Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21190 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5598 |
Bostoe | 5369 |
HM | 4790 |
BrianB | 4780 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1618 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 984 |
Gerden | 916 |
Chris Centurion | 789 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 578 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 358 |
survivalist | 341 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |
Slaay | 256 |

Vervoer van Wapentuig
Graag verneem ek van die garde wat permanent op die pad is, wat om te doen met wapen/s.
Groot asseblief, ons het nie 'n idee nie.
Ek wil nie 'n moerske swaar kluis monteer in die karafaan nie. Wat staan my te doen.
Het gesels met 'n jagter en hy stel voor mens koop geweersak en dis hoe hulle wapens vervoer as hul gaan jag.
Enige voorstelle?
ouman
Weet nie watse gewere julle het nie. Ons het net pistols en n SABS klein kluis onder die bank installeer. Dit voldoen aan wetgewing

Weet nie watse gewere julle het nie. Ons het net pistols en n SABS klein kluis onder die bank installeer. Dit voldoen aan wetgewing

Fienie
Ek gelees op die net hulle vereis dat kluis deur 'n "gelesensieerde " persoon geinstalleer moet word (naam, id nommer ens) word verwag.
Nou se^ ek vir vroulief, ja doen dit self(installeer korrekte kluis), dan kry jy moeilikheid oor die instellasie in elk geval !
Ons 'n hael gooier.
Jy kan dit self installer en polisie kry om dit te inspector.
Ek wonder of jy nie 'n probleem gaan hê met die feit dat die kuis nie binne 'n gebou sal wees nie maar in 'n karavaan. Ek twyfel of die polisie dit sal aanvaar as jy hulle vra om dit goed te keur. Sal dit nie maar die beste wees om van die geweer ontslae te raak nie? Dis miskien maar een van die dinge waarvan jy afskeid sal moet neem om aan te pas by julle gekose nuwe lewenswyse. 'n Kluis wat 'n geweer kan huisves, is groot en swaar en dit terwyl die karavaan reeds min pakplek vir noodsaaklikheide het en ook beperk is met die gewig wat hy kan dra. Dan kan jy, soos iemand hierbo genoem het en ek ook gedoen het, 'n klein kluisie onder die bank inbou waarin jy seker is jou wapen is veilig.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Dit is korrek. 'n Kluis kan deur jouself geinstalleer word. Daarna moet jy aan die polisie fotos verskaf of hulle moet dit inspekteur.
Let wel dat daar 'n voorgeskrewe manier is wat die kluis vasgesit moet word. Byvoorbeeld dat jy van 4 x groot "Rawlbolts"moet gebruik maak.
Verder praat ek onder korreksie en die mense wat meer hiermee werk kan my reg help. Daar is tans nie 'n voorgeskrewe manier van die polisie af van hoe die kluis in 'n karavaan of selfs voertuig vasgesit moet word nie. Dus is die uitgangs punt dat as jou wapen nie in die kluis by jou HUIS is nie, IS HY AAN JOU LIGGAAM OF FISIES IN JOU BESIT.
Jy kry boute en moere wat as die kluis daarmee gemonteer is, draai jy die hexagon gedeelte van die bout af en dan kan jy die kluis nie weer los maak nie. So kluis sou ek voorstel moet dan so gemonteer word dat dit vas is aan die staal onderstel van jou karavaan. In die hout gedeeltes kan die hele kluis met 'n hammer of byl verwyder word.
So tensy iemand ons kan inlig oor die voorgeskrewe manier om 'n kluis in voertuig of karavaan te monteer glo ek geld die regulasie dat die wapen aan jou as persoon moet wees.
Ek het die kluise in my karavane wel gebruik dat as ek in en om die karavaan binne die kamp gebied is, is hy daarin toe gesluit om te verhoed dat ek ablusie toe met hom te loop. As ek die kamp verlaat vir welke rede ookal, was die wapen aan my persoon.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Goeiste, ek kan sien dat ek probleme gaan kry.
Sover ek weet, moet mens verder 'n spesiale permit kry om die wapens te vervoer ook.
Sjoe!
ð¤ª
Alles hang af waarvoor die wapen/s vervoer word. As dit jou eie is en jy dra dit by jou is 'n permit nie nodig nie. As dit jag wapen is en jy is oppad om te gaan jag of kom terug van jag af is 'n permit nie nodig nie.
As jy wapens vervaardig en moet dit op 'n plek gaan toets en funksioneer het jy 'n permit nodig wat uitgereik word volgens die vervaardiger lisensie wat jy dan moet he. Want jy wat die vervaardiger lisensie besit is dan nie noodwendig die persoon wat die wapens gaan toets of funksioneer nie. Dis jou werkers/personeel wat dit gaan doen.
As jy 'n aantal persoonlike wapens wil vervoer is ek nie seker of 'n permit vir dit nodig is nie.
Wat jy wel kan doen met jou wapens is om iemand te vra om dit vir jou in hul kluis te stoor. Die kluis moet dan volgens die voorskrifte wees en die permit om die wapens dan daar te stoor word by die plaaslike DCO uitgereik. Ek dink so permit is 3-4 maande geldig.
So kan ek bv my seun vra om my wapen in sy kluis te stoor as ek met vakansie sou gaan. Hy het reeds 'n lisensie vir sy eie wapen en kan dan aansoek doen vir so permit. As permit goed gekeur word kan die wapen in sy kluis gestoor word vir die tydperk aangedui op die permit. Wapen mag geensins deur hom uit die kluis gehaal word of gebruik word nie.
Ek self het 'n pistool by 'n kolega gekoop wat verhuis het waar daar geen kluis by sy nuwe huis was nie. Ek het aansoek gedoen vir die permit totdat die lisensie goed gekeur was. In die geval het die DCO die permit vir 'n jaar toegeken. Ek het my wapen lisensie gekry voor die permit verstryk het.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Jy kan self 'n wapen handelaar vra om die wapens vir jou te stoor. Maar daarvoor gaan jy betaal.

