Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21190 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5599 |
Bostoe | 5369 |
HM | 4790 |
BrianB | 4780 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1618 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 984 |
Gerden | 916 |
Chris Centurion | 789 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 578 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 359 |
survivalist | 341 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |
Slaay | 256 |





Soccer world cup 2022
Seker nou nie n kamp verwante draad nie, maar kom ons gesels dan om die kampvuurð
Ek kyk oor die algemeen geen sokker nie, maar is altyd interesant om die wêreld beker toernooi te volg
Is daar van julle wat die sokker wêreldbeker volg? Julle voorspellings wie met die trofee gaan wegstap?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ek lees gister n artikel hoe hulle nou hul polisie mag inspan by die stadions om te kyk of die mense volgens regulasies aantrek....dames mag geen oop skouers nie en knieë moet bedek wees. Mans mag onder andere nie hul hemp uittrek nie (geen kaal bo-lyf) en nog so paar ander
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ek kyk eerder na n program oor die vervanging van n konklotis-klier.
Of kyk hoe Burundi n êttema-ê met n lilli-oetoe wil kruis om n wille-ingie te probeer maak.
Maar op n ernstiger noot, ons het die Camino gestap tydens die 2016 World Cup in Spanje, en laat ek julle manne vertel, DIT was groot. Baie groot. Ronaldo het van toe af bo-aan my lys van LEGENDS verskyn. Ons het nog nooit sulke massa-histerie beleef in elke kroeg, kafee, blyplek en op straat nie. Uiteindelik het Portugal (met Ronaldo) die beker gevat.
You'll never never know if you never never go
Ek mag dalk na die einde se kant toe belangstelling toon - wanneer die uitspeelwedstryde begin. Maar ek is nie sodanige sokkerliefhebber dat ek na die eerste rondtes wedstryde sal kyk nie - behalwe as daar wraggies niks anders is om na te kyk nie. Maar dan sal ek myself liewers met iets anders besig hou.
Ek het 'n mate van 'n aanvoeling vir dié sport ontwikkel toe die World Cup in 2010 in Suid-Afrika was, maar die spel verveel my maar gou - veral as die twee spanne heen en weer oor die speelveld beweeg en niks werklik opwindends vind plaas nie.

Sokker wêreldbeker is BAIE BAIE groter as Rugby wêreldbeker. Ekself kyk net die gebeurtenis wanneer dit die kwarteind rondes bereik.
Die hele drank gebruik gaan nog groot "probleme" veroorsaak.
Sê dankie vir wat jy in die lewe het.

Sokker wêreldbeker is BAIE BAIE groter as Rugby wêreldbeker. Ekself kyk net die gebeurtenis wanneer dit die kwarteind rondes bereik.
Die hele drank gebruik gaan nog groot "probleme" veroorsaak.

Hennie, Katar is 'n Moslem land en drank is nie vrylik beskikbaar nie. Jy moet 'n permit hê om drank te kan koop by 'n "depot" en die drank is baie duur. Jy kan wel drank saam met jou ete by sommige Restaurante te koop kry.
Ek is nie seker of daar spesiale uitsonderings gemaak gaan word tydens die toernooi nie.
Moeg geploeg.
Chris, ek is 100% bewus daarvan, maar blykbaar was daar 'n ooreenkoms met Fifa rondom die alkohol en nou het hulle weer hulle deuntjie verander.
Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
Ek drink gereeld (daagliks) in die aand 'n drankie of twee. Bier in die warmer tye of as ek moeg geswoeg is, 'n lekker polisiekoffetjie of 'n Skotse drankie, maar veral wyn. Ek vrek oor my glasie wyn of twee of drie.
Maar ek kyk net na die mense wat op die pawiljoene met hulle plastiekbekers bier op die pawiljoene kyk - hetsy dit by rugby- of krieketwedstryde. Persoonlik het ek geen erg daaraan om by 'n wedstryd te sit en bier drink nie. Buitendien - met my blaas wat klaarblyklik so groot soos 'n okkerneut is sal ek meer tyd by die toilet as op die pawiljoen deurbring. Maar nou ja - elkeen doen wat vir hom lekker is.


Chris, ek is 100% bewus daarvan, maar blykbaar was daar 'n ooreenkoms met Fifa rondom die alkohol en nou het hulle weer hulle deuntjie verander.

Ook gelees dat dit nou in stadions verbied is
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ


Ek drink gereeld (daagliks) in die aand 'n drankie of twee. Bier in die warmer tye of as ek moeg geswoeg is, 'n lekker polisiekoffetjie of 'n Skotse drankie, maar veral wyn. Ek vrek oor my glasie wyn of twee of drie.
Maar ek kyk net na die mense wat op die pawiljoene met hulle plastiekbekers bier op die pawiljoene kyk - hetsy dit by rugby- of krieketwedstryde. Persoonlik het ek geen erg daaraan om by 'n wedstryd te sit en bier drink nie. Buitendien - met my blaas wat klaarblyklik so groot soos 'n okkerneut is sal ek meer tyd by die toilet as op die pawiljoen deurbring. Maar nou ja - elkeen doen wat vir hom lekker is.

Chris, dit is hoekom ek 'n bier sommer direk in die toilet uit gooi.......skakel die middelman uit. âºâº
Moeg geploeg.
Hierdie wêreldbeker toernooi is die een wat nog die meeste gekos het, 220 miljard VSA dollars. Dit is 15 keer meer as 2018 se toernooi wat deur Rusland aangebied is.
Rusland betaal nogsteeds af aan die skuld terwyl Katar kontant betaal het vir al die uitgawes.
Moeg geploeg.
Gister se game tussen Nederland en Senekal was vir my n goeie game gewees.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Neewat, sport in die algemeen verveel my. En dis nie sommer 'n gespot soos my afkeur aan braai nie. Ek lees eerder 'n boek of werk in my werkswinkel as om my voor die TV te verveel. Die enigste uitsondering was die wêreldbeker toernooi in Suid-Afrika waar ons getrou gekyk het- seker meegevoer deur die massa histerie. Rugby sien ek so nou en dan as iemand my uitnooi om saam met hom te kyk, en dan doen ek dit ook meer vir die geselligeid as vir die kyk. Ek en my vrou speel put-put wanneer die geleentheid hom voordoen en geniet dit baie, maar om te sit en kyk hoe ander sport beoefen, is nie ons ding nie. Na 'n sportveld gaan ek nooit nie. Die enigste program wat ons nog op TV kyk, is die Afrikaanse nuus saans om half sewe, en nou verbeur ons dit ook nog oor sokker wat êrens oorsee deur oorsese spanne gespeel word!
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ten spyte van my inset hierbo dat ek nie juis na die groepsfase-wedstryde sal kyk nie, het ek tog gisteraand 'n gedeelte van die VSA/Wallis-wedstryd gekyk toe ek niks anders op die TV vind waarna ek wil kyk nie. Maar die vaak het my oorval nog voor rustyd. Ek het nog die VSA se doel gesien, maar het eers vanoggend gesien dat Wallis daarin geslaag het om ook 'n doel aan te teken en sodoende gelykop te speel.
Nee, in teenstelling met Fred is ek nogal lief om sport op TV te kyk. Maar ek is nie 'n TV sportslaaf nie. Ek het byvoorbeeld nie die Bokke se toetse teen Ierland en Frankryk gekyk nie, maar wel Saterdag die wedstryd teen Italië gekyk (gelukkig het ek die sing van Suid-Afrika se volkslied gemis - ek verstaan dit was maar 'n mate van 'n fiasko). Ek kyk geredelik die korter formaat krieketwedstryde (as SA speel), maar volg nogals tennis se Grand Slam toernooie - veral Roland Garros en Wimbledon - wel slaafs.
En wat deelname aanbetref - ek laaik my rolbal. Wil juis weer vanmiddag gaan speel. En in my jonger dae was ek 'n kranige (moenie lees "goeie" nie) rugbyspeler en vir etlike jare 'n skeidregter. Nou't ek nog net die skete oor van my rugbydae.

Saudi Arabia wen die Argentyne 2-1
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Costa Rica en Spanje se game vanmiddag behoort nice te wees
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

En daar klop die "Japs" toe wraggies die Germane.

Ja....pragtig gedoen
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

ð
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

I said there would be more ð«¢