Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21695 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17513 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5936 |
Bostoe | 5427 |
BrianB | 5059 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3206 |
Saturn Member | 2000 + |
mulderpm | 2364 |
Lennie | 2188 |
Kanneman | 2140 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1932 |
Swanie | 1846 |
Nico | 1725 |
steamer | 1681 |
Ski | 1669 |
Hennie Botha | 1658 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1440 |
George | 1194 |
Louvan | 1159 |
RichardJ | 1085 |
Gerden | 1016 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 825 |
JohanMarais | 810 |
CampingKitty | 715 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 696 |
ELU | 656 |
snys | 631 |
Benkie | 586 |
Douglas Green | 575 |
Andrew | 524 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Andre Smit | 414 |
Willie54 | 413 |
Rare Breed | 400 |
Nabro | 380 |
LEEN | 367 |
Global Traveller | 356 |
survivalist | 350 |
Oumens | 339 |
RD | 319 |
1Pierre2 | 312 |
Izak | 305 |
Kurper | 302 |
Herman | 299 |
captiva | 278 |
Meerkat | 262 |
Gold Member | 100 + |
REAList | 230 |
Hennie1968 | 229 |
Robbie | 225 |
Veiligheid op SA paaie
Deesdae word dit algemeen om te hoop daar is nie betogings of onluste op jou pad na jou oord nie. Hoeveel keer word mense wat see toe gaan nie geblok met gemors soos by Mooirivier onder andere nie. Onlangs oppad na Pilanesberg was dit ook weer stres omdat betogings moontlik sou plaasvind oor myners wat ongelukkig is oor buitelanders wat hul werk vat. Laasmaand moes ons met polisie begeleiding by Panorama uitkom oor klomp proteste langs pad. Vandag is Kruger hek en Orpen hek se paaie weer versper met betogings.
So faan die lys aan......
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Orpen pad vandag....
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Krugerhek pad gister.....
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Dit is sulke dinge wat my lus blus om deesdae buite die Wes- en Noord-Kaap vakansie te gaan hou. Nie dat ek enige illusies het dat sulke gemors nie in genoemde provinsies voorkom nie. Maar rondom die wildtuin, my geliefkoosde vakansie-bestemming, raak dit al hoe meer 'n probleem.
Ek vermy reeds Numbi-, Kruger- en Punda Maria-hekke. Maar selfs op die N-roetes word mens deur hierdie optrede geraak.
Verlede week twee gevalle van "spikes" in die pad naby die Halls afrit op die N4 net buite Nelspruit. In die een geval kon die bestuurder dit maak tot by die vulstasie en in die ander geval is die bestuurder gehelp deur 'n ander motoris. Die boewe het weggejaag.
Al verskeie gevalle aangemeld naby Malelaan..
The Happy Campers.
Ja hulle het niks om te doen nie dan pla hulle die res van die lands burgers met hulle strooi.
Dit gaan nog meer gebeur agv die werkloosheid wat erger raak.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
ðŸË¡
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Mooi man. So bevoeter hulle ons land se paaie asook die res van SA se regte.
Tipies van die wat niks het om te doen nie weens werkloosheid.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
En so gaan dit maar net aan en aan en aan.....
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Ek dink as jy jou KNP trip beplan, is dit beter om sekere hekke te probeer vermy met beplanning. Deesdae sal jy baie gelukkig wees as daar nie nonsens op jou pad is na sekere hekke nie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
ðŸË¡ðŸ¤¬
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Geert - dankie vir die gereelde insetsel in hierdie verband. Jy plaas screenshots vanaf FB, maar ek kan nie die geskrif onder die foto's op my foon lees nie. Wil jy nie net so kortweg verduidelik waar die probleme is nie. Ek is ook nie op FB dat ek dit self kan gaan naslaan nie.

Chris....hou jou vinger op die foto vir so 2 sekondes. Daar gaan dan n menu opkom. Kliek dan op "Open image in new tab" Foto gaan dan op n aparte bladsy wys wat jy dan groter en kleiner kan maak met vingers en dan maklik die skrif ook lees
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Geert - jou ou doring! Nooit te oud om te leer nie.
Dan sê ek maar weer wat ek hierbo reeds genoem het - my lus vir kuier buite die Wes-, Oos- en Noord-Kaap is besig om totaal te verdwyn. Noem my 'n sissie, maar ek raak bang om wildtuin toe te gaan. Ek beplan juis 'n uitgebreide toer vir volgende Jul/Aug/Sep waarmee ek KZN, Mpumalanga en Limpopo wil insluit. My suster bel môre-oggend namens my om plek vir Aug in die wildtuin te bespreek. Maar ... ???
Dan word ek op 'n ander forum afgeraai om vanaf die noorde van KZN (Zululand) via die N2 in die rigting van Badplaas te ry. Ek word gesê dat daardie paaie as't ware onrybaar is, veral as jy 'n karavaan sleep. Mense - waar gaan dit heen?
Dit blyk dat Karoo Nas Park en Kgalagadi vir ons mense hier onder in die suide meer aan die orde van die dag sal kom.
Soos reeds genoem.....ek wil volgende jaar onder andere Satara besoek. Ek dink nie ek gaan die kans vat om by Orpen of dergliks in te gaan nie.....ek sal maar op die N4 bly en by Malelane ingaan. Dis seker ook nie 100% verseker nie, maar daar is sover bittermin betogings op daai roete. Die ander hekke is basies elke dag in die media. Wat die polisie en res omtrent dit doen, weet ek nie....en wat hulle vir toekoms beplan om dit beter en veiliger vir toeriste te maak, weet ek ook nie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Well reading all the issues regarding the road conditions around KNP I'm slowly making my way to PTA from the Cape via Nieuwoudville, Calvina, Britstown, Bloem, Parys and Pta- hope I can get there by mid October. Keeping fingers crossed ðŸâ¢â
Soos reeds genoem.....ek wil volgende jaar onder andere Satara besoek. Ek dink nie ek gaan die kans vat om by Orpen of dergliks in te gaan nie.....ek sal maar op die N4 bly en by Malelane ingaan. Dis seker ook nie 100% verseker nie, maar daar is sover bittermin betogings op daai roete. Die ander hekke is basies elke dag in die media. Wat die polisie en res omtrent dit doen, weet ek nie....en wat hulle vir toekoms beplan om dit beter en veiliger vir toeriste te maak, weet ek ook nie
Die pad na Phabeni Hek is darem nog in 'n goeie toestand en veilig. Die betogings vind plaas 'n ent verder aan na Kruger Hek.
The Happy Campers.
Orpen pad....
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
My suster het toe vanoggend daarin geslaag om intussen vir die laaste 3 aande van Aug 2023 kampeerplek namens my in Onder-Sabie te bespreek. Ek kan eers op 12 Okt probeer vir 'n volgende 4 aande.
Soos boontoe genoem, sal ek maar nog ernstige aandag daaraan gee of die wildtuin wel op ons beplande "spyskaart" vir volgende jaar gaan realiseer.