Dankie Leon.
ouman
Leon, Ek wonder hoe lank dit gaan neem om so 'n tydelike stoor permit te kry. Ek het 'n haelgeweer aan iemand geskenk, seker twee jaar lelede, eerder as om dit aan die polisie te oorhandig om te vernietig. Dit lê nou al vir die hele tyd by 'n handelaar wat behulpsaam is met die proses, en die man wag steeds vir sy lisensie van die polisie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Fred, ek het ook huis verkoop en stoor wapens tans by 'n Prokureer. Die Stoor permit by die SAPS het ek dieselfde dag gekry hier in Klerksdorp, sonder enige probleme want die Prokureer se kluis is ook goedgekeur.
Moes net ID en 1 x wapen lisensie van die prokureer by my aansoek aanheg.

Dit is baie vinnig. Jy vul die dokumente in en die DCO gee die toestemming. Dit is net makliker as die persoon by wie jy dit wil stoor ook in besit is van 'n vuurwapen lisensie soortgelyk aan dit wat jy daar wil stoor en as die kluis reeds deur SAPS goedgekeur is.

Fred, ek het ook huis verkoop en stoor wapens tans by 'n Prokureer. Die Stoor permit by die SAPS het ek dieselfde dag gekry hier in Klerksdorp, sonder enige probleme want die Prokureer se kluis is ook goedgekeur.
Moes net ID en 1 x wapen lisensie van die prokureer by my aansoek aanheg.

Petrus se inset is ook bewys daarvan
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Met al die insette wat Leon ge lig het, is Hy reg.
Enige voertuig, wa of karavaan is nie gelding om n wapen te stoor nie. Word Hy daar uit gesteel het jy moeilikheid. Of dra hom aan jou as person.
So los dit by iemand wat n kluis het met n permit.
Wapens is n baie sensatiewe deel. Niemand moet weet wat jy het en waar dit is nie, jou dokumente is mos by die Polisie, dis hulle wat wil weet.
Moet nie slapende honde wakker maak nie.
Al weer oppad iewers heen.

Car safe's are sold, it is legal to store your firearm in an approved car safe installed in the correct manner. These safes are incredibly secure and cannot be lock picked.
I am not sure but can check if legal for a caravan. I have a friend who manufactures and installs car safes for handguns.
When we went camping it was a major issue, so I left my handgun at home on my safe. In the Kruger you can declare your firearm and they will put a seal on it, and you can proceed into the park. Just don't break the seal. The weapon will need to be with you at all times to be legal.
One too many wasted sunsets, one too many for the road.
If you need to take the handgun with you because it is not safe to leave it at home, or perhaps to defend yourself against a single unarmed culprit wanting to rob you in your caravan, that is OK. But to depend on it to prevent a hijacking, that I think is giving yourself a false sense of security. Hijackers are more prepared than you. You just cannot react with your gun against a barrel pressed againt your head or an AK 47 or two pointed against you.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven

Met al die insette wat Leon ge lig het, is Hy reg.
Enige voertuig, wa of karavaan is nie gelding om n wapen te stoor nie. Word Hy daar uit gesteel het jy moeilikheid. Of dra hom aan jou as person.
So los dit by iemand wat n kluis het met n permit.
Wapens is n baie sensatiewe deel. Niemand moet weet wat jy het en waar dit is nie, jou dokumente is mos by die Polisie, dis hulle wat wil weet.
Moet nie slapende honde wakker maak nie.

