
