Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21748 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17549 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5979 |
Bostoe | 5431 |
BrianB | 5077 |
Uranus Member | 2600 + |
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP | 3369 |
Grumpy/Hannes | 3207 |
Saturn Member | 2000 + |
mulderpm | 2420 |
Lennie | 2192 |
Kanneman | 2140 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1951 |
Swanie | 1850 |
Heindrich | 1831 |
Nico | 1729 |
steamer | 1686 |
Ski | 1669 |
Hennie Botha | 1661 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1528 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1445 |
George | 1197 |
Louvan | 1180 |
RichardJ | 1094 |
Gerden | 1056 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 827 |
JohanMarais | 811 |
CampingKitty | 715 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 697 |
ELU | 658 |
snys | 631 |
Benkie | 587 |
Douglas Green | 575 |
Andrew | 524 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Willie54 | 417 |
Andre Smit | 415 |
Rare Breed | 400 |
Nabro | 380 |
LEEN | 373 |
Global Traveller | 356 |
survivalist | 350 |
Oumens | 339 |
1Pierre2 | 327 |
RD | 319 |
Izak | 307 |
Kurper | 302 |
Herman | 299 |
captiva | 278 |
Meerkat | 262 |
Gold Member | 100 + |
Hennie1968 | 231 |
Terugvoering oor resorts wat jy besoek het.
Vir 'n site met soveel lede is daar heeltemal te min terugvoering oor die resorts.
Wanneer ek kyk na dit vind ek slegs insette van jare gelede of so een per jaar.
Sekerlik moet daar so 10 opinies wees per jaar.
Van groot belang (vir my) is hoe karavaan vriendelik en veilig die pad is wat na die plek toe gaan.
Ek was nou by Marakele en die nasionale paaie laat veel te wense oor om 'n wa veilig te sleep.
Deel asseblief julle ondervindings van wat daar is om te doen en wat julle geniet het.
Ons doen voël fotografie en wil graag weet hoeveel soorte daar is.
Hiermee doen ek 'n beroep op my medelede om op te skerp met dit asseblief.
Dit sal die resort bestuur ook motiveer om hulle plekke se standaarde te verbeter om beter ondersteuning te kry.
Niemand sal ooit kan sê hulle besigheid is vol genoeg nie.
Ook sal dit ons help om die volgende besoekpunte te beplan en te skeduleer.
Johan, dit is 'n baie goeie voorstel. Bedoel jy die terugvoering moet onder "Resorts Feedback" wees of as 'n draad begin word op die forum? Albei het sy voordele, ek hou van 'n draad op die forum want dan kan daar gesprek gevoer word oor die oord en ander gee ook hul opinies. Dit is ook altyd baie interessant om te hoor hoe mense oorde vind, al sal ek nooit by daardie oord uitkom nie. As jy dit as "New topic" begin, stel ek ook voor, doen dit onder "Resorts" afdeling en gebruik die oord se naam as Topic.
Colin, ek dink dit moet onder die Resorts Feedback bly vir maklike naslaan.
Dan kan 'n mens sien of daar verbeterings is met besoeke.
Ek reken die is die antwoord om (baie duur) teleurstellings te vermy. Ek wil graag "good memories" oorhou van besoeke aan resorts.
Ek dink ook dat reviews van 'n plek na 'n tyd verwyder moet word. Dis onregverdig om 'n plek te bly straf met 'n ongunstige review vir jare.
As ek 'n plek bestuur het sou ek lankal kapsie gemaak het teen die praktyk.
Na die huidige skoolvakansie se einde sien ek uit na al die reviews wat geplaas gaan word.
Goeie voorstel.
Ons kan op forum se "ratings" kyk maar ek hou meer van hierdie idee.
Moet ons n nuwe draad begin of gebruik ons hieirdie draad.
I love camping all year round
Hi Johan,
Ek dink deel van die probleem is dat ons wel terug keer na oorde toe waarvan ons hou en daar is 'n blok op om weer terugvoer te doen. Daar is wel 'n opsie om te versoek om weer toe te laat om weer 'n terugvoer te doen, maar is vir "my" te veel van 'n beslommernis..
DR DRAKE GP
not a Doctor nor a GP
Johan ek gaan binnekort Marakele toe jy se pad is sleg, ek ry deur Brits, ek ry met my pad karavaan, en asb enige een wat onlangs so gery het se my of dit ok is of enige ander pad wat ek kan ry, ek dwaal nou af van die draad sorry.
Hi Johan,
Ek dink deel van die probleem is dat ons wel terug keer na oorde toe waarvan ons hou en daar is 'n blok op om weer terugvoer te doen. Daar is wel 'n opsie om te versoek om weer toe te laat om weer 'n terugvoer te doen, maar is vir "my" te veel van 'n beslommernis..
Dis simpel.
Kan admin dit reg stel asb.
Die ratings werk nie met Apple se IOS nie.
En dis al wat ek het.
Ek het 'n Sensation wat breër as 'n Jurgens is. Daar is baie groot lorries op daardie paaie agv die mynbou. Die grootste deel het nie eers skouers nie en is jare terug gebou to voertuie baie kleiner was b
'n Familielid sê die beter pad is Brits na Northam na Thabazimbi. Effens langer maar beter.
Vermy Warmbad - hulle paaie is doodsake as jy sleep.