Moet die persoon by wie die vuurwapen gestoor word nie ook 'n bevoegtheidsertifikaat besit nie?
Dalk beter om die wapens by 'n wapenhandelaar te laat bewaar, al kos dit 'n paar rand.
The Happy Campers.

Car safe's are sold, it is legal to store your firearm in an approved car safe installed in the correct manner. These safes are incredibly secure and cannot be lock picked.
I am not sure but can check if legal for a caravan. I have a friend who manufactures and installs car safes for handguns.
When we went camping it was a major issue, so I left my handgun at home on my safe. In the Kruger you can declare your firearm and they will put a seal on it, and you can proceed into the park. Just don't break the seal. The weapon will need to be with you at all times to be legal.

Yes car safes are sold but it does not mean it is legal to store your weapon in a safe in a car!!!
Andrew the problem lies with the fact that the vehicle can be stolen then the weapon is gone with it. The lock maybe made in such a way that it cannot be picked, but when the vehicle is stolen the whole safe can be removed and opened with a grinder or metal cutting tools. So if your car is stolen with the weapon inside it, safe or no safe you will be charged by the police as it is a criminal offence to loose your weapon.

Moet die persoon by wie die vuurwapen gestoor word nie ook 'n bevoegtheidsertifikaat besit nie?
Dalk beter om die wapens by 'n wapenhandelaar te laat bewaar, al kos dit 'n paar rand.

Dit is korrek. Die wapen kan slegs gestoor word by iemand wat ook 'n lisensie vir 'n vuurwapen het. (In so geval behoort die bevoegheid van die persoon in plek te wees en sou die polisie ook rekord het van die kluis wat gebruik sal word vir die stoor van die wapen).
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

100% comment, Fred.
Ek is bevrees dat daar NIE EEN geval is waaraan ek kan dink in Suid Afrika waar n wapen die redding was tydens n aanval op jou terwyl jy en jou gesin in die motor is nie. Ek het ook n pistool, maar ek is bevrees dit is net n baie vae troos. In ons land word jy nie meer met n knopkierie aangeval nie, jy sit met AK's wat gebruik word.
En AS jy die dag MOET skiet, moenie met minder as 14 patrone in jou pistool sit nie. En daar is net een plek vir jou pistool : op jou heup. En as jy MOES skiet, wees gereed om daardie aand in n sel te spandeer.
Dis die wreedheid waarmee ons sit.
BLY WEG van gevaarlike paaie, eenvoudig.
Ek glo n pistool is net iets werd BINNE-IN jou huis, NADAT jy eers raakgeskiet is. Die polisie stel nie in JOU saak belang nie, die "arme" krimineel se belange sal altyd voorrang geniet.
(Terloops, ek het geweier dat die polisie my kluis-installasie kom inspekteer, hulle gatte. Ek het die landdros genader wat sy sekretaresse volmag gegee het om die inspeksie te doen.)
You'll never never know if you never never go

Graag verneem ek van die garde wat permanent op die pad is, wat om te doen met wapen/s.
Groot asseblief, ons het nie 'n idee nie.
Ek wil nie 'n moerske swaar kluis monteer in die karafaan nie. Wat staan my te doen.
Het gesels met 'n jagter en hy stel voor mens koop geweersak en dis hoe hulle wapens vervoer as hul gaan jag.
Enige voorstelle?
ouman

Dit is wetting om n kluis in jou voertuig of karavaan te sit, mits die kluis aan sekere vereistes voldoen.
Nou net n uittreksek gekry van die wet. Dit word beskryf in hoofstuk 10, sub-seksie 12. As ek geweet het hoe om dit aan te heg van my foon af, sou ek
Ek het ook 'n PDF formaat voorskrif maar weet ook nie hoe om dit aan te heg nie.