Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21199 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5604 |
Bostoe | 5371 |
HM | 4790 |
BrianB | 4786 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3170 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1620 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1123 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 986 |
Gerden | 921 |
Chris Centurion | 790 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 580 |
Douglas Green | 567 |
Andrew | 509 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 360 |
survivalist | 343 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |





Software Op Voertuie
Goeie naand almal
Is daar enige iemand wat software op julle sleepvoertuie gedoen het?
Wil graag weet of dit aanbeveel word?
Ek ry n gd6 2.8 Fortuner en oorweeg om daarna te kyk...ek hoor dit help met krag en dieselverbruik
Hoor graag van di slim manne
Baie dankie
Ek is n voorstaander om kar 100% standaard te hou. N ruk terug was daar ook n maatskappy by die Kyknet skou wat sulke "plug and play" eenhede verkoop het met die wonderlikste vooruitsigte en jy betaal hom basies af met jou 2de tank petrol soos jy bespaar op brandstof verbruik en jy moet blykbaar heeltyd jou voet gereed hou op die remme, want die kar wil net gaan. Sou daai stelsel so goed wees vir jou kar, hoekom verkoop hulle dit nie aan Toyota nie? Glo hulle sou dit teen 20x die prys kon herverkoop en steeds soos soetkoek verkoop. Of dink net as Toyota dit standaard op jou kar sit, want dis minimale kostes.....hoe sal hulle hul kompetisie uitstof met al daai vooruitsigte wat Chip belowe
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Baie waar Camper
En jy sal ni glo hoeveel nuwe voertuie daar gedoen word ni
Die saak is al meermale hier bespreek. Gaan soek gerus na die drade. Kyk oa na re-chipping.
Hoekom oorweeg jy dit? Oorweeg ook wat 'n nuwe masjien kos as joue opblaas omdat hy meer krag lewer as waarvoor hy ontwerp is.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek ry n V6 4L Fortuner. Ek het hom gekoop by n handelaar in die Paarl, het aan n dokter se vrou'tjie behoort. Blykbaar is my kar "ge-chip." Ek weet nie of dit wel so is nie, maar my kar het gruwelike krag. MAAR : Ek glo ook daaraan om n kar so standaard as moontlik te hou. Ek kla nie oor my kar se krag nie, maar ek glo dat n standaard V6 gnoeg krag het vir al ons behoftes.
Ek spandeer eerder my geld aan ander "veranderings" soos lugsakke op die agter-as.
Ek hoor baie van "ge-chipte" karre, maar ek het nog nooit gehoor wat die werklike waarde is van die geld wat spandeer is nie. In die ou dae het ek eenvoudig my V6 Fords se timing seriuously ge-advance as ek perfomance gesoek het, en klaar. Op die resiesbaan sal jy jou kar SO advance dat hy byna nie kan idle nie. Maar ONTHOU, dan slaan daai vonkprop die piston net mooi nadat hy sy draai aan die onder-ent gemaak het en hol hy TEEN DIE DRUK opwaarts. (Eishh)
My vriend Andre Swartz (groot bekende onder veld-tydrenne) sal julle baie hiervan kan vertel. Hy het sy Subaru om n boom gaan vou tydens een van ons nasionale padrenne. Serge Damseaux het een keer my pa se Triumph SO ge-chune en die naald het reg-om gedraai teen Sir Louwries-pas af. Gelukkig het hy die kar se timing daarna weer normaal gestel.
You'll never never know if you never never go
Windgat doktersvrou daardie! En sy het seker ook maar net na die VLV met die voertuig gery? Verkoopmanne en hulle stories darem.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Die kerels met die wit jasse wat motors ontwerp besluit op 'n kompromis tussen werkverrigting, ekonomie en betroubaarheid.
Die keuse is eenvoudig. peuter met die een dan verander die ander twee,
Grand Prix enjins was destyds gebou om net een of twee rondtes meer as die wedren te hou, indien hulle langer kon hou was hulle nie "genoegsaam" opgewarm nie.
Waarom het Toyota 'n reputasie vir beroubaarheid? Waarom verkoop ander fabrikate Minibus Taxis nie, maar oor die hele Suid Afrika sien jy die Toyota bussies, vervuil soos miere. Sal jy 'n taxi teëkom wat "gechip" is?
I rest my case!
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Dankie...ja di verkoopsmense het mos altyd baie stories....daarom vra ek maar eerder op di groep waar iemand dalk al iets vreemd ervaar het
Daar moet ook ingedagte gehou word dat meer krag met meer brandstof gepaardgaan. Daar is geen towerformule wat die krag verhoog maar die verbruik bly dieselfde nie. Selfs as jy nie van die ekstra krag gebruikmaak deur diue lepel dieper te trap nie, lyk dit my jou verbruik styg maar.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
If its worth doing, its worth doing well.

9,3 km per liter met 'n Romany af see toe en terug? Dit klink nie reg nie. Het hulle aan die rekenaar se verbruik vermoë algoritme ook die "software " ding gedoen?
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.

9,3 km per liter met 'n Romany af see toe en terug? Dit klink nie reg nie. Het hulle aan die rekenaar se verbruik vermoë algoritme ook die "software " ding gedoen?

Kanneman....koop Januarie vir my vrou n vlieg kaartjie...dan ry jy saam my? Dan weet ons daars nie misverstande of onduidelikheid nieð
If its worth doing, its worth doing well.

Om op grond van een reis n gevolgtrekking te maak, is nie gesaghebbend nie. Ons ry telkens dieselfde roetes, altyd teen dieselfde spoed volgens GPS en met spoedbeheer, en die verbruik verskil soms dramaties. Ons het eenmaal vanaf Centurion na Ballito met die Oyster gehak gery en n verbeuik heelwat laer as met die Kuga alleen gekry. Ek noem eerder nie die syfer nie dan dink mense ek oordryf. Daar was egter n rede: ons het heelpad n baie sterk wind van agter gehad. Ons is maar geneigd om te sien wat ons graag wil sien wat inpas by ons verwagtinge.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Kierie, my ingesteldheid is gebasseer op die ervaring dat ek gewoonlik die swakste brandstof verbruik kry wanneer manne begin spog, ongeag die omstandighede of voertuig betrokke. Selfs my vrou se 1200 cc TSI Polo met 'n sewe spoed DSG ratkas kry kwalik die verbruik wat party ouens met 'n karavaan op sleeptou ervaar.
In die voortyd het hulle wanneer dit by die afstand waarop wild geskiet was, tussen die oë nogal, gepraat van die groot lieg stories. Ek impliseer nie dieselfde nie. Brandstof verbruik syfers herinner my net bloot daaraan dat die norm nie die uitsondering is nie.
Logistieke bestuurders by vervoer firmas ignoreer enkele ritte vir koste berekeningsdoeleindes. Hulle meet verbruik en loop kostes oor bepaalde termyne, en dit is bepalend wanneer voertuig aankope ter sprake is.
Ek wonder soms hoeveel foefies vir werkverrigting of brandstof besparing in my leeftyd al op die mark verskyn het, en elke keer was dit hoog aangeskrewe. Daar was die gedoente wat tussen die klos (coil) en die verdeler (distributer) geinstalleer was wat die vonk sou verbeter. Toe die sif wat tussen die vergasser en die inlaat spruitstuk die brandstof/lug vermenging sou verbeter, om nie te praat van die lug filter vervangings en selfs twee slag olie in die tenk nie, om maar net 'n paar te noem. Twintig jaar van ou af dan lag ons weer vir die geldmaak foefies van destyds, net soos party mense nou lag vir die wat in vinnig rykword beleggings foefies glo en daarin belê.
Kan jy my verkwalik as ek brandstof verbruik syfers bevraagteken?
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Dit bly maar moeilik
Mens wil graag di beste uit jo voetuig kry maar ni ten koste van sy betroubaarheid ni
Saterdag het hierdie onderwerp toevallig opgekom by n kuier waar ons was. Die ou het dit op sy ou Isuzu bakkie en op sy Trailblazer. Hy sê hy is baie happy. Dis nie plug en play nie. R2200 en die persoon is blykbaar RMi aanbevool....weet nou nie of dit nou vir hierdie ook is nie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Daar is n plek in Pta wat R4500 vra vi software en ek ken ook manne wat baie gelukkig is maar ek bly maar nog skrikkerig
Ek moet saam stem dat n voertuig standaard gelos moet word. ja die chips en software werk vir meer verrigting maar dan boet mens brandstof verbruik in. onthou net, die hele kar word ontwerp vir daardie hoeveelheid kw en nm. die ratkas, aandrywing onderdele, koppelaar, meer hitte op enjin om maar net n paar te noem. erens gaan iets breek as mens meer verrigting soek want als gaan harder werk. dit bly elke persoon se keuse maar ek los hom maar soos hy ontwerp is.
Net twee opmerkings.
Software, oftewel sagteware, wat die "re-map" oftewel herskryf van die rekenaar module se algoritmes affekteer is iets heel anders as 'n "chip", wat bloot net die brandstof toevoer be-invloed.
Tweedens, die toergidse wat eie voertuig bestuurder groepe in afrika begelei het 'n goue reel. Indien die voertuig se enjin nie dood standaard is nie ry jy nie saam nie. Nou wonder ek vir watter rede daardie oortuiging geld?
Op my ouderdom probeer ek om nog daagliks 'n klompie kilometer op my dikwiel bergfiets te ry. Indien ek dit rustig doen sonder om enigiemand te probeer wys ek is vinniger of sterker kom ek tuis en voel lekker en gretig om dit die volgende dag weer te doen. Ek glo ek sal dit so kan doen solank ek dit nie oordoen nie.
Ek behandel my voertuig dieselfde wanneer ons sleep, en het in 'n halwe eeu nog nooit een seer gemaak nie.
Maar dit staan elke ou vry om sy ondergeskiktes te mishandel na sy sin en lekker kry, nie waar nie?
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Die is my 3de Ford Ranger 2.2 wat gemap is, ook by Jnus in Potch. As ek die 4de Ford koop word hy ook gemap. Ek is baie tevrede met baie meer krag en baie goeie diesel verbruik.
My Familie laat ook hul plaas bakkies daar map en een 2.2 Ranger staan nou al seker meer as 200 000km sonder enige issues.
My brandstof verbruik met 2.2 auto Everest met Romany Blue Series. Fochville na Natalia.

If its worth doing, its worth doing well.
