Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21198 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5604 |
Bostoe | 5371 |
HM | 4790 |
BrianB | 4785 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3170 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1620 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 986 |
Gerden | 918 |
Chris Centurion | 790 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 579 |
Andrew | 509 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 359 |
survivalist | 343 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |





Verbeel ek my of word die Kersfees atmosfeer afgeskaal?
Dit is vir my opvallend dat omtrent geen winkels in ons area hierdie jaar kersliedere gespeel het nie.
Die kersversierings is ook nie naastenby wat dit in die verlede was nie.
Ek kry die indruk dat self RSG omtrent geen kersliedere voor kersfees gespeel het nie, en wanneer hulle dit gedoen het was dit meestal engelse liedjies - nogal!
Opvallend ook hoeveel seisoenale groete nie noodwendig na kersfees verwys nie, maar eerder na die "feesgety".
Miskien het dit met die area waar ons woon te make - of miskien met die feit dat Covid gemaak het dat kersfees nie meer oor-gekommersialiseer word nie omdat spanderingsvooruitskattings afgeskaal was.
Ek vermoed dat die kersboodskap verdring word deur tegnologie, en dat meeste jongmense dit as minder belangrik beskou in hulle oortuigings. Miskien moet die internet met sy soekengins se gepaardgaande kennisontploffing deel aan die skuld daarvoor kry.
Ek hoor predikante praat nie meer van die geskiedenis van kersfees nie, maar van die verhaal van kersfees - 'n subtiele klem verskuiwing.
Ek self mis die afwagting en mistiek wat in die verlede vir my met kersfees gepaard gegaan het.
Of miskien is dit maar net die ouderdom wat my persepsies verander. Maar nou ja, daar word mos beweer dat jou persepsie jou werklikheid is.
Wat is jou mening?
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Met ons Golf klub kers golf dag was die golf karre op gemaak en met "fansy ð dress" het baie kersvader hoede op gehad
Ek bly maar uit die winkels maar ek dink covid het ook meeste mense weg gehou.
Al weer oppad iewers heen.

Ek moet erken ek hét gedink dat Kersversierings in die winkels hierdie jaar later opgegaan het as gewoonlik, maar darem het dit wel gebeur. In die supermarkte was daar darem ook die gewone "Jingle Bells" en selfs ander meer gewyde liedjies - onthou ons is darem in die platteland - miskien is dit die verskil ..........
Stem beslis saam met die algehele gevoel oor hierdie tydperk ... dis beslis nie meer dieselfde as selfs 3 - 4 jaar gelede nie. Was egter verblydend om hier waar ons kamp die kindergesiggies en die geroep (geskreeu!) vir Vader Kersfees om sy verskyning te maak te kon waarneem ... ten minste is dié gevoel darem nog daar onder die jonges!
Kanneman ek deel jou siening. Kan ek maar met n mate van "negatiwiteit" (wat nie in my aard is nie) se soos die psalmdigter duisende jare gelede "Alles hier benede het verander, oral om my heen is nag". Wonder hoekom. Het neerslagtigheid deel van ons bestaan geword of gee ons bloot moed op en kruip weg om die wereld tevrede te hou?
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
Pieter,
Meskien raak ek oud maar dit is iets wat ek vir paar jaar al oplet.
Ek dink die strop word maar oral styf getrek, en ook dat die kinders nie meer kinderlik is soos jare terug nie.
I see skies of blue
And clouds of white
The bright blessed day
The dark sacred night
And I think to myself
What a wonderful world
Ek is nou in Johannesburg by my kinders.
Op die 24e het ek van my een dogter na die ander gery en opgemerk dat daar geen kersversiering of liggies op enige plek was.
My opinie : Die ware Kersboodskap is vir my belangriker as die winkeleienaars wat alles uithaal om in die aanloop tot Kersfees hul verkope te stimmuleer met 'n ware Christusfees ver in die agtergrond (indien dit ooit daar is).
Om 'n kersboom met geskenkies en selfs 'n kersvader vir kleutertjies aan te bied, het ek geen probleem mee nie - dit is deel van hulle grootword jare waarvan verbeeldingtogte 'n belangrike deel uitmaak.
Ek sal nogal bly wees as verskeie faktore die oormatige winsgedrewendheid van Kersfees aan bande begin lê.

Het laas met n bestuurder van n groot supermark groep gesels....hy noem dat hy klagtes al gekry het as hy Kersmusiek in sy winkel speel....vanaf dié wat nie glo nie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ


Het laas met n bestuurder van n groot supermark groep gesels....hy noem dat hy klagtes al gekry het as hy Kersmusiek in sy winkel speel....vanaf dié wat nie glo nie

Dis n ander ding nou dat almal regte het.
Party weet nie waaroor dit gaan nie.
Al weer oppad iewers heen.

