Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21190 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5599 |
Bostoe | 5369 |
HM | 4790 |
BrianB | 4780 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1618 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 984 |
Gerden | 916 |
Chris Centurion | 789 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 578 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 359 |
survivalist | 341 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |
Slaay | 256 |





Solar: hoe bestuur ek oortollige krag?
Ek het nou vir meer as 'n week die voorreg om sonkrag te benut, maar my stelsel wek meer as twee keer soveel krag op as wat ek benut en my meter draai fluks terug, soveel so dat ek bykans terug is op die lesing van 13 November toe ek my lesing vir die munisipaliteit moes stuur. Ek woon in Pretoria wat onder City of Tswane val. Soos ek verstaan, sal die munisipaliteit nie daarvan hou as my meter terugdraai nie en tans sal ek in elk geval nie vergoeding kry vir krag wat ek in die netwerk voer nie. Hoe kan ek die stelsel bestuur sodat ek net 'n paar eenhede op my meter meer het as die vorige maand? Die man wat die installasie gedoen het, sê ek kan die helfte van die panele afsit, maar ek het dit nog nie probeer nie, want ek hoop daar is dalk 'n beter manier. Advies sal hoog op prys gestel word!
Ek het ook solar, jy stelsel is te sterk vir wat jy wil doen.
Al weer oppad iewers heen.

There should be a facility on your inverter set up for zero export, make sure that it is ticked.
then the inverter will just use what it needs from the panels.
Danie SLK is a fundi on this.
Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!

Hi Theuns.
Die installerder het te groot stelsel ingesit wat jou net n hoop geld extra gekos het.Die regte manier is sit voor die tyd n logger op vir n maand en kyk presies wat die behoefte is en werk n stelsel volgens dit uit.
Watse inverter is ingesit.Is die bord gesplit vir essential en non essential gebruik,want sekere inverters kan gestel word dat dit nie export nie,en die wat jy te veel opwek gaan nie verlore ,maar voer terug na jou non essential breakers.
Sodoende gebruik jy dan ook nie vanaf munisipaliteit nie.
Dis jammer Danie SLK is nie meer op die Forum nie. Hy sou 'n deskundige antwoord kon gee.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ter inligting ons het verskeie bure wat ten volle op solar gegaan het, sodra Tshwane agterkom jy gebruik nie meer krag nie word jy verplig om op pre paid te gaan vir backup.

Ter inligting ons het verskeie bure wat ten volle op solar gegaan het, sodra Tshwane agterkom jy gebruik nie meer krag nie word jy verplig om op pre paid te gaan vir backup.

Sulke goed maak my so die hel in. Self kan ons land nie eers ordentlik krag voorsien nie, maar sodra jy as privaat persoon hulle wil help met krag terugstoot in stelsel, blok hulle jou. Wys jou, hierdie land se beheer is nie om na sy burgers om te sien nie, maar om hulle op elke hiek en draai te melk. Klomp blerrie patete
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Gelukkig is ek al jare op pre-paid.
Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
Ja Geert ek stem volkome saam .Hierdie patete sal liewer dat ons land in algehele donkerte verval ,as wat hulle n stelsel in plek sit wat die krag kan akkomodeer wat mense kan terug sit in die netwerk .Ek dink hulle het nie die mense wat kundig genoeg is om so stelsel in plek tesit .Wat verseker is ,ons is al halfpad oor die afgrond met die krag stelsel .Hierdie krag probleem moet direk voor die deur van die regering gelê word .

Ek weet nie of die prepaid meter idee juis nadele vir die verbruiker inhou nie. Jy betaal immers net vir wat jy gebruik en as jy niks gebruik nie, betaal jy dus niks nie. Ek dink die rede is dat dit geld kos om meterlesers te huur en om hulle maand na maand onnodig na sekere persele te stuur, is onproduktief. Ek is onwillig oorgeplaas na prepaid omdat die Stadsraad besluit het om almal so oor te skakel, maar ek vind geen nadele daarteen nie en sal, indien ek 'n keuse het, nie weer na die vorige stelsel wil terugkeer nie.
Ek dink ons is so geneigd om die regering in 'n negatiewe lig te sien, dat, wat hulle ookal doen, sien ons negatief daarop reageer sonder om die saak eers te oorweeg.
Moenie my verkeerd vestaan nie, ek is nie 'n apologeet vir die regering(s) nie, maar ek probeer objektief bly.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek lees maar bittermin (eintlik geen .... ek kan regtig nie aan iets dink waarvoor ek hulle kan prys nie) goeds wat ons regering doen. Net die feit dat ons afgelope 2 presidente in hof sit oor hordes korrup sake verduidelik reeds hoekom. Vanoggend lees ek weer van klomp mense wat nie SASSA kry nie, want geld het blykbaar verdwyn...niemand weet waar dit is nie. Ek weet waar dit is en die knape wat dit gesteel het "weet nie waar dit is nie"
Regering is al lankal bekend vir korrup, vals beloftes, onbevoegd, lieg...klomp patete in my oë
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Jy illustreer my punt baie goed. Ons is so oorspoel met negatiewe dinge dat ons nie enigiets positief raaksien nie. Dis seker maar menslik, maar dis ook 'n vorm van breinspoeling en/of massa histerie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ja nee wat elkeen se eie siening, maar daar is niks goed wat hulle doen.Alles stort eenvoudig net inmekaar .Die infrastruktuur van die land absoluut die afgrond af .Ek dink nie eers dit is die moeitewerd om daaroor teredeneer en ek gaan ook nie .Klomp onbeholpe korrupte patete .


Ek weet nie of die prepaid meter idee juis nadele vir die verbruiker inhou nie. Jy betaal immers net vir wat jy gebruik en as jy niks gebruik nie, betaal jy dus niks nie. Ek dink die rede is dat dit geld kos om meterlesers te huur en om hulle maand na maand onnodig na sekere persele te stuur, is onproduktief. Ek is onwillig oorgeplaas na prepaid omdat die Stadsraad besluit het om almal so oor te skakel, maar ek vind geen nadele daarteen nie en sal, indien ek 'n keuse het, nie weer na die vorige stelsel wil terugkeer nie.
Ek dink ons is so geneigd om die regering in 'n negatiewe lig te sien, dat, wat hulle ookal doen, sien ons negatief daarop reageer sonder om die saak eers te oorweeg.
Moenie my verkeerd vestaan nie, ek is nie 'n apologeet vir die regering(s) nie, maar ek probeer objektief bly.

Prepaid meters gaan negatief wees as jy krag wil terugstoot in sisteem. Daar is baie mense wat net panele op dak het sonder battery stelsel met die doel om te bespaar.... in die dag vanaf panele te werk en saans vanaf munisipaliteit. Deur die dag stoot hy weer ekstra krag terug met die oog om die kostes wat hy deur die aand gebruik het te verminder. Nou keer die munisipaliteit hom om te bespaar deur prepaid in te sit....terwyl munisipaliteit kan doen met daai ekstra krag, maar nee hulle is agter jou geld aan, nie jou behoeftes of basiese diens lewering nie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Dit is n punt wat oorweeg moet word. Is dit ekonomies om krag so aan die munisipaliteit terug te verkoop? As ek aan vorige besprekings hier en artikels wat ek gelees het dink, dan lyk dit vir my of die munisipaliteite so 'n baie lae bedrag vir die elektrisiteit sal betaal en dan moet verbruikers dalk ook 'n maandelikse fooi betaal om aan die skema deel te neem, dat dit nie finansiël sin sal maak nie. As dit so is, staaf dit jou punt Geert. Is dit ook al moontlik om dit te doen? Hierdie is vrae wat gevra moet word. Ek skat as iemand aan die skema wil deelneem en hy is op prepaid, sal hy seker moet versoek om na 'n geleeste meter oor te skakel. Van Leen se bydrae lei ek af dat die meters vervang word as daar geen aktiwiteit meet op die geleeste meters is nie, so dit raak dan blykbaar nie mense wat wil krag terugverkoop nie.
Die finansiële motifering om te probeer om van die grit af te gaan, is ook al hier bespreek. 'n Gewese lid, 'n dame, wat gemoeid was met die installering van sulke stelsels, het juis gesê dit is nie die geld werd nie. Opgaarbatterye is duur en het 'n beperkte leeeftheid. Dit lyk vir my of dit 'n interessante maar onpraktiese idee is. As jy op 'n plaas woon en probleme met ESKOM krag het, is dit seker 'n oplossing. Die feit is dat beurtkrag net twee uur op 'n slag is. Yskaste kan dit oorleef, jy kan jou voedselvoorbereiding daarby aanpas of van gas gebruik maak. Ander gebruik soos ligte na ure, kan veel goedkoper met 'n battery en inverterstelsel hanteer word. Ek is altyd skepties oor oorreaksie wat dalk enige moontlike voordeel uitkanselleer.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Eskom sit met die menolepie hulle wil nie krag in grit sit nie dan is daarminder om te steel en af te breek kyk my moer meter lankal innie rooi oor die patete wat daar is dan gee hulle vorige regering die skuld laat ek verder niks se nie nou nou word ek hier afgegooi
Haak daai wa kamp bly koning
Is jul bewus daarvan dat pre paid krag duurder per unit is om aan te koop as krag wat deur stadsraad verskaf word. Ek ken nie die tegniese inhoud van dit nie maar dit kan ge google word. My dogter in n kompleks het al 2 x op dieselfde dag r500 elk se pre paid aangekoop dan kry sy verskilende unit waardes. Afriforum het ook al n ondersoek na dit gedoen en bevestig. Ons het tans r30 000 spandeer om slegs 1 son paneel met 3 batterye te installeer vir al ons buiteligte, n generator vir wanneer n groter eskom krisis gaan opduik vir yskas en n inverter vir rekenaar en alarm. Res beplan ons maar rondom eskom en gasstoof.
NOU GAAN EK JULLE KWAAD MAAK.
So, jy sit vir jou n hele gevorderde sonpaneel-stelsel op. Jy boor n gat vir water. Die idee is om NIKS vir die munisipaliteit te betaal nie en ONAFHANKLIK te wees.
TOTDAT : Daar fout gaan met jou stelsel.
O GAATS : Dan skakel jy ................... die munisipaliteit se ................. krag en water aan.
Gerieflik, nê.
DUS : Die munisipaliteit MOET op 24/7 stand-by VIR JOU wees.
MET kragkabels in jou straat teen hulle koste
MET duisende personeel, bystand, onderhoud, ensovoorts
MET krag wat hulle MOET koop van Eskom
MET krag-sub-stasies in jou dorp
ALLES VERNIET?
Dis goed en wel om onafhanklik te wees met water en krag. Maar dan daag ek jou uit om O.N.A.F.H.A.N.K.L.I.K te wees en nie terug te kruip wanneer jou sisteem breek nie.
Probeer bietjie hieroor dink.
Dis natuurlik n ander saak wanneer jou munispaliteit NIE die dienste verskaf nie.
You'll never never know if you never never go
Sal seker nooit heeltemal onafhanklik kan wees nie want wat maak jy as die son nie genoeg skyn vir solar nie. Ek is n leek maar weet ook van n vriend wat solar krag terugstoot in sy kompleks vir ander inwoners om te gebruik maar kan blykbaar nooit terugstoot in die stadsraad se netwerk nie want as daar fout kom op die lyn kan die stadsraad nie isolate nie. Julle manner sal seker weet waarvan ek praat. Moet se op hierdie stadium van my lewe is water belangriker vir my om tuin in stand te hou as krag (behalwe yskas en geyser).
Ons het ook maar oorgegaan na Solar toe. Dem duur, maar ai, tog so gerieflik ... geen beurtkrag steurings nie, en my krag verbruik vanaf die grid is so 25 - 30% van vorige maande (ek lees my krag verbuik - voor en na Solar - steeds daagliks).
Maar ek het nou al baie gewonder ..... instede van om so baie miljarde rande aan Eskom te gee, sou dit nie beter wees om 'n bedrag per huishouding/ besigheid te gee met die uitsluitlike doel om Solar te installeer nie? Ja ja, ek besef terdeë dat dit weer 'n broei area vir verdere bedrog mag meebring, maar die idee is tog daar. Ek is seker dat met 'n bedrag van sê R20k - R50000 per huishouding die druk op Eskom baie minder sal wees?
Huise wat onder die skema vir voorheen benadeeldes opgerig word het almal (meestal?) reeds Solar geysers .... dus die grondslag is reeds daar gevestig? Minder "gesteelde/onwettige" krag, so, alhoewel redelik idealisties, glo ek tog dat so iets sou kon werk....
My solarstelsel is sowat 1 uur gelede voltooi. Ek is nie af van die Eskom "grid" nie. Ek het nie koopkrag nie. Ons koop ons krag vanaf die munisipaliteit en betaal maandeliks. Net vir die voorreg om krag te hê, betaal ek maandeliks R1 088.73 - al het ek niks gebruik nie. M.a.w. ek gaan dit nog elke maand betaal. Afgesien van genoemde bedrag, het ek R1 036.14 se krag gebruik (495 Kwh).
Ek gaan voortaan steeds die R1 088.73 maandeliks moet betaal vir die voorreg om toegang tot Esom-krag te hê. Maar ek gaan hopelik minimale Eskom-kragverbruik hê en hopelik nie sommer die ongerief van beurtkrag ervaar nie.
Ons is ook bevoorreg om 'n "well point" te hê waaruit my tuin besproei word. Munisipale water word slegs in die huis gebruik. Ons gebruik gemiddeld sowat 6 kiloliter munisipale water per maand waarvoor ek 'n basiese tarief (of dan beskikbaarheidsfooi) van R178.96 per maand betaal. Die 6 kiloliter kos my R44.02.
Sou ek dus om een of ander rede my "well point" se water (wat terloops getoets is en goedgekeur is vir menslike gebruik) in die huis wil gebruik, betaal ek steeds 'n maandelikse beskikbaarheidsfooi. Die "well point" is op 'n wettige wyse na die huis gekonnekteer ("non-return valve" is geïnstalleer) vir ingeval van 'n noodgeval (wat ons al by enkele geleenthede gebruik het).
Dit is net lekker om te weet jy is nie afhanklik van Eskom of munisipale water as die papaja die waaier tref nie.
Danie maak 'n baie geldige punt hierbo.
