Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21190 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5598 |
Bostoe | 5369 |
HM | 4790 |
BrianB | 4780 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1618 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 984 |
Gerden | 916 |
Chris Centurion | 789 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 578 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 358 |
survivalist | 341 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |
Slaay | 256 |





VOERTUIE VAN DIE JAAR
Ek sien Ford het skoonskip gemaak in die bakkie en SUV afdelings van die voertuie van die jaar. 'n Ranger is selfs aangewys as die algehele wenner.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Hoe is die Toyota manne dan nou so stil?
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Tog lyk my verkies meeste mense betroubaarheid?
10 best-selling bakkies in South Africa for May 2023
5. Mahindra Pik Up – 639 units
7. Toyota Land Cruiser 79 – 371 units
8. Volkswagen Amarok – 330 units
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Dalk gaan die mense maar vir die beste prys. Ek weet nie hoe Ford en Toyota se pryse vergelyk nie, maar is Toyota nie dalk per model goedkoper as Ford nie?
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Lees bladsy 9, die onderste helfte van vandag se beeld. Dit se nogal iets van die fords
Een swaeltjie maak nie somer nie en een suurgat maak ook nie Ford sleg nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek kry die manne wat n "beste kar" moet kies regtig jammer. Selfs die eenvoudigste Chinese affêring-kar is deesdae net so goed soos enige ander kar. My rekenaar-tegnikus ry n dingetjie wat Cherry genoem word. Die ding luister na "voice commands." Hy maak die ruite en dakvenster oop en skuif sitplekke rond en nog ander goed deur bloot te sê wie jy is en dan bloot te praat. Sy sitplekke maak warm en hy het genoeg speakers om soos n nagklub te klink.
Ek dink om te kies watter kar die beste is lê somtyds in die massiewe hoeveelheid wat op bemarking gespandeer word. Lank gelede het ek en Jaco Kirsten ELKE Saterdag gespandeer om vir MotorBurger karre te toets, dit was nodig om n spesifieke ingesteldheid te hê om die eenvoudigste kar (Lada Niva) te vergelyk met n monster soos die reuse Nissan Patrol. Elke kar het sy eie mooi-heid, min karre het n ingebore fout. Sommige karre het wel (Landrover) ingeboude swakhede gehad, maar selfs hulle is ywerig aangehang.
You'll never never know if you never never go
Ja, dit is moeilik en die tegnologie op motors vorder so vinnig, dit laat jou kop draai. 'n Tweejaaroue voertuig is reeds verouder. Ek het 'n ruk gelede die topmodel Haval Jonien bestuur. Baie indrukwekkend, (hoewel, sy turbno lack my gepla het en om al die foefies te gebruik, het jy omtrent 'n graad nodig), maar ek wonder toe hoe duursaam al hierdie dinge hulleself gaan bewys. Gaan baie van die goed nie dalk- net wanneer die waarborg verstryk het- ingee nie? My eerste voertuig, 'n skuinsrug Anglia, kon jy amper net met 'n skuifsleutel en 'n skroewedraaier op die pad hou, nou kan ek bykans niks sel doen nie en die werkswinkel ouens kan ook amper niks sonder die leiding van 'n rekenaar doen nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Jip, die dae waar ek my VW Kewer se gebreekte vergasserkabel kon vervang (om by die huis te kom) met 'n toutjie om die agterste buffer en hand by die venster is verby. My Jetta VR6 moes per vragvervoer na die VW agent geneem word want die brandstof module het padgegee ...
Syb Brink het my en Sidney laat weet dat sy Kewer op pad na Mosambiek se enjin probleme gegee het. Kan ons asseblief vir hom sy spaar enjin bring - hy staan net anderkant Middelburg. Daar aangekom het Syb en Rosemary klaar die enjin met die hulp van 'n boom se tak uitgehaal, ons het die nuwe enjin ingepas en hulle is vort met hulle vakansie ......
Lekker dae!!
Ek het eenmaal Vrydagmiddag in Pretoria gaan staan met 'n Ford Corsair wat sy silnidertoppakstuk geblaas het. Ek was daar vir 'n amptelike afspraak met 'n pak en das aan. Dit was gelukkig naby die Ford handelaar en ek het 'n nuwe een gaan koop, dit sommer net daar ingesit en teruggery Alberton toe. Soos ek sê, skroewedraaier en skuifsleutel- en miskien so 'n stukkie bloudraad.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Innie 70 en 80 was dit basies Ford en Chev jy het jou Ford ouens gehad en so Chev vandag se tyd is dit die Ford ouens en die Toyota ouens ek lank Nissan gery ry nou 2 jaar XLS Ranger 2.2 en ek moer gelukkig met hom
Haak daai wa kamp bly koning
