Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 22034 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17786 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6244 |
Bostoe | 5466 |
BrianB | 5318 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3223 |
mulderpm | 2712 |
Saturn Member | 2000 + |
Kanneman | 2150 |
Chris Boucher | 2005 |
Jupiter Member | 1450 + |
Swanie | 1868 |
Nico | 1772 |
steamer | 1702 |
Hennie Botha | 1683 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1463 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1262 |
Louvan | 1252 |
Gerden | 1184 |
RichardJ | 1173 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 855 |
Fanie | 810 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 663 |
snys | 631 |
Benkie | 594 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Willie54 | 443 |
Harv | 424 |
1Pierre2 | 421 |
Rare Breed | 420 |
Andre Smit | 417 |
Elleebee | 388 |
LEEN | 386 |
Kamp is Koning | 372 |
Oumens | 361 |
survivalist | 356 |
Izak | 326 |
RD | 322 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 270 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 197 |
BigG | 184 |
Maurits | 173 |
Ad Rem | 168 |
Andal | 167 |
Andrew | 153 |





SONVERHITTING
Ek wil 'n ernstige waarkuwing rig aan mense wat sonverwarmingstelsels by hulle huise het: Maak seker julle het 'n termostatiese beheerklep (tempering valve) in die stelsel. Vir die wat dalk nie weet nie, die sonpanele en veral die vakuumbuisstelsels kan water teen baie hoë temperature lewer, in laasgenoemde geval maklik teen kookpunt. As jy toelaat dat water teen die hoë temperatuur by die krane uitkom, is dit 'n baie groot gevaar vir die huisbewoner- dink aan die kinders! Andries Krogman van TV faam se vrou het 'n paar jaar gelede in die stort flou geword en per ongeluk waarskynlik die kraan oopgedruk sodat daar uiters warm water op haar gespuit het. Sy is 'n paar dae daarna aan haar brandwonde oorlede.
Die klep word gewoonlik bo die plafon geïnstalleer en meng dan warm en koue water tot die temperatuur waarvoor jy dit stel, tot 'n maksmum van 60 grade nie. Sestig drade is alreeds gevaarlik, so hou dit eerder teen so 45.
Waarom ek dit noem, is dat my stelsel se klep begin probleme gee en ek sukkel om 'n nuwe in die hande te kry. Van die verskaffers van sonverhittingstelsels hier by ons deel my mee dat hulle dit nie aanhou nie want niemand vra daarna nie. Ek dink dis uiters onverantwoordelik om stelsels te verskaf of te installeer sonder om kliënte op die noodsaaklikheid daarvan in te lig- dalk besef installeerders en verskaffers dit self nie eers nie, wat ek as uiters oningelig en onprofessioneel beskou. Die klep kos maar in die omgewing van R1200. Die gesin se veiligheid is dit sekerlik werd?
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Is dit nie maar n uitsonderlike geval waar iemand val, kraan groter oopdraai, bewusteloos val en brand wonde optel nie? Daar is soveel ander elemente in stort waarteen mens kan val wat ook jou dood kan beteken. Daar is letterlik 100de "snaakse" dinge wat al mense se lewens ge-eis het....mens kan ongelukkig nie alles uitskakel nie. Ek het al gehoor dat n geyser deur n dak geval het en iemand se lewe ge-eis het....maar word steeds standaard in dakke installeer. Om water op lae hitte te stel is onprakties....1x persoon gaan hom leeg stort.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Dit is sekerlik n uitsonderlike geval maar ek sal eerder nie die noodlot uitdaag nie. Ons het meer as veertig jaar gelede ons dogtertjie, toe seker maar n jaar oud, se beentjie in n vakansiewoonste teen n warm kraan gebrand. Waterblase en baie trane maar grlukkig nie permanente skade nie. Met die tuiskoms het ek dadelik die geyser se termostaat aansienlik laer gestel. Mens vat nie kanse met jou grliefdes nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Oor die stelling van die temperatuur in n sonverhittingstelsel: jy kan dit nie stel nie, die hoeveelheid son wat die paneel of die buise tref, bepaal dit. Wat jy wel met n termostatiese beheerklep stel, is die maksimum temperatuur van die water wat by die warm kraan uitkom. (dit word goed in verskeie artikels op internet verduidelik) Met n grwone element geyser kan jy wel die temperatuur in die geyser stel maar dis nie waarvan ek praat nie. Die punt wat ek probeer maak is dat n 'tempering valve' noodsaaklik behoort te wees in n sonverhittinstelsel.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