Johan,
Ek verstaan daar is tog redes om te keer dat iemand gereeld terugvoer gee op 'n plek.
Sover ek kan onthou was die idee om ons toe te laat om slegs een keer per jaar te doen, maar ek bly geblok vir baie langer periodes.
'n Voorbeeld is dat ons oor twee weke vir die minstens 'n derde keer in twaalf maande na Koppisol toe gaan. Op 'n tyd was ons 6 keer in 'n jaar by Bloekompoort.
As ek sien iemand anders gaan so gereeld na 'n plek toe gaan, sou ek dan meer gerus voel dat dit nie "te sleg" kan wees nie.
DR DRAKE GP
not a Doctor nor a GP
Ek weet nie hoe betaal resorts vir plasing hier nie.
Dit kan deel wees van die probleem.
Die rating stelsel werk nie vir my nie.
Dankie Johan sal daai pad google.
Het die naweek Northam/Brits gery - pad is OK!
Onthou enige terugvooer is gebaseer op eie ondervindings en persepsies.
DR DRAKE GP
not a Doctor nor a GP
Ek gaan miskien teen CP forum, maar ek hou van 'n draad wat hier op die forum inligting oor 'n oord gee. As jy ingaan op die "feedbacks" kry jy 'n paar wat sê hoe fantasties 'n oord was en dan 'n paar wat sê dieselfde oord was teleurstellend en hul sal nie weer soontoe gaan nie. Nou vir wie moet mens nou glo? Sommige is ook al 'n paar jaar oud en dinge kon intussen beter of slegter geword het daar. Op 'n draad soos die gesels die wat kennis het, saam oor die oord en kry jy 'n beter prentjie van wat die huidige toestand van 'n oord is. Dit is maar net my mening.
Net so Freda.
Ons is die naweek verby Lovers Rock (jy sal dalk onthou hoe ongewild ek was oor my siening) - dis nou onder nuwe bestuur en ek is nuuskierig om te weet hoe dit nou daar is.
DR DRAKE GP
not a Doctor nor a GP
A T K V oorde is altyd n wenner. Was oor die afgelope vier jaar by almal behalwe Goudini. Kon nie plek kry nie. Toet ons die Hollanse Molen ontdek tussen Paarl en Franshoek. Baie gawe plek. Eienaar is oud bolandse slot Nico Du plooy.
Kon eenkeer ook nie Natalia plek kry nie en ontdek Villa Spa, so paar 100 treë daarvandaan. Ook een v.d. plekke waar die eienaars betrokke is en sorg dat alles 100 % verloop.
Die oorde rondom modimole is ook baie aangenaam.
Ek dink aan Edenpark by potties, hoog gerate met sterre.
By Polokwane is n oord. Naam vergeet. Dink dis Boma. Waar jy onder skadunette staan.
Al die Nas. Parke se oorde is ook baie goed. Karoo n.p. Bergkwagga. Camdebo. Golden gate.
In die kampe rondom ooskaap. Morganbay. Arena. Yellowsands. Willows. Greenfountain. Cannon rocks. Jongensfontein. Waenhuiskrans.
As ek te veel grondpad moet ry, hou ek verby. So al hirdie oorde is meesal bereikbaar met teerpad.
I love camping all year round
Ek gaan meer vir dit wat die mense skryf. Daai wiele gee nie altyd korrekte inligting nie. Al hoeveel keer gesien dat mense kla oor n sekere item...maar dan wys daai wiel 4\5 of 5\5. Byvoorbeeld een ou het gekla oor vuil badkamers en geen warm water nie en slegs een lig werk in badkamer....maar hy rate dit n 4\5 wat volgens ratings Lys boverwagting goed is???
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Stem Geert.
Moeilik om te se wat daar is om te doen by n oord. Meeste oorde het swembaddens. Heelwat het verhitte swembaddens soos die ATKV oorde.
Edenpark het ons vreeslik geniet, was buite seisoen daar met sowat net twee karavane maar die absolute stilte onder die bome het die ding gedoen.
ATKV oorde is lekker omrede dit regte vakansie stemming het wat kampers akkommodeer met kinders. Waarskynlik die rede ve die besetting aldaar.
Ek en Elma hou weer van kampe met n rustige atmosfeer. (Ou mense)
As die munt reg val sal ek graag op toere wil gaan ve n paar weke i.p.v. om by een oord te lank te staan. Ander mense geniet weer die lank staan.
I love camping all year round
Geert, wat jy noem oor die wiele het ek ook al baie agtergekom. 'n Ou praat gladnie goed van die oord nie en dan weerspreek sy rating op die wiele dit totaal.
Ons gaan later vanjaar blomme kyk (vanaf die Wes Rand) en keer via Kaapstad terug en ek beplan om 'n kort berig te skryf oor ons reis, maar sal onder "Resorts" meer breedvoerig terugvoer oor elkeen gee.
Die beriggewing sal baie waardeer word Johan.
In die 4x4 sites skryf die ouens hulle ritte op wanneer hulle terug is en dis werklik goed.
Ek dink dit sal die site baie meer van waarde maak vir almal.
Dit is eintlik die hele oplossing as jy iets oor 'n oord wil skryf. Plaas dit onder "Resorts" en maak die titel van jou storie die oord se naam (baie belangrik). Ek het ook al gesien dat Admin 'n draad skuif van "General chat" na "Resorts".