Maar het seker ook afgevat Kerfees...ð¤
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ons was Saterdag oggend Kerk toe....Kerk was jare laas so vol gewees oor hierdie tydperk. Dit was heerlik
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ek dink ons sien maar dinge nie altyd realisties nie, met ander woorde, ons persepsies is nie altyd werklikhede nie. My indruk oor RSG was byvoorbeeld weer dat hulle in die week voor Kersfees bytengewoon baie Kersliedere gespeel het, dalk so elke tweede een. Ek beweer nie my persepsie is meer korrek as joue nie, dis maar soos ek dit ervaar het. Wat die winkels betref, stem ek saam, dis ook my indruk dat daar min Kersmusiek gespeel het, maar daar was baie versierings. Dis in elkgeval my gevoel dat Kersfees vir die handel, en wat Kersfees eintlik behoort te wees, maar min met mekaar in gemeen het. Maar dan lyk dit vir my ook mar o die algemene houding van die mense ook maar min met die kern van die feestyd te doen het- dis net 'n lekker jolige tyd sonder werklike geloofsaspekte. Die 'jolly Christmas' liedjie was so baiemaal oor die radiogeheer het, weerspieël dalk eerder die algemene gevoel as Stille Nag.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
I am under the impression that the current government no longer classes South Africa as a "Christian" country. Please correct me if I am wrong.
I can more or less understand people from other religions getting tired of "Christian" music played in all the stores around our main festival.
Don't get me wrong, I consider myself as a church going Christian, I'm just playing "Devil's Advocate"
Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!

Streamer wrote: "I am under the impression that the current government no longer classes South Africa as a "Christian" country. Please correct me if I am wrong."
I agree with Streamer. Parlement is never opened with a scripture reading and prayer, but with a moment of silence to allow for silent prayer, meditation or whatever one chooses. It appears as it government is accommodating all beliefs, and that I believe is in the spirit of Nelson Mandela's rainbow nation philosophy.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Vormgodsdiens is eintlik maar vals- dis wat die Fariseërs hulle mee besig gehou het, so ek dink nie ons mis iets nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Was vandag by Checkers Hyper hier naby my. Hulle lyk my verwag n groot toeloop in kers aankope as ek na daai magdom kersboom en versierings asook hoeveelheid speelgoed sien wat nou in voorraad is....lanklaas dit só gesien
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Dit is egter so dat Kerfees-tyd se gedagte en plesier deesdae totaal oordonder word deur al die negatiewe nuus van die wêreld. In die verlede kon ons die jaar se dinge agterlaat en uitsien na die heerlikheid van Kersfees. Dis asof ons die Kers-seisoen ingaan met n beklemming.
You'll never never know if you never never go
Dit hang natuurlik af vanuit watter hoek 'n mens na Kersfees kyk, dit kan een van vele wees :-
- 'n Christus-fees waar die destydse geboorte van Jesus die middelpunt en sentrale tema is
- Vir Pa en Ma is dit 'n blaaskans en rus na 'n moeilike jaar
- Vir kleintjies is dit presente waarna uitgesien word
- Vir tieners is dit vakansietyd by 'n vakansie-oord
- Vir sommiges is dit familietyd om saam deur te bring
- Vir ander is dit 'n tyd vir oormatig drink en eet
- Vir winkeliers is dit 'n vooruitsig vir groter winste
- Vir armes, haweloses en werkloses : net nog 'n dag van sukkel om te oorleef
- En nog sommer baie ander invalshoeke
Ek kritiseer nie, wys maar net daarop dat omstandighede dikwels 'n mens of instansie se uitkyk op Kersfees kan bepaal.

My indruk is dat jou eerste punt ongelukkig maar laag op die prioriteitslys van mense, ook Christene, is. Maar dan ook weer, hoe is 'n Christen vrolik oor 'n Christelike gebeurtenis- deur met 'n lang gesig 'stemmig' te wees? Ek dink vir almal, of meeste mense, is dit maar net 'n vrolike tyd en die winkels dra beslis baie daartoe by om die aspek te bevorder.
Miskien moet ons hierdie onderwerp beïndig- almal in die land en op die Forum dink nie noodwendig dieselfde hieroor nie en 'n mens wil niemand te na kom nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Maar almal wil saam KERSFEES vier
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ek stem nie saam dat almal saam Kersfees wil vier nie.
Om realisties te wees, gesien die verskeidenheid van geloofsoortuigings, insluitende ateiste en voorvader gees gelowe teen die agtergrond dat slegs 8% van die Suid Afrikaanse bevolking blank is, is dit sekerlik geregverdig om "meeste" en "Kersfees" te bevraagteken. Indien die woord "Kersfees" met "feesgety" of "vakansie seisoen" vervang sou word sal "almal" miskien meer gepas wees.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.