Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 22038 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17789 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6244 |
Bostoe | 5471 |
BrianB | 5319 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3223 |
mulderpm | 2712 |
Saturn Member | 2000 + |
Kanneman | 2150 |
Chris Boucher | 2005 |
Jupiter Member | 1450 + |
Swanie | 1868 |
Nico | 1772 |
steamer | 1702 |
Hennie Botha | 1683 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1463 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1262 |
Louvan | 1252 |
Gerden | 1187 |
RichardJ | 1173 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 855 |
Fanie | 810 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 663 |
snys | 631 |
Benkie | 594 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Willie54 | 444 |
Harv | 424 |
1Pierre2 | 424 |
Rare Breed | 420 |
Andre Smit | 417 |
Elleebee | 388 |
LEEN | 386 |
Kamp is Koning | 372 |
Oumens | 361 |
survivalist | 356 |
Izak | 326 |
RD | 322 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 270 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 197 |
BigG | 184 |
Maurits | 173 |
Ad Rem | 168 |
Andal | 167 |
Andrew | 153 |





Virtuele Ratte
Die idee van virtuele ratte in CVT ratkaste is vir my onnodig. 'n CVT ratkas is teoreties die mees ekonomiese omdat dit deurentyd die masjien teen die mees ekonomiese toere laat loop. Sover ek weet het alle CVT's egter 'n elektroniese program wat die masjien telkens effens laat ruk sodat dit voel of ratte oorgeskakel word. Die rede daarvoor is dat bestuurders vermoedelik graag wil ervaar dat hulle 'n gewone ratkas in die voertuig het. Ek dink dit 'n wan-idee. Met dubbelkoppelaarratkaste is die oorskakeling gewoonlik so glad dat jy dit gladnie voel nie en veral moderne petrolvoertuie se masjiene is baiemaal so stil dat jy gladnie die masjien hoor nie- tensy jy die petrolpedaal tot teen die vloer trap. As jy so 'n voertuig bestuur, het jy dus geen sensasie van die oorskakeling van ratte nie en dit vind ek baie aangenaam. Ek meen dus as vervaardigers wat CVT's gebruik oortuig is dat (sommige) bestuurders nog die sensasie van ratoorskakeling wil hê, behoort hulle die bestuurder die keuse te gee om die programmetjie aan of af te kan skakel.
Ek lees ook dat vervaardigers van elektriese voertuie ook so 'n programmetjie in hulle voertuie wil inbou. Dit is vir my ewe onnodig. Ek het nog nie die geleentheid gehad om 'n elektriese voertuig te bestuur nie, maar ek geniet dit wel as 'n voertuig stil sonder rukke, versnel so ek vermoed ek sal die stilte en egalige versnelling va so 'n voertuig geniet. Die tyd toe jong mense raserige uitlaatstelsels en indrukwekkende ratoorskakelings, selfs met sogenaamde 'double clutching' verkies het, is lank verby en ek meen vandag se bestuurders verkies meestal 'n doodstil voertuig. Gee ons minstens die keuse.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ja wel Fred van die egalige versnelling hou ek self ook baie. Het die geleentheid gehad om die BMW E1 karretjie te bestuur.
Daai amazing versnelling en dan nou net die aanhou versnelling sonder die sogenaamde "Ratwisseling"gevoel was iets besonders.
Ek dra glad nie kennis dat vervaardigers sulke "Make Do" ratte in 'n voertuig inkorporeer nie.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Ek het net kennis van n Honda wat ek bestuur het en wat wel sulke kammakastige ratte het. Volgens wat ek lees is dit algemeen met CVT's. Waarskynlik is daar nie juis karavaanmanne met sulke ratkaste nie, maar dalk het hulle tweede voertuie dit wel. Die menings van mense met ondervinding sal welkom wees.4
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Waarom word CVT ratkaste nie in bakkies soos die HiLux, Ranger en Isuzu gebruik nie?
Die rede daarvoor is seker hoekom hulle ook nie vir karavaan sleep aanbeveel word nie.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old, one is old because one stopped playing.
Presies! Ek het nie juis ondervinding van die tipe ratkas nie, maar logika en verkeie artikels wat ek gelees het, het my oortuig ek sal nie my geld op so iets waag nie, nie vir n sleepvoertuig nie en nie vir my vrou se voertuig nie. Maar dis n feit dat as jy nie n CVT of dubbelkoppelaar (wat ek ook nie meer vertrou nie), wil hê nie is jou keuses maar baie skraal. Al die nuwe Corollas het bv CVT's.
Die menings wat ek op internet lees is dat die mees duurssme ratkaste wrinkragomskakelaar outokaste is met handratkaste in die tweede plek. En Outokas met met n koppelaar wat inskop, is ook die ekonomieste en net effens minder ekonomies wat verbruik betref as n CVT.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek is ook nie 'n aanhanger van CVT ratkaste nie. My ma se Honda Jazz het een en dit voel maar vreemd vir my. My 2020 Hyundai het 'n gewone 8 spoed outomatiese ratkas en as jy egalig versnel moet ek na die toreteller kyk om te sien wanneer hy oorskakel. Sal beslis ook nie belangstel in 'n elektroniese ruk in 'n CVT ratkas nie.

