Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21190 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5599 |
Bostoe | 5369 |
HM | 4790 |
BrianB | 4780 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1618 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 984 |
Gerden | 916 |
Chris Centurion | 789 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 578 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 359 |
survivalist | 341 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |
Slaay | 256 |





Splinternuwe Toyota Hilux Raider
NOU, Ja, my "nuwe" Toyota Raider 2.4 het hier aangekom by die plaaslike agentskap.
My studiewerk hier op caravanparks dot kom, het my sowat 2maande gelede op die voertuig-bande gedeelte laat verstaan dat 'n motor-band 'n datum van vervaardiging op die sywand het wat genaamd is , die Dot nommer.
Met my onderhandelinge met die "nuwe voertuig" bestuurderes hier by die agentskap, verduidelik ek tot verbasing aan haar van hierdie "geheim" waarvan ek hier op die webtuiste kom leer het, en dring ek aan dat as die voertuig hier aanland gaan ek die bande ondersoek om datum van geboorte te bepaal.
Nodeloos om te se^, vanmore word ek genooi om my voertuig te kom besigtig en saam met die dame ondersoek ek toe die bande en vind die volgende Dot nommers op die bande.........(2225).
Volgens Toyota, dus kom 'n splinternuwe voertuig UIT die fabriek met jaar-oue bande !!!!
Ek moet haar dit tekenne gee dat sy my kwansuis laasjaar se prys vir die voertuig gevra het.
Soos ek verstaan gee vervaardigers van bande 'n 5 jaar warrantee op hul bande, wat beteken dat ek net 4 jaar se warrantee gekry het.
Wat dink julle ouens/dames behoort ek te doen? Hoe voel julle daaroor?
Ek het aan haar verduidelik dat as jy 'n brood by die Griek se kafee gaat koop vir die volle kontant prys dat die brood darem nie 2dae oud sal wees nie en vra toe aan haar of sy die brood sal aanvaar by die Griek, waarna sy my antwoord en se^..."nee oom ek sal/sou nie".
ðª
One is never too old too learn

Hi Bob
Jy kan maar by die band handelaar gaan soek jy sal nie somer 'n band wat nuwer as 6 maande is kry nie
van vervaardiging gaan dit in Fabriek stoor
dan na vervaardiger
Dan op voertuig na handelaar
Ek het nog nooit probleem na 2 jaar op bande hehad nie
So ek het nie 'n probleem as 'n band van 5 maande oud is op my nuwe voertuig nie
my 2c werd
I see skies of blue
And clouds of white
The bright blessed day
The dark sacred night
And I think to myself
What a wonderful world
Baie geluk oumens, ek glo daai bakkie gaan vir jou jare se plesier gee
Stem saam Swanie, moenie worry nie.....gaan geniet hom
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ek ook so geredeneer manne, dankie vir gemoedsrus!
Ek vir vroutjie gese^ dat wanneer voertuig Woesdag afgelewer word en die datum van die spaarband ooreenstem met datum op 4 ander bande, dan aanvaar ek dit.
Indien nie, is daar probleme!
So by the way, die 25ste week in die jaar, beteken dat die bande 9mnde oud is.
One is never too old too learn

Oor die 5 jaar wasrborg op bande- ek is nie bewus daarvan nie. Kan iemand met kennis dit dalk bevestig? En wasrteen word dit gewaarborg? Ek weet dat daar al in die verlede deur n spesifieke vervaardiger n waarborg was op sekere van sy bande, dat as die band beskadig word, sal dit vervang word maar die eienaar moes die waarde van die band wat reeds weggeslyt het, bybetaal.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Anonymous 04 Dec, 2017 @ 13:21:17 pm
Proffie 04 Dec, 2017 @ 13:42:07 pm
Leon 05 Dec, 2017 @ 06:57:10 am
Anonymous 21 Feb, 2018 @ 11:01:49 am
Hy skrywe:.....> Leon nou praat jy die waarheid. March se assesor was 'n groot pyn met my laaste eis. Hy het elke band met detail opgemeet en na foute gesoek. Iemand het in my X5 vas gery waar hy staties stil gestaan het. Die kondisie en datum van vervaardiging speel beslis 'n groot rol by versekering eise. My band was 'n 285/45/R19 wat n baie bree band is. Een band was aan n kant liggies skeef afgeloop vir ongeveer 2 cm. Volgens die assesor was dit nodig om die band te vervang agv dit. Dis malligheid want die band is amper R6000 per band. Wat ek hierdeur afgelei het is dat jou bande 100% moet wees as jy vir iets wil eis. As dit by veiligheid kom is dit nie onderhandelbaar nie---Jy moet jou voertuig of karavaan in top kondisie te hou.
Danie-SLK skrywe....>> 22 Feb, 2018 @ 22:39:20 pm
Wat ek kan bydra is Dunlop SA se voorskrifte. When to Change Your Tyres Once your tyres have been on your car for five years, Dunlop recommends having them inspected properly at least once a year. Age deteriorates your tyres regardless of whether or not you drive on them, and it is recommended to get them replaced at the very least every ten years, even if they don’t look worn. Remember that tyre age is measured from the date of manufacture, not of purchase, as tyres wear even in storage.
Ns. Ek nie seker of "warrantee" dieselfde beteken als "gaurantee" nie
One is never too old too learn

