Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21834 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17660 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6078 |
Bostoe | 5440 |
BrianB | 5156 |
Uranus Member | 2600 + |
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP | 3369 |
Grumpy/Hannes | 3210 |
Saturn Member | 2000 + |
mulderpm | 2502 |
Lennie | 2193 |
Kanneman | 2141 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1978 |
Swanie | 1854 |
Heindrich | 1831 |
Nico | 1747 |
steamer | 1690 |
Ski | 1669 |
Hennie Botha | 1664 |
Dansan | 1528 |
Butts | 1453 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1211 |
Louvan | 1197 |
RichardJ | 1111 |
Gerden | 1093 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 838 |
JohanMarais | 819 |
Fanie | 750 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 661 |
snys | 631 |
Benkie | 588 |
Douglas Green | 575 |
Andrew | 524 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Harv | 424 |
Willie54 | 422 |
Andre Smit | 416 |
Rare Breed | 408 |
LEEN | 379 |
Kamp is Koning | 371 |
1Pierre2 | 355 |
survivalist | 352 |
Herman | 336 |
Izak | 325 |
RD | 319 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Dieter | 265 |
Meerkat | 262 |
Gold Member | 100 + |
Hennie1968 | 231 |
Fienie | 230 |
Joos Pretorius | 195 |
Seekoeigat / Tussen Loskopdam en Groblersdal
'n Pragtige klein park met mooi geriewe op die oewer van die Olifantsrivier. Lieflike gras staanplekke met 'n gemeenskaplike ablusiefasiliteit en drie gesinsbadkamers. Groot lapa en swembad in die park. die lapa is beskikbaar teen 'n dagtarief vir okkasies.Parkfooie uiters bekostigbaar . Ongeveer 25 staanplekke. Ferdie en Elsie Pretorius die eienaars en baie gasvry.Kontak by 013 2622211 of 073 1370670 vir besprekings.Hierdie is 'n tipiese voorbeeld van die kleiner park met persoonlike kontak en gasvryheid.Om daar te kom: Vanaf middelburg na Groblersdal. Ongeveer 10km verby Loskopdam sien bord aan regterkant wat aanwys na Seekoeigat / Ferdie pretorius. Ry verby plaaswoning en volg aanwysings verby stoor en deur boerdery tot by die Olifantsrivier. park is 3km vanaf teerpad met goed begaanbare pad. Gaan kyk gerus. Zylie Joubert
Hello, Zylie, ag ek is so bly om van 'n ander park te hoor, ons sal verseker daar besoek.. daar is 'n ander pragtige oord net voor Loskopdam - De Voetpadkloof - dit is baie baie mooi - en karavaan staanplekke is pragtig en daar is ook baie om te doen- julle moet dit ook probeer, wees verseker dat julle nie spyt sal wees nie. groete
Dagse Zylie Was jou Foxie saam en het Ferdie en Elsie nie 'n probleem gehad nie.
Joey en Jank, De Voetpadkloof 'n pragtige park. Ongelukkig het ek die staanplekke te klein gevind vir 'n groot woonwa en is die gras nie op standaard op van die staanplekke nie. In seisoen kan dit nogal "crowded" raak daar. Ons besoek die park nie meer te gereeld nie want foksie Jasper word nie toegelaat nie. Liewer stoute kinders wie afbreek. Jank, betreffende Seekoeigat: Klein honde word met vooraf reeling toegelaat onder sekere criteria. Jasper kwallifiseer elke keer en is reeds 'n legende daar. Seekoeigat is 40km verder as De Voetpadkloof maar baie mooier, rustiger en meer bekostigbaar. Gaan probeer gerus.
Is daar 'n website waar ek kan inlog vir meer inligting. Fred
Dankie ver die inligting soek altyd nuwe plekke
Seekoeigat het ongelukkig nog nie internet fasiliteite nie. Vir enige navrae kan julle gerus die eienaar oom Ferdie en tannie Elsie Pretorius skakel. Die afgelope paar maande is daar ook 'n boskamp met sy eie rivier front ontwikkel vir diegene wat daarvan hou om eenkant weg van die ander kampeerders te kamp. Die boskamp het ongelukkig nog nie krag nie.
Na vier jaar se gereelde besoek by Seekoeigat het ons toe 'n ontnugtering gehad gedurende Augustus 2009. Op die ingewing van die oomblik is die tariewe gelig na markverwant en was dit nie werklik my probleem nie. R120 per nag insluitende die eerste twee persone klink vir my reg en binne perke. 'n Bykomende fooi van R30 per persoon klink ook vir my reg. Toe kom die probleem. Sou jy 'n ekstra losstaande tent op dieselfde staanplek opslaan word 'n bykomende R120 per nag gehef al is daar net vier persone op die staanplek. Dit beteken vier persone betaal nou R240 per nag. Indien jy egter die vier persone in die karavaantent akkommodeer bly dit slegs R30 per persoon per nag wat die totaal vir vier persone na R180 neem. My vraag dan: wat is die verskil tussen 'n losstaande tent en 'n karavaantent op dieselfde perseel? Ferdie is gekonfronteer maar het onverbiddelik volstaan by sy fooie. Dit nadat ek in persoon werklik hierdie park gepromoveer het by elke moontlike geleentheid. Jammer Ferdie, iemand raps my net eenkeer en dink ek ons uitstappies na Seekoeigat is nou iets van die verlede. Veertig km verder is Serengeti Karavaanpark met uitstaande geriewe en mededingende tariewe. Tien km nader is Innibos ook met goeie geriewe.
Zylie ons neem kennis
Gert Jy het mos goeie insae by die plek, kan jy dalk vir ons die motivering agter die fooie gee tov los tente, dit lyk n bietjie snaaks. Verder het ek nog net goed vd plek gehoor. Groete
Iemand onlangs hier gewees asb ?