https://www.tirebuyer.com/education/understanding-your-warranty
Nogal interesant
One is never too old too learn

Inderdaad interessant. Dit is egter nie duidelik of alle vervaardigers sulke waarborge het nie, en ek twyfel of dit die geval is. Ek onthou nou dat Hankook ook afstandwaarborge gee, of gegee het, maar slegs op enkele van hulle bande. Die beste sal seker maar wees om navraag te doen oor die spesifieke bande wat 'n mens oorweeg. Wat ek wel gehad het, was dat die vervaardiger gratis 'n stel bande gratis vervag het, maar nie omdat hulle foutief was nie. Die voertuig het uit die fariek gekom met bande wat ongeskik was vir die voertuig en nie omdat daar fout was met die bande nie.
Dis nie iets wat my juis bekommerd maak nie. Die skade wat ek oor meer as 50 jaar gehad het, was maar as gevolg van dinge wat hulle op die pad opgetel het soos spykers of skerp klippe en slaggate wat die versterklae laat skeur het. Ek ht nog nie 'n band gehad wat as gevolg van produksiefoute ingegee het nie. Aan die beginjare van my motorry het ek soms van die ou dwarslaagbande gehad wat nie perfek rond was nie en teen 'n hoë spoed die kar laat vibreer het, maar met die kruislaagbande het dit natuurlik weggeval.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Fred - ek het wel eenkeer probleme ervaar met straallaag-bande wat nie 100% rond was nie en ongemak op die pad veroorsaak het. Continental het my tegemoet en vergoed met 'n stel nuwe bande.

The new CV2020 tyres i just had fitted to my exclusive were already 6 months old when i got them.
two roads diverged in a wood and i took the one less traveled by, and that has made all the difference.
In 59 jaar van motor eienaarskap het ek 5 pap wiele gehad. Een in 1971 met 'n binnebandlose Peugeot 404, twee met my Land Rover Defender in 2001 waar die binnebande die gees gegee het en twee baie onlangs met my vrou se kar wat hierdie duur lae profiel bande op het wat nie gemaak is vir plaaslike omstandighede nie.
Die oudste bande in my besit is op my sleepwa wat nou dertig jaar oud is en in 5 jaar geen druk verloor het nie. Die spaarwiel onder die pens het nog nooit son gesien nie. Gaan ek hulle vervang? Nie in my leeftyd nie tensy hulle lepel in die dak steek.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
'n Bandehandelaar het jare gelede gesê dis beter om bande te koop en vir 'n jaar te laat lê voor dit gebruik word. Hy het gesê die rubber is aanvanklik baie sag en as jy 'n nuutvervaardigde band onmiddelik gebruik, verkort jy sy lewe aansienlik. Dis nie my mening nie en ek weet ook nie of dit algemeen aanvaarde wyshed is nie, maar dit klink nie vir my onwaarskynlik nie. As daar nie waarborge op bande is wat afhang van hulle leeftheid, maak dit vir my nogal sin want ek weet dat bande mettertyd verhand. Daar is seker 'n optimale leeftheid waarop bande op hulle beste is. Jong bande het waarskynlik beter klouvermoë omdat die rubber sag is, maar hulle slyt vinniger. Hoe ouer bande word hoe harder word hulle en slyt stadiger maar hulle klouvermoë neem moontlik af. Ek het nie stawing vir die mening nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven

Hi Bob
Jy kan maar by die band handelaar gaan soek jy sal nie somer 'n band wat nuwer as 6 maande is kry nie
van vervaardiging gaan dit in Fabriek stoor
dan na vervaardiger
Dan op voertuig na handelaar
Ek het nog nooit probleem na 2 jaar op bande hehad nie
So ek het nie 'n probleem as 'n band van 5 maande oud is op my nuwe voertuig nie
my 2c werd

Dit is waar. Die ouderdom van die band hang ook af van hoe gewild die tipe band is. As dit baie gewild is kan jy basies nuwe bande kry, minder gewild kan dit gaan na 'n jaar of wat toe.
Feit soos 'n koei is as die bande op 'n voertuig is gaan die loopvlak eintlik reeds geslyt wees teen die tyd wat die band oud is.
Dis natuurlik 'n ander saak as die bande op 'n S/wa of Karavaan is.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Oumens geniet jou trok die bande moenie te veel warrie nie hulle nog vine haak daai wa en kamp
Haak daai wa kamp bly koning
Goed manne, vertel vir my waarom is die DOT nommer op al 4 wiele , 2022 en / maar die spaarband se DOT nommer is 2023
??
One is never too old too learn

Daai Dot is n baie goeie idee. Miskien mis ek iets maar ek het nog nooit gehoor dat die polisie dit gebruik nie.
Eerste polo met dit gekoop in 2005. Ons mag nie oor die grens gegaan het sonder dit nie, en moes my lc invat om dit te doen voor ons oor die grens kon gaan.
Ek het gedink die idee is so goed, dat jy n spuit kannetjie on koop om al jou dinge in die huis te merk.
Maar tussen die assuransie en die polisie sal dit nue werk nie, te veel kaders, en ek dedoel nie polities nie, maar in mekaar se sakke
Dit klink of daar bietjie verwarring hieroor is. Die viersyfernommer dui die vervaardigingsdatum van die band aan. Die eerste twee syfers is die jaar en die lasste twee die week. Dis nie presies reg om na die DOT nommers te verwys nie. DOT staan vir Department of Transport en verwys na die VSA s'n. Dit beteken die band voldoen aan die vereistes wat in Amerika gestel word vir bande. Die Amerikaanse standaard is sodanig dat dit bande ook geskik maak vir ons padtoestande. As n band dus nie DOT op het nie, is jy nie seker die band is vir SA toestande geskik nie. Dit gaan onder andere oor die maksimum temperatuur waarvoor die band geskik is. Die inligting kom van Hankook se tegniese bestuurder in SA met wie ek gesels het. Ek het genoen dat VSA in die winter op plekke heelwat laer temperature as ons ondervind maar volgens hom het die VSA net een standaard. Ek wonder of die bande uit Sjina wat hier baie goedkoop verkoop word, wel die merk op het. Maar ons weet die mense steur hulle nie altyd aan reëls nie, so niks verhoed hulle om die merk p su standard bande aan te bring nie. Hoop maar die owerhede kyk daarna.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Jammer vir my fout, ek het die DOT vewar met die op n voetuig panele, en nie op babde nie.
Hmnnn!
My enigste vermoede waarom 4 wiel bande 2022 gemerk is, en die spaarband 2023 is dat dit 9[nege] maande neem vandat die voertuig op die produksielyn klim met 4 gebande wiele, totdat die spaarband 9 maande later onder aan voertuig vasgesit word .......
Maak absoluut sin , ?
Wel, blykbaar glo alle Toyota Handelaars dit !
My std 2 kind, sou vir my se^, pa, nou praat jy mos stront.
One is never too old too learn

Nou goed, as ek dan nou stront praat,......
GEE MY ASB. N SINVOLLE REDENASIE.
One is never too old too learn

Ek glo nie dasr is enigiets agterdogwekkend hieraan nie. Fabrieke gaan kontrakte aan met gekontrakteerde bandvervaardigers om bande vir n sekere voertuig te verskaf. Die bande word sekerlik nie almal op een slag afgelewer nie en kom moontlik nie eers almal uit dieselfde fabriek nie.met Twee stelle Hankook bande en n volgrootte spasrwiel wat ek gespesifiserr het wat ek op my voertuig gehad het, het oa uit Sjina, Diitsland en n ander land gekom wat ek nie nou kan onthou nie. Waar hulle ookal vervaardig word, word hulle volgens n vasgestelde standaard gemaak so ons kan seker wees hulle is almal ewe goed